Law­wig­heid wat rê­rig snááks is

Volksblad - - Vrydag - La­e­ti­tia Pop­le

Vuil was­goed Ster­Ki­ne­kor ★ ★ ★ ★

’n Fliek soos dié is mos nou net die ma­nier om jou na­week – en vir die ge­luk­ki­ges, ’n va­kan­sie – met ’n voet in die hoek te be­gin.

Die ko­me­die deur die blink duo Ben­nie Fou­rie en Bou­wer Bosch be­gin op ’n hoë noot en laat dan loop soos min ak­sie­ko­me­dies dit kan na­doen.

Ge­woon­lik ver­loor die ge­wil­de A­me­ri­kaan­se gen­re óf sy snaak­sig­heid óf sy ga­toor­kop-ak­sie óf er­ger nog: Dit word net een uit­ge­rek­te ak­sie­to­neel lank voor­dat die skerm ver­don­ker.

Nie Vuil was­goed met die re­gis­seur Mor­né du Toit aan die stuur nie. Ses pry­se by die kykNET-Sil­wer­skerm­fees is ’n be­wys dat die ky­ker ge­hal­te kan ver­wag. Dit is seep­glad af­ge­werk en loop teen ’n heng­se spoed met ’n klank­baan wat als net reg kleur vir span­ning en e­mo­sie.

Dit kry ook die tjap as se­ker die e­nig­ste en eer­ste be­hoor­li­ke fliek in dié gen­re in A­fri­kaans. Die hu­mor is nóú, mo­dern en werk­lik snaaks, nie ge­maak of fyn be­plan snaaks nie. Dit is snááks.

Boon­op ver­ras die ver­haal­lyn; moe­nie dink jy weet wat gaan ge­beur nie.

Die fliek we­mel van ka­rak­ters elk ei­e­soor­tig om­lyn en vol kwas­te­rig­heid, maar dit is Ke­vin (Fou­rie) en Wim (Bosch) wat jou aan­dag op­eis as twee bleek­sie­le wat in ’n was­se­ry werk.

Ge­na­de tog, ’n mens wil net ’n lont ie­wers in­druk! Hul­le is 20plus en het e­mo­si­o­neel vas­ge­haak. Hul­le kom to­taal ge­blus voor, daar smeul by­kans niks meer van hul le­wens­vuur­tjies nie. Daar­by droom hul­le al se­we jaar lank om ’n kof­fie­win­kel oop te maak.

En dit bly net daar: ’n droom. Al­les ont­plof wan­neer die twee ’n vin­ger ont­dek in ’n aand­pak wat hul­le ge­leen het vir ’n par­ty­tjie waar Ke­vin hoop om die lief­de van sy le­we te soen.

’n He­le paar on­gu­re ka­rak­ters be­land só op hul spoor – Qu­en­tin Ta­ran­ti­no, ons is reg vir jou!

In die saai, uit­sig­lo­se nie­mands­land is daar ’n on­der­wê­reld waar lis­ti­ge slan­ge met duis­te­re a­gen­das kri­oel.

Ge­nug­tig, gaan ons twee ou­ens oor­leef?

Ja, hul­le word som­mer gou jou guns­te­ling­bleek­sie­le.

Die bes­te van die on­gu­res is Tim T­heron as ’n sluip­moor­de­naar – in die heel eer­ste se­kon­de draai T­heron sy beeld as ro­man­tie­se held som­mer­so nek-om.

Hy is ’n ple­sier om te aan­skou, so ook Ni­co Pa­na­gio, wat ook sý ma­ti­nee i­dol-beeld uit­ge­la­te plet­ter­plons.

Die e­nig­ste kri­tiek teen die fliek is die min skerm­tyd wat aan Le­an­die du Randt en Si­moné Nort­mann se ka­rak­ters af­ge­staan word. ’n Mens huur nie sul­ke ak­tri­ses met so ’n skerp aan­slag vir ko­me­die en laat hul­le rond­staan nie. A, nee a!

Fou­rie en Bosch se ge­mak­li­ke sa­me­spel is uit­ste­kend. Hul­le vul me­kaar so ge­mak­lik aan soos kaas en ta­ma­tie. Al­bei is ook be­dre­we fi­sie­ke ko­me­di­an­te – hul lig­gaams­taal is kos­te­lik.

Vuil was­goed moet heel bo­aan

jou lys wees vir ver­maak in die law­we sei­soen.

Dit is ’n rol­prent met ’n na­gloed. Jy ver­kneu­kel jou nog

lank ná die fliek aan die grap­pe en in­si­den­te.

■ Ou­der­doms­perk: 16TG. Tyds­duur: 100 mi­nu­te.

Bou­wer Bosch is Wim in die ak­sie­ko­me­die Vuil was­goed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.