Die slag­ting van die weer­lo­ses

Dís hoe ‘ne­kro­po­li­tiek’ lyk

Volksblad - - Nuus - Dié waar­oor nie ge­treur word nie Eg­go’s van Na­zi’s se moord­veld­tog Le­wens as waar­de­loos be­skou

Wat met die Li­fe E­si­di­me­ni-pa­si­ën­te ge­beur het, moet nie as ’n tra­ge­die be­stem­pel word nie.

Want die woord “tra­ge­die” sug­ge­reer on­ver­my­de­lik­heid van iets wat bui­te men­se se be­heer was.

Nee, ’n tra­ge­die was dit nie. Dit was ’n slag­ting – we­lis­waar sta­di­ger as Ma­ri­ka­na, maar steeds pre­sies dit.

Die sta­di­ge slag­ting van Li­fe E­si­di­me­ni sal in die an­na­le van die ge­skie­de­nis op­ge­skryf staan as die twee­de skrik­wek­ken­de voor­val – naas Ma­ri­ka­na – wat die om­vang van die an­der­sins al­le­daag­se mis­ken­ning van som­mi­ge men­se­le­wens vir ’n oom­blik na die op­per­vlak ge­bring het. Dit is die wa­re ge­sig van Suid-A­fri­ka, van­af ko­lo­ni­a­lis­me tot van­dag.

Na­tuur­lik sal som­mi­ge nou pro­tes­teer en sê: “Nee, dis Mak­ga­bo Ma­na­me­la, Tie­go Se­le­ba­no en Qe­da­ni Mahlan­gu wat hier­die uit­ge­rek­te gru­wel stel­sel­ma­tig ge­pleeg het.” Ui­ter­aard moet die vol­le mag van die reg teen hier­die men­se, wat reg­streeks by die slag­ting van die 143 slag­of­fers be­trok­ke was, ont­ke­ten word.

Maar deur hier­die sa­ge te on­der­skei, sal die om­stan­dig­he­de wat hier­die ver­gry­pe in die eer­ste plek moont­lik ge­maak het, laat voort­duur.

Die de­ka­des lan­ge ui­ter­ste uit­bui­ting en ge­paard­gaan­de ont­ken­ning van swart myn­wer­kers se mens­lik­heid het in die Ma­ri­ka­na-slag­ting tot die op­per­vlak ge­bars toe die po­li­sie die on­ge­wa­pen­de mans voor die voet na­mens die staat en die myn­we­se af­ge­maai het.

Dit is ’n skok­ken­de voor­beeld van “ne­kro­po­li­tiek”, die term waar­mee die Ka­me­roen­se den­ker A­chil­le M­bem­be die mags­uit­oe­fe­ning van die be­sluit oor wie mag leef en wie sal sterf, be­skryf. Ne­kro­po­li­tiek be­hels die skep van ka­te­go­rieë waar­in men­se in­ge­deel word en waar­vol­gens be­sluit word wat­ter le­wens waar­de het en wat­ter nie.

Die A­me­ri­kaan­se den­ker Ju­dith But­ler het ’n soort­ge­ly­ke ge­dag­te wan­neer sy sê dat men­se se le­we ver­deel word in dié waar­oor ge­treur mag word en dié wat nie smart werd is nie, met ge­volg­li­ke ge­weld teen laas­ge­noem­de.

Die Na­zi-staat is ui­ter­aard die be­rug­ste voor­beeld van ne­kro­po­li­tiek wat op die in­dus­tri­ë­le mas­sa­moord in die doods­kam­pe uit­ge­loop het.

Ko­lo­ni­a­lis­me en die me­ga­ni­sa­sie van teg­nie­ke om men­se dood te maak is die twee his­to­rie­se ver­wik­ke­lings wat in Na­zi­ïs­me tot ’n spits ge­kom het, soos al ge­skryf is.

Soos in die voor­beeld van Na­zi­ïs­me tel ras, klas, ge­slag en sek­su­a­li­teit on­der die ka­te­go­rieë waar­vol­gens be­paal word wat­ter le­wens waar­de het en wat­ter nie.

Voor­dat die Na­zi’s met hul vol­skaal­se oor­log teen Jood­se, ho­mo­sek­su­e­le en Ro­ma-men­se los­ge­trek het, het hul­le be­jaar­des, men­se met ver­stan­de­li­ke en fi­sie­ke ge­stremd­he­de en met on­ge­nees­li­ke siek­tes vir uit­wis­sing ge­oor­merk.

M­bem­be ar­gu­men­teer dat ne­kro­po­li­tiek ’n in­te­gra­le deel van die uit­oe­fe­ning van mag in die mo­der­ne era uit­maak.

In Suid-A­fri­ka se ge­val is Ma­ri­ka­na en Li­fe E­si­di­me­ni gru­we­li­ke be­wy­se dat hy reg is. In die ar­bi­tra­sie­ver­hoor oor die Li­fe E­si­di­me­ni-slag­ting, wat tans on­der lei­ding van oud-ad­junk-hoof­reg­ter Dik­gang Mo­se­ne­ke voor die TV-ka­me­ras ont­vou, hoor ’n mens die eg­go’s van die Na­zi’s se moord­veld­tog teen ge­strem­de men­se. In al­bei ge­val­le be­paal ne­kro­po­li­tiek dat die le­we van ’n se­ke­re ka­te­go­rie van men­se as waar­de­loos be­stem­pel word.

Die ver­skil is dat die Na­zi’s uit­druk­lik be­sluit het om die “waar­de­lo­se” le­wens uit te wis. Hul haat­ge­dre­we moord­lus is ge­dryf deur ’n nag­mer­rie-vi­sie van “ras­se­sui­wer­heid” waar­vol­gens “s­wak” e­le­men­te ver­wy­der moes word om A­rie­se “su­pe­ri­o­ri­teit” te ver­se­ker. Hier­die moord­lus het in ad­mi­nis­tra­tief­doel­tref­fen­de en ge­me­ga­ni­seer­de

Die dood van die Li­fe E­si­di­me­ni­pa­si­ën­te en die myn­wer­kers in Ma­ri­ka­na is die wa­re ge­sig van Suid­A­fri­ka, skryf Chris­ti van der West­hui­zen.

uit­wis­sing van mil­joe­ne men­se tot ui­ting ge­kom.

In ver­ge­ly­king dui die ge­tui­e­nis in die ar­bi­tra­sie­ver­hoor ook op ’n hoogs bu­ro­kra­tie­se be­na­de­ring.

Ons hoor nie e­nig­iets soort­ge­lyks aan die Na­zi’s se toe­wy­ding tot ras­se­haat nie. Dog, soos die Na­zi’s, skuil die ver­meen­de oor­tre­ders ook ag­ter in­stru­men­ta­li­teit en hi­ë­rar­gie­se be­vel­struk­tu­re.

Daar moes ont­slae ge­raak word van die be­gro­tings­i­tem wat hier­die spe­si­fie­ke pa­si­ën­te ver­teen­woor­dig, om­dat geld vir re­stou­ra­sie no­dig was. Die LUR het die be­sluit in die wet­ge­wer af­ge­kon­dig en dit moes uit­ge­voer

word, wat ook al die ge­vol­ge.

Daar is geen ruim­te vir waar­des en be­gin­sels nie.

Dit is ver­al skrei­end wan­neer Mo­se­ne­ke die uit­voer­ders van die so­ge­naam­de “Ma­ra­thon­plan” uit­vra oor die reg op ge­sond­heid­sorg – soos ver­vat in die Grond­wet – en oor die wel­syn

van die pa­si­ën­te – ver­al die weer­loos­stes soos ge­strem­des. Die ver­meen­de oor­tre­ders laat nie blyk dat die le­we van die weer­loos­stes – die s­wak e­le­men­te, soos die Na­zi’s sou sê – min­der werd is nie. Maar hul da­de is veel­seg­gend. Ver­slae, waar­sku­wings en weer­stand is keer op keer ge­ïg­no­reer hoe­wel dit daar­op ge­dui het dat Li­fe E­si­di­me­ni die bes­te moont­li­ke, kos­te­doel­tref­fen­de diens le­wer en dat die voor­ge­stel­de plan ramp­spoe­dig en selfs le­wens­ge­vaar­lik vir die pa­si­ën­te sou wees.

Diens­ver­skaf­fers is luk­raak en in­der­haas op die been ge­bring en pa­si­ën­te is aan hul­le toe­ver­trou son­der dat hul­le die no­di­ge er­va­ring, ge­rie­we of selfs kos ge­had het.

Pa­si­ën­te is son­der i­den­ti­fi­se­ren­de do­ku­men­te oor­han­dig, wat lyk soos on­be­kwaam­heid, maar ook die on­heil­spel­len­de ge­volg het dat daar geen be­hoor­li­ke boek­sta­wing is van waar die pa­si­ën­te hul­le be­vind nie. Hul me­die­se voor­skrif­te was nie be­skik­baar nie, en hul me­di­ka­sie is dus nie kor­rek toe­ge­dien nie.

Be­hal­we die 143 wat aan voor­kom­ba­re en ge­nees­ba­re siek­tes soos long­ont­ste­king dood is, word meer as 50 ver­mis.

In ’n lyk­skou­ing is plas­tiek in ’n pa­si­ënt se maag ge­vind. Sy was so hon­ger dat sy plas­tiek ge­ëet het.

Dit kom daar­op neer dat die staat die ver­sor­ging van die pa­si­ën­te be­ëin­dig het, nood­saak­li­ke le­wens­mid­de­le van hul­le ver­wy­der het, en hul­le in le­wens­ge­vaar­li­ke om­stan­dig­he­de ge­plaas het met dood as die nood­wen­di­ge ge­volg.

Die amp­te­na­re wat die Ma­ra­thon-plan van sta­pel ge­stuur het, het hier­die le­wens as waar­de­loos en dus oor­tol­lig be­na­der – net soos dié van die Ma­ri­ka­na­myn­wer­kers. Hul ver­lies was van geen be­lang nie, en dit is waar­om mee­do­ën­loos voort­ge­gaan is met die plan, selfs na­dat die eer­ste sterf­tes aan die lig ge­kom het.

Hier­die ver­ont­mens­li­king wat die Li­fe E­si­di­me­ni-slag­ting moont­lik ge­maak het, wys dat die ko­lo­ni­a­le lo­gi­ka in die ne­kro­po­li­tiek van de­mo­kra­tie­se Suid-A­fri­ka voort­duur.

■ Prof. Van der West­hui­zen is ’n so­si­o­loog ver­bon­de aan die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria. Haar nu­we boek Sit­ting P­ret­ty – W­hi­te A­fri­kaans Wo­men in Post­a­part­heid South A­fri­ca is nou be­skik­baar.

Fo­to: E­LI­ZA­BETH SEJAKE

Jo­seph Ma­boe se seun is een van die Li­fe E­si­di­me­ni­pa­si­ën­te wat dood is.

Fo­to: A­LET P­RE­TO­RI­US

Naas­be­staan­des van die Li­fe E­si­di­me­ni­pa­si­ën­te be­toog oor die lot van hul naas­be­staan­des.

Fo­to: LE­ON SADIKI

Mg­ci­ne­ni No­ki, die “Man met die Groen Kom­bers”, kort voor die Ma­ri­ka­na­slag­ting waar­in ook hy ge­sterf het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.