Kul­tuur in boe­ke moet be­waar word

Volksblad - - Kommentaar -

O­mar Fou­rie, Orania U­ni­ver­si­tei­te in Suid-A­fri­ka en oor die wê­reld heen be­oog al ja­re om die mees re­le­van­te ken­nis by te hou teen­oor ou­er, dalk min­der re­le­van­te, ken­nis. ’n An­der oog­merk is uit­koms­ge­ba­seer­de on­der­wys, ver­al op ter­si­ê­re vlak, wat van die gees­tes­we­ten­skap­pe ne­ga­tief be­ïn­vloed.

Hier­die fak­to­re en die stryd rond­om in­klu­si­wi­teit en tra­di­si­o­ne­le be­voor­reg­ting het die kul­tuur van u­ni­ver­si­tei­te be­paald ver­an­der. Ge­meet hier­aan kan ’n ou boek son­der “re­le­van­te” ken­nis en ’n boek wat vir 16 jaar nie uit­ge­neem is nie, vir ver­nie­ti­ging be­stem word.

Kan ’n mens toe­ne­mend En­gel­se en mul­ti­kul­tu­re­le u­ni­ver­si­tei­te ver­kwa­lik dat hul­le nie ou boe­ke van ’n taal en kul­tuur (A­fri­kaans) wil be­hou wat hul­le toe­ne­mend nie kan ver­staan en hul­le nie mee kan ver­een­sel­wig nie?

Wie weet, maar as ’n u­ni­ver­si­teit se in­vals­hoek tog ’n bie­tjie aan­ge­pas kon word: Dié van be­wa­ring en in­stand­hou­ding van die in­tel­lek­tu­e­le na­la­ten­skap van al sy ge­meen­skap­pe, dan ver­hoog die waar­de van moont­lik “waar­de­lo­se” boe­ke ou­to­ma­ties en sal dit as kul­tu­re­le be­lang be­waar word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.