Bran­de be­dreig kuns­mu­seum in Los An­ge­les

Volksblad - - Aktueel - – Reuters

Weg­hol­bran­de in die sui­de van die A­me­ri­kaan­se deel­staat Ka­li­for­nië het oor hoof­weë ge­spring en woed al tot aan die kus­lyn.

Luuk­se woon­buur­te soos Bel­Air in Los An­ge­les en selfs die Getty­kuns­mu­seum is be­dreig. ’n Woord­voer­der van die mu­seum het aan CNN ge­sê die uit­ge­brei­de kuns­ver­sa­me­ling is op ’n vei­li­ge plek en hoef nie ver­skuif te word nie.

Dié bran­de het Maan­dag be­gin woed en oor­nag het nóg ’n bos­brand ont­staan, wat vin­nig ver­sprei het. Som­mi­ge ge­bie­de is ont­ruim en die Get­ty­mu­seum is vir die dag ge­sluit om die kuns­ver­sa­me­ling teen die rook te be­skerm.

“Ons plan is om die brand te stop voor­dat dit er­ger word,” het E­ric Gar­cet­ti, bur­ge­mees­ter van Los An­ge­les, ge­sê. Dié brand het al ’n ge­bied van 65 000 hek­taar – so­wat vyf keer die groot­te van Man­hat­tan – ver­swelg. Meer as 1 000 brand­be­stry­ders pro­beer die bran­de be­heer.

Jer­ry Bro­wn, goe­wer­neur van Ka­li­for­nië, het Dins­dag ’n nood­toe­stand af­ge­kon­dig.

Fo­to: REUTERS

’n Brand­weer­he­li­kop­ter laat val wa­ter op ’n ge­bou in die win­gerd­land­goed van die me­di­a­mag­naat Ru­pert Mur­doch ty­dens die brand in Bel­Air, ’n ryk­mans­woon­buurt aan die wes­te­kant van Los An­ge­les, Ka­li­for­nië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.