Vin­ger in baad­jie­sak die weg­spring

Volksblad - - Vrydag -

Ben­nie Fou­rie is nie net een van die hoof­spe­lers in die nu­we fliek Vuil was­goed nie, maar hy is saam met Bou­wer Bosch ook een van die skry­wers. Hy be­ant­woord ’n paar van Teré­sa Coet­zee se vrae:

Ver­tel ons meer oor jou­self.

Ek is in P­re­to­ria ge­bo­re, een van vier kin­ders. My pa is ’n do­mi­nee en my ma werk vir die kerk. Ek was in die Ho­ër­skool O­ver­kruin en het daar­na

B Com Reg­te ge­swot by die Puk. Ek bly in Lin­den; daar is ’n lek­ker vi­be.

As jy die sto­rie van Vuil was­goed vir jou vrien­de moet op­som?

Dis iets tus­sen S­na­tch – en dis in A­fri­kaans. Ek glo dis ’n soort sin vir hu­mor wat nog nie reg­tig ge­doen is nie, ver­al die bro­man­ce bud­dy co­me­dy.

Hoe het dit by jou op­ge­kom?

Ek en Bou­wer wou ’n bud­dy co­me­dy maak oor twee pel­le wat in die moei­lik­heid kom. Dit was die weg­spring­plek. Ek het van daar af net aan­hou vrae vra oor wat kan ge­beur en hoe kan ek die twee ka­rak­ters knie­diep in die moei­lik­heid kry. Om ’n vin­ger in ’n baad­jie se sak te vind wat jy nie mag aan­hê nie, was toe die uit­ein­de.

Ver­tel ons van jou skryf­pro­ses? Dit was ’n twee jaar lan­ge pro­ses met baie bloed en tra­ne. My pro­ses is om no­tas o­ral op my muur op te sit en rond te loop en rond te skuif. As ek ge­luk­kig is met die sto­rie se ver­loop, be­gin ek die di­a­loog skryf. Dan kom al die kwink­slae mak­li­ker om­dat jy goed ont­wik­kel­de ka­rak­ters het en ’n rig­ting waar­in jou sto­rie be­weeg.

Wat was die groot­ste uit­da­gings met die maak van die fliek? Ons het om en by 22 van die 28 dae deur­nag ge­skiet om­dat ’n groot deel van die fliek in die aand af­speel. So fo­kus en e­ner­gie was nog­al ’n kwes­sie.

Waar­aan werk jy nou?

Ek is me­de­skry­wer en re­gis­seur van die reeks Ho­tel op kykNET.

Hoe voel jy oor die baie A­fri­kaan­se flieks wat ge­maak word?

Dis goed en sleg. Ons leer wat werk en wat werk nie. Ons groot­ste pro­bleem in Suid-A­fri­ka is dat ons nie ge­noeg aan ons teks­te ont­wik­kel nie.

Wat doen jy as jy nie werk nie? Ek gaan op een of an­der a­von­tuur saam my broers en vrien­de. Ons roei ge­reeld die Oran­je­ri­vier en was on­langs in Botswa­na.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.