‘Suid­oos­ter’ bin­ne­kort 5 dae per week

Volksblad - - Nuus - Mar­li van Ee­den

Die se­pie Suid­oos­ter sal vol­gen­de jaar vyf dae per week op die kas­sie te sien wees, dus ook Vry­dae. Die eer­ste Vry­dag-e­pi­so­de sal op 6 A­pril 2018 om 18:30 op kykNET en kykNET & kie uit­ge­saai word.

“kykNET-ky­kers is on­ge­loof­lik en­toe­si­as­ties oor Suid­oos­ter en vra al van die eer­ste e­pi­so­de of dié se­pie nie vyf dae per week kan wys nie,” sê Ka­ren Mei­ring, di­rek­teur van kykNET-ka­na­le by M-Net.

“Dit is reg­tig lek­ker vir kykNET om dié nuus voor Kers­fees be­kend te maak dat Rui­ter­bosch se in­wo­ners uit­ein­de­lik el­ke week­dag in Suid-A­fri­kaan­se sit­ka­mers gaan kui­er.”

Suid­oos­ter se ak­teurs is ver­heug oor die be­sluit. De­ni­se Ne­w­man, wat die rol van B­rid­get­te Oc­to­ber ver­tolk, sê hul­le hou al lank duim vas vir ’n vyf­de e­pi­so­de.

“Hoe­wel ons meer woor­de sal moet leer, doen ons dit met ’n glim­lag. Suid­oos­ter se aan­han­gers ver­dien ’n Vry­dag-e­pi­so­de, want hul on­der­steu­ning vir die se­pie is ver­stom­mend.”

Jill Le­ven­berg, wat die rol van My­moe­na Sams­o­dien ver­tolk, stem saam.

“Dié nuus is die bes­te Kers­ge­skenk vir Suid­oos­ter se aan­han­gers,” sê sy.

Die se­pie het be­gin met drie e­pi­so­des per week, waar­van die eer­ste e­pi­so­de 16 No­vem­ber 2015 uit­ge­saai is. In Ju­lie 2016 is ’n vier­de e­pi­so­de by­ge­voeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.