Sy­fers is fi­naal, sê Man­tas­he

Volksblad - - Nuus - – Ü­gen Vos

G­we­de Man­tas­he, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die ANC, sê die ge­tal af­ge­vaar­dig­des per pro­vin­sie vir die ANC se na­si­o­na­le ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie is reeds be­paal en daar sal nie ver­der aan die sy­fers ge­peu­ter word nie.

Dit volg na­dat die ANC in K­waZu­lu-Na­tal Woens­dag vol­ge­hou het sy ge­tal af­ge­vaar­dig­des is so­wat 100 men­se min­der as wat dit be­hoort te wees.

Met die ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie min­der as twee we­ke weg, hou Su­per Zu­ma, pro­vin­si­a­le se­kre­ta­ris van die ANC in K­waZu­lu-Na­tal, vol die 870 af­ge­vaar­dig­des wat hul­le by die kon­fe­ren­sie sal ver­teen­woor­dig “is te min”.

Vol­gens hom is dit ’n kwes­sie wat Man­tas­he se “drin­gen­de” aan­dag be­no­dig.

K­waZu­lu-Na­tal sal 870 af­ge­vaar­dig­des na die kon­fe­ren­sie stuur. Zu­ma sê vol­gens hul be­re­ke­nings het hul­le 806 tak­ke wat kwa­li­fi­seer om te gaan, en daar­na moet daar nog pro­por­si­o­ne­le af­ge­vaar­dig­des aan­ge­wys word vir die ge­tal le­de by die tak­ke.

K­waZu­lu-Na­tal is die pro­vin­sie met die mees­te ANC-tak­ke en dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, eks­vrou van pres. Ja­cob Zu­ma, het soos al­ge­meen ver­wag is die pro­vin­sie se be­noe­ming ge­kry as voor­keur-pre­si­dents­kan­di­daat op die na­si­o­na­le ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie wat vol­gen­de week be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.