Mo­tors: Vol­vo be­tree nu­we era met XC40

Volksblad - - Voorblad - Mar­nus Hat­tingh

Laas toe B­j­örn Borg sy sweet­band vir die vyf­de keer vir Wim­ble­don aan­ge­sit het en vier S­weed­se san­gers ’n een­stuk-pak met plat­form­skoe­ne (vir hom en haar) koel kon laat lyk, was daar so­veel op­ge­won­den­heid in die land van tak­bok en smor­gas­bord.

S­we­de se an­der uit­voer­pro­duk, Vol­vo, het pas ’n ry­ding vir jong men­se be­kend ge­stel. Ja, ’n de­ka­de ge­le­de het die C30, daar­die stomp­stert-luik­rug waar­van slegs die ven­ster ag­ter oop­ge­wip het, ook sy vi­sier op jon­ges ge­rig. Maar dié keer tei­ken Vol­vo die warm­ste seg­ment hier­die kant van die Noord­pool.

Die nu­we XC40 is ’n kom­pak­te sport­nuts, ’n knaap wat met ’n fa­lanks ry­goed gaan mee­ding soos die Q5, die CX-5, die X3 en GLC. Al­mal klein 4x4’s wat sjar­mant in voor­koms is, ’n lek­ker hoë sit­po­si­sie bied en ge­noeg pak­plek vir ’n ge­sin van vier het.

Dit is ’n be­si­ge seg­ment, en daar­om moes Vol­vo sy in­he­ren­te ver­sig­ti­ge aan­slag laat vaar vir ’n bie­tjie meer joie de vi­vrer met die sti­leer­kwas. Sien dus die twee­kleur-bak­ont­werp, waar jou dak spier­wit kan wees en die res van die lyf e­ni­ge an­der kleur. Selfs die wie­le en kant­spie­ëls kan wit wees, hoe’s daai vir ’n mo­der­ne S­weed?

Vol­vo se s­pan ont­wer­pers het die gier weer­staan om die C-pi­laar ’n dry­wen­de lyn te gee, daar­die ont­wer­pe­le­ment wat die Cap­tur en A­dam on­der meer het waar twee ly­ne net so ’n hand­breed­te van me­kaar weg­bly en pa­ral­lel ho­ri­son­taal na ag­ter loop.

In­ste­de is daar ’n net­jie­se, nu­we in­ter­pre­ta­sie: ’n skerp hoek wat hoog in die C-pi­laar sit. Saam met die wit dak en don­ker bak­werk lyk dit heel tref­fend.

Die res van die ont­werp is baie hoe­kig en, wel, baie meer Vol­vo. Die neus is ver­ti­kaal, maar ’n kon­ka­we sier­roos­ter val tog da­de­lik op.

Die luik­rug en deu­re het groot, plat op­per­vlak­ke, maar weer is daar ’n uit­son­de­ring. Laag by die deu­re is ’n diep keep wat die vaal­heid ver­dryf.

Oor­see – en vir Suid-A­fri­ka – sal daar aan­vank­lik slegs die twee top­mo­del­le te kry wees, ’n T5-pe­trol en ’n D4-die­sel. Al­bei is met Vol­vo se twee­li­ter­tur­bo­en­jins (pe­trol en die­sel) toe­ge­rus, ge­kop­pel aan ’n agt­gang­ou­to­ma­tie­se rat­kas en per­ma­nen­te 4x4-aan­dry­wing.

La­ter vol­gen­de jaar kom die goed­ko­per mo­del­le, toe­ge­rus met ’n 1.6-li­ter-en­jin (pe­trol en die­sel) en waar­van som­mi­ge slegs voor­wiel­ge­dre­we sal wees.

Bin­ne­langs het S­ven en Ge­no­te ook ’n paar lang win­ter­nag­te ge­neem om aan nu­we op­los­sings vir ou pro­ble­me te dink. Bê­re­plek vir jou slim­foon of ’n snees­doek­hou­er is al­les nou doel­ge­maak in die sen­tra­le kon­so­le – en jou foon sal koord­loos

her­laai word ter­wyl hy op sy pas­ge­maak­te plek lê.

In die deu­re kan jy die spreek­woor­de­li­ke tak­bok, ra­ket en guns­te­ling-lang­speel­plaat van 1980 bê­re, so groot is die deur­hol­tes. Vol­vo het die luid­spre­kers, wat ge­woon­lik hier die helf­te van die plek op­neem, na die in­stru­ment­pa­neel ver­skuif.

Aan so baie bê­re­plek het ons self nog nooit erg in ge­had nie, maar dit kan net nut­tig wees ter­wyl die ra­dio se klank niks ver­skil­lend klink nie.

Van die ra­dio ge­praat, die XC40 kry ’n klei­ner weer­ga­we van die groot XC90 se ver­ti­ka­le raak­skerm.

Die stel­sel lyk tref­fend en werk mak­lik en lo­gies, soos jou slim­foon waar jy met die vin­ger­pun­te heen en weer kan vee om van “blaaie” te ver­wis­sel, of op en af om tui­mel­kas­sies met ek­stra op­sies op te soek.

Ge­trou aan Vol­vo’s is die sit­plek­ke lek­ker groot en skou­e­ren elm­boog­ruim­te vol­doen­de. Ag­ter kan twee vol­was­se­nes ook ge­mak­lik hul­self tuis­maak.

Die laai­ruim­te se vloer is ef­fe hoog, maar ’n nood­wiel lê diep on­der in die vloer. Bo-op die nood­wiel, en net on­der die ge­wo­ne laai­ruim­vloer, is ’n ver­steek­te hol­te waar­in jy waar­de­vol­le ar­ti­kels kan bê­re. Die vloer­mat­jie kan op­ge­vou word om klei­ner kom­par­te­men­te te vorm so­dat los ar­ti­kels nie rond­rol nie.

Op die pad voel al­bei die mo­del­le heel le­wen­dig as jy voet neer­sit.

Die die­sel bied ’n lig­te grom wat hoor­baar is, maar teen toer­snel­he­de is en­jin-, pad- en wind­ge­raas mi­ni­maal.

Die top­mo­del­le het spa­ne ag­ter die s­tuur vir self­ska­ke­ling sou jy wou, maar die agt­gang­rat­kas doen tog sy ding heel flink in ge­wo­ne om­stan­dig­he­de. Net straks met die die­sel wil jy met ’n ver­by­steek self twee rat­te la­er haak, waar die spa­ne nut­tig is. Die mo­del­le bied ook drie rit­mo­dus­se om by jou be­stuur­styl aan te pas.

Wan­neer die nu­we XC40 in A­pril na Suid-A­fri­ka kom, lui hy ’n nu­we era vir Vol­vo in. Dit is die eer­ste keer dat die groep so ’n klein sport­nuts op die mark het. Na­tuur­lik gaan die pap rand maak dat sy prys hoog is – tus­sen R500 000 en R650 000.

Ons re­ken met sy ver­sig­tig op­win­den­de voor­koms – die S­weed­se lig van die mond­hoek as hy uit sy maag uit lag – die knap en­jins en die lang lys be­stuur­ders­hulp­mid­dels be­hoort hy ko­pers te lok. Ver­al dié wat ’n styl­stel­ling op die vol­gen­de 1980’s-par­ty­tjie wil maak.

Vol­vo se eer­ste waag­stuk in die seg­ment vir klein sport­nut­se is dié skoon­ge­sig­knaap, die XC40. Die bak­pa­ne­le is baie skoon, maar ’n diep keep on­der by die deu­re en ’n Hof­meis­ter­knak by die C­pi­laar ver­leen ’n tik­kie vi­su­e­le span­ning.

Kon­tras­te­ren­de stik­werk en daar­die groot raak­skerm in die mid­del ver­toon die XC40 se mo­der­ne aan­slag. Die sit­po­si­sie is hoog en die ka­juit lek­ker stil.

Die twee­kleur­voor­koms (dank­sy die wit dak) wys dié stads­vrien­de­li­ke sport­nuts is ge­rig op die jon­ges van gees. Vol­vo se fris twee­li­ter­tur­bo’s (pe­trol en die­sel) word eer­ste aan­ge­bied met klei­ner 1.6­li­ter­mo­del­le (4x2­ge­dre­we) la­ter op pad.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.