Wit Zim­boer kry sy plaas te­rug

Volksblad - - Aktueel - – News24

’n Wit kom­mer­si­ë­le boer wat van sy plaas in die Ma­ni­ca­land-pro­vin­sie in Zim­bab­we af­ge­sit is, gaan glo te­rug­keer en pro­duk­sie her­vat na­dat “pres. Em­mer­son M­nang­ag­wa se nu­we ad­mi­nis­tra­sie die be­sluit om­ge­keer het”.

Swaar ge­wa­pen­de on­lus­te­po­li­sie van Zim­bab­we het Ro­bert Smart se plaas bui­te Rusa­pe in Ju­nie be­storm en hom met ge­weld af­ge­sit.

Smart, wat met ta­bak en mie­lies boer, se af­set­ting het glo die pad oop­ge­maak vir ’n top­amp­te­naar, T­re­vor Man­han­ga, wat ban­de met oud­pres. Ro­bert Mu­ga­be ge­had het.

Die af­set­ting op die Les­bu­ryplaas het ge­kom kort na­dat Mu­ga­be op ’n by­een­koms aan sy on­der­steu­ners ge­sê het dat al­le oor­bly­wen­de wit kom­mer­si­ë­le boe­re van hul ei­en­dom af­ge­sit moet word om plek te maak vir die re­ge­ren­de Za­nuPF-par­ty se jeug en sy on­der­steu­ners wat geen grond het nie.

Vol­gens Ne­wZim­bab­we.com het M­nang­ag­wa se spe­si­a­le raad­ge­wer Chris Mutswang­wa eg­ter Dins­dag ge­sê dat Smart nie in sy plaas­ak­ti­wi­tei­te ge­steur moet word nie.

“Dié boe­re is Zim­bab­wi­ërs en hul­le be­hoort aan die Ma­ni­ca­land-pro­vin­sie,” is Mutswang­wa aan­ge­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.