M­ba­lu­la kri­ti­seer P­ho­sa

Volksblad - - Nuus - Sel­lo­a­ne K­ha­la­ne

Die ANC het Mat­hews P­ho­sa, een van sy pre­si­dents­kan­di­da­te, ge­kri­ti­seer om­dat hy ’n week voor die ANC se 54ste ver­kie­sings­kon­gres die par­ty dag­vaar oor die uit­slag van die M­pu­ma­lan­ga- pro­vin­si­a­le raads­ver­ga­de­ring.

Fi­ki­le M­ba­lu­la, voor­sit­ter van die ANC-her­nu­wings­ko­mi­tee, sê P­ho­sa moes eer­der die par­ty se in­ter­ne pro­ses­se ge­volg het.

M­ba­lu­la het gis­ter op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Jo­han­nes­burg ge­praat.

Ron­nie Ma­lo­ma­ne, P­ho­sa se veld­tog­ko­ör­di­neer­der, het gis­ter om ’n drin­gen­de in­ter­dik in die hoog­ge­regs­hof aan­soek ge­doen om die uit­slag van ver­le­de Vry­dag se pro­vin­si­a­le raads­ver­ga­de­ring on­gel­dig te ver­klaar.

Op die raads­ver­ga­de­ring, wat in die M­bom­be­la-sta­di­on ge­hou is, het 223 tak­ke vir “een­heid” ge­stem ter­wyl 123 N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma en 117 Ra­map­ho­sa as ANC-pre­si­dents­kan­di­da­te steun.

In­ge­vol­ge re­ëls 11 en 12 van die ANC se grond­wet moet ’n kan­di­daat min­stens tien jaar ’n lid wees voor­dat hy/sy vir ’n na­si­o­na­le lei­ers­po­si­sie be­noem kan word.

P­ho­sa sê “een­heid” is nie ’n per­soon nie en kan daar­om nie be­noem word nie.

M­ba­lu­la meen eg­ter die hof is die laas­te uit­weg na­dat al­le in­ter­ne pro­ses­se ge­volg is. M­ba­lu­la sê hy be­treur P­ho­sa se regs­op­tre­de.

Hoe­wel die ver­kie­sings­kom­mis­sie “een­heid” as ’n kie­s­op­sie uit­ge­sluit het, dui dit vol­gens Da­vid Ma­bu­za, M­pu­ma­lan­ga se p­re­mier en pro­vin­si­a­le voor­sit­ter van die ANC, op “kon­sen­sus­lei­ers” wat kan keer dat die re­ge­ren­de par­ty na die ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie ver­splin­ter.

Mat­hews P­ho­sa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.