Ge­skie­de­nis sal hier­die jeug wel ont­hou

Volksblad - - Kommentaar - I­vor P­ri­ce

Ons noem hul­le die jeug. Ons sê hul­le is a­pa­ties, want hul­le voel ’n veer vir par­ty­po­li­tiek en kies om eer­der kre­a­tief te skep as om te kib­bel.

Ons dink hul­le is dom oor hul­le meest­al nie lus is om in vol­sin­ne te praat of te skryf nie, en boon­op op hul vel­le deur ma­triek skuur.

Ons vra hoe­kom steek hul­le nie soos ou­er ge­ne­ra­sies lands­vlae en bra’s aan die brand om vir die wê­reld te wys hul­le haat die wreed­he­de in die Mid­de-Oos­te nie. As hul­le tog net van daai pro­tes-arm­band­jies dra, sal dit ’n ver­skil maak in die le­we van die kin­ders wat van­dag sal sterf oor hul­le nie kos het om te eet of toe­gang tot me­di­sy­ne het nie.

Dit ont­stel ons as hul­le na mu­siek luis­ter – ons noem dit “doef-doef-doef” – waar­van die li­rie­ke op die oog af nie al­tyd sin maak nie. Waar is die deun­tjie dan? In óns dae sou rap­pers nie as mu­si­kan­te be­skou word nie. En het jy ge­sien hul broe­ke hang by­na op hul knieë en hul ve­ters is nooit vas­ge­maak nie?

Dis voor­blad­nuus as ken­ners be­vind die jeug dink dit is lek­ker­der om saam te bly as om te trou.

Ons won­der wat van hul­le gaan word, want hul­le dink nie die paad­jie he­mel toe loop nood­wen­dig deur ’n kerk nie. Ons sê dit is son­de. Hul­le sê dit is nie. Ons sê die By­bel sê so.

Ten­sy ’n dras­tie­se ver­an­de­ring in­tree, re­ken ons, lyk die toe­koms maar don­ker, want wan­neer ons ook al in die koe­ran­te oor hul­le lees, is dit oor dwelm- en drank­mis­bruik, mis­daad, se­de­li­ke ver­val of MIV/vigs wat hul­le een vir een kan af­maai.

Ons dink dis vir hul­le lek­ker om eer­der by die huis rond te lê as om, soos in die goeie ou dae, hand­ge­skre­we CV’s by maat­skap­pye te gaan af­laai en som­mer te­ge­ly­ker­tyd die be­stuur­der te vra of daar nie ’n los wer­kie is nie. Doen tog net iets.

Ons vra waar­oor praat hul­le as hul­le heel­tyd op W­hat­sApp, Fa­ce­book en T­wit­ter is. Hoe­kom doen hul­le nie eer­der die eer­ba­re ding om in klas­ka­mers, kroeë, ker­ke en in ons ge­meen­skap­pe op te staan teen die on­reg­te in die land nie? Maar die dag toe hul­le wel hul stem­me oor iets dik ge­maak het, toe ver­oor­deel ons hul­le.

Ons won­der of hul­le hoe­ge­naamd die voor­reg tot ter­si­ê­re on­der­rig waar­deer. Dis nie ’n voor­reg nie, maar ’n reg, re­ken hul­le. Hul­le sê y­e­ah rig­ht, w­ha­te­ver. Na­s­kool­se stu­dies is ’n een­rig­ting­kaart­jie tot die toe­koms.

Ons het hoop ver­loor. Hul­le beur da­rem nog voort. Hul­le sê nee, dit is hul plig om ter wil­le van al­le Suid-A­fri­ka­ners aan te hou veg vir die reg­te wat ons al as van­self­spre­kend be­gin aan­vaar het. Hul­le ont­hou nog die jeug­lei­ers uit die ver­le­de: Hec­tor Pie­ter­son, Has­tings Nd­lo­vu, Ash­ley K­riel en Col­leen Wil­li­ams.

Maar hul­le hoop ook om hul eie na­me hier­by te voeg. Na­me soos Bou­wer Bosch en Cas­sper Nyo­vest. Dit maak nie vir hul­le reg­tig saak dat ons moont­lik nie weet wie hul­le is of hul by­drae tot die o­pen­ba­re dis­koers wil er­ken nie.

Die ge­skie­de­nis­boe­ke sal hul­le wel ont­hou.

Dit ont­stel ons as hul­le na mu­siek luis­ter waar­van die li­rie­ke op die oog af nie al­tyd sin maak nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.