Eers Mej. Wê­reld, nou mooi­ste dok­ter Ro­le­ne

Volksblad - - Voorblad - El­sje du Toit

Eers Mej. Wê­reld, nou me­die­se dok­ter.

Ro­le­ne S­trauss was gis­ter een van 107 stu­den­te wat hul me­die­se graad aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) ont­vang het.

Dr. Im­ti­az Sool­i­man, di­rek­teur van Gift of the Gi­vers, was die gas­spre­ker op die ge­leent­heid.

Ge­klee in ’n goud­kleu­ri­ge uit­rus­ting en met ’n groot glim­lag op haar ge­sig het Ro­le­ne trots op die ver­hoog ge­stap en haar graad ge­kry.

Haar ou­ers, Hen­nie en T­he­re­sa, haar man, D’Niel, en hul seun van am­per een jaar, het ook die se­re­mo­nie by­ge­woon.

Met die lees van haar naam, het prof. Gert van Zyl, de­kaan van die fa­kul­teit ge­sond­heids­we­ten­skap­pe, ge­sê: “As jy ge­won­der het, ja, jy is kor­rek. Die voor­ma­li­ge Mej. Wê­reld.”

Ro­le­ne het die eer ge­had om die Ge­lof­te van die Gra­du­an­di in Ge­nees­kun­de waar­in die nu­we dok­ters on­der meer be­lo­we om hul be­roep pligs­ge­trou en met waar­dig­heid te hand­haaf in A­fri­kaans voor te lees.

Ro­le­ne wou nie ná die se­re­mo­nie met die me­dia praat nie, maar het be­lo­we om la­ter ’n me­di­a­ver­kla­ring uit te stuur oor dié groot ge­beur­te­nis in haar le­we.

Voor sy bood­skap, het Sool­i­man hul­de aan Pier­re en Yo­lan­dé Kor­kie ge­bring.

“Op 6 De­sem­ber was dit drie jaar ge­le­de wat Pier­re dood is,” sê hy.

“Yo­lan­dé is ’n baie ge­troue vriend en ook deel van die UV. Sy het, ná wat met haar en Pier­re ge­beur het, niks haat of ne­ga­tie­we e­mo­sies teen­oor e­nig­ie­mand ge­had nie.

“Sy wys die waar­des waar­vol­gens al­mal moet le­we.”

Hy het ook in sy bood­skap aan die gra­du­an­di ge­sê dat, hoe­wel hul­le nou ge­kwa­li­fi­seer­de dok­ters is, hul­le nog nie te slim is nie.

“Jy sit nou hier en dink: ‘Ek het dit! Ek het dit ge­maak.’ Maar ek sê vir jou: Jy het dit nog nie ge­maak nie. Die re­de hoe­kom jy hier sit, is al­les net deur die ge­na­de van ons al­mag­ti­ge God.”

Hy het die gra­du­an­di ge­maan om al­tyd met re­spek, lief­de en vrien­de­lik­heid op te tree.

“Wees die bes­te in wat jy doen vir die res van jou le­we.”

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Ro­le­ne S­trauss gooi haar a­ka­de­mie­se hoed in die lug na­dat sy graad ge­vang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.