On­skul­di­ge jong­men­se uit­ge­le­wer by P­lett Ra­ge

Volksblad - - Kommentaar -

P­lett Ra­ge Ver­driet, Bloem­fon­tein Tus­sen die “ge­klap van vuis­te” en die “vlieg van kon­do­me van­af die rak­ke” by P­let­ten­berg­baai is daar ook die on­ge­ken­de hart­seer van prag­ti­ge jong­men­se wat sog­gens tus­sen 02:00 en 04:00 sleep­voet, la­waai­e­rig en dronk deur die woon­buur­te stap op pad na ’n bed wat ie­wers wag.

Van die vei­li­ge ver­voer het ek, as va­kan­sie­gan­ger by P­let, nog nie veel ge­sien nie. Die eks­ma­trieks stap en slin­ger voort tot waar hul­le wil wees. Som­mi­ge ry in oor­laai­de dui­ne­be­sies.

“Wil jy op­kom vir bran­de­wyn? Ek het nog nie kle­re aan nie, maar jy kan kom,” gil een van­uit ’n woon­stel ter­wyl twee dronk jong­man­ne by die woon­stel­ven­ster uit­klim en kaal­bo­lyf op ’n nou lys staan om uit­no­di­gings te gil aan mei­sies wat ver­by stap.

Van­uit die tent op die strand kom oor­ver­do­wen­de mu­siek van werk­lik goeie kuns­te­naars, maar die drank praat har­der.

Ek neem aan die jong­men­se tree op vol­gens die voor­beeld wat hul­le van hul ou­ers ge­kry het, want daar word duur drank ge­skink, on­der die belt ge­vloek en rond­ge­slaap on­der die vaan­del van P­lett Ra­ge.

Dis dalk mak­lik vir ou­ers om hul kin­ders weg te stuur met die ge­dag­te dat hul­le “be­taal” het vir hul vei­lig­heid en pret, maar ou­ers moet tog nie na­ïef wees om te dink dat hul kin­ders fi­siek of e­mo­si­o­neel on­ge­skon­de sal te­rug­keer ná so ’n week nie.

Ter­wyl die on­der­ne­mings flo­reer op af­slag-Ra­ge-drank en ou­ers rus­tig slaap om­dat hul­le hul kin­ders die pret “gun”, ver­loor ons sa­me­le­wing on­skul­di­ge jong­men­se wat uit­ge­le­wer word aan ’n om­ge­wing waar nie­mand om­gee dat hul­le dronk rond­dren­tel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.