‘Ge­boue ge­vaar vir staats­wer­kers’

Volksblad - - Nuus - Ü­gen Vos

Die re­ge­ring is let­ter­lik be­sig om te ver­krum­mel.

3 046 staats­ge­boue is nie ge­skik vir mens­li­ke ge­bruik nie en 9 413 het erns­ti­ge struk­tu­re­le ge­bre­ke, sê Na­thi Nhle­ko, mi­nis­ter van o­pen­ba­re wer­ke, in ant­woord op ’n par­le­men­tê­re vraag.

Net min­der as 70% van die ge­boue (65 080) is in ’n ge­mid­del­de toe­stand, 15 690 is in ’n goeie toe­stand en 715, net 1%, in ’n puik toe­stand.

“Dit is on­dui­de­lik wat­ter van die ge­boue in ge­bruik is, maar dit is wel dui­de­lik dat die ver­waar­loos­de in­fra­struk­tuur op die rand­jie van in­een­stor­ting is,” sê Mal­colm Figg, die DA se woord­voer­der oor o­pen­ba­re wer­ke, in ’n ver­kla­ring.

Dit is on­aan­vaar­baar dat die re­ge­ring be­reid is om die le­we van hard­wer­ken­de amp­te­na­re só in ge­vaar te s­tel. Hy sê kor­rup­sie vreet die geld vir die ge­boue se in­stand­hou­ding op en be­lo­we om Nhle­ko “te looi” met vrae oor wat hy gaan doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.