G’n o­pen­ba­re deel­na­me, sê e­ner­gie­mi­nis­ter

Volksblad - - Sake - Fran­cois Wil­li­ams

Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van e­ner­gie en ver­trou­e­ling van pres. Ja­cob Zu­ma, is vas­be­slo­te om kern­krag in die re­ge­ring se krag­blou­druk vir die tyd­perk tot 2050 in te dwing en gaan geen ver­de­re o­pen­ba­re deel­na­me oor die plan toe­laat nie.

Dit blyk uit kom­mu­ni­ka­sie tus­sen Mahlo­bo en ’n paar bur­ger­reg­teen om­ge­wings­or­ga­ni­sa­sies die laas­te paar we­ke.

Dit het be­gin met Mahlo­bo se uit­spra­ke in die par­le­ment in No­vem­ber dat hy die af­han­de­ling van die ge­ïn­te­greer­de hulp­bron­plan (IRP) gaan ver­snel. Daar was ein­de ver­le­de jaar en be­gin van­jaar o­pen­ba­re deel­na­me oor die kon­sep­weer­ga­wes van die plan, maar dit blyk ’n fi­na­le weer­ga­we is nou reeds vir goed­keu­ring na die ka­bi­net ge­stuur.

Die plan moet uit­een­sit hoe­veel wat­ter e­ner­gie­bron oor die vol­gen­de meer as 30 jaar in Suid-A­fri­ka se krag­vraag moet voor­sien. Die kon­sep­weer­ga­wes het ge­wys kern­krag is nie no­dig in die plan tot ná 2037 nie, maar as kuns­ma­ti­ge per­ke ge­plaas word op die hoe­veel­heid her­nu­ba­re e­ner­gie in die plan, is kern­krag wel no­dig.

Stu­dies van die WNNR het ge­wys kern­krag is on­no­dig en te duur. Die goed­koop­ste op­sie, wat ter­self­der­tyd sal vol­doen aan Suid-A­fri­ka se tei­kens vir kweek­huis­gas­ver­min­de­ring, is ’n kom­bi­na­sie van her­nu­ba­re e­ner­gie en gas.

Die bur­ger­reg­te­groe­pe het snuf in die neus ge­kry om­dat net se­ke­re in­stel­lings na Mahlo­bo se e­ner­gie-indaba ge­nooi is. Die twee dae lan­ge indaba het gis­ter be­gin.

Ná brie­we aan Mahlo­bo het hy van­dees­week met die groe­pe ver­ga­der en het toe aan­ge­dui daar gaan geen ver­de­re o­pen­ba­re deel­na­me oor die IRP wees voor­dat dit deur die ka­bi­net goed­ge­keur word nie.

G­reen­pe­a­ce A­fri­ca, Ground­work, Earth­li­fe A­fri­ca en die Sen­trum vir Om­ge­wings­reg­te sê die kon­sul­ta­sie oor die IRP is on­vol­doen­de en kan in die hof be­vraag­te­ken word.

Die Or­ga­ni­sa­sie teen Be­las­ting­mis­bruik (Ou­ta) is ook nie na die e­ner­gie-indaba ge­nooi nie en het ge­sê hy gaan al­les in sy ver­moë doen om die “ir­ra­si­o­ne­le” kern­krag­pro­gram teen te staan.

Uit die bur­ger­reg­te­groe­pe se weer­ga­we van hul ge­sprek met Mahlo­bo blyk dit hy sê al die e­ner­gie­bron­ne, in­slui­tend gas, groen­krag en kern­krag, sal in die IRP wees, maar hul on­der­skeie by­dra­es sal pro­por­si­o­neel ver­min­der word weens die hui­di­ge swak­ker vraag na e­lek­tri­si­teit.

Mahlo­bo het glo ge­sê daar sal ’n “ver­nie­ti­gen­de” im­pak wees as e­ni­ge e­ner­gie­bron uit­ge­sluit word, dat daar ’n ge­ly­ke speel­veld moet wees en dat hy (Mahlo­bo) die skeids­reg­ter is.

Vol­gens hom is die re­ge­ring se e­ner­gie­be­leid ge­grond op wat be­skik­baar is. Die om­ge­wings­groe­pe sê daar is ge­noeg be­wy­se dat die e­ko­no­mie­se en om­ge­wings­im­pak van steen­kool, kern­krag en gas aan­sien­lik gro­ter is as dié van an­der e­ner­gie­bron­ne, en ná de­ka­des van sub­si­dies aan steen­kool en kern­krag is die speel­veld al­les­be­hal­we ge­lyk, ver­al wat be­tref her­nu­ba­re e­ner­gie.

Vol­gens Mahlo­bo is kern­krag die “bes­te op­sie”. Hy meen her­nu­ba­re e­ner­gie is wis­sel­val­lig. Daar is nie al­tyd ge­noeg son en wind nie en die stof­deel­tjies in die wind – en as die wind teen die ver­keer­de spoed waai – kan die wind­tur­bi­nes ver­nie­tig.

Nie al­le steen­kool­krag­sta­sies moet ge­sluit word nie, maar teg­no­lo­gie soos kool­stof-op­vangs en -ber­ging moet be­nut word, het Mahlo­bo ge­sê. Die om­ge­wings­groe­pe sê tot dus­ver bied die groot steen­kool­be­soe­de­laars, soos E­s­kom en Sa­sol, sterk weer­stand om aan lug­ge­hal­te­stan­daar­de te vol­doen.

Fo­to: REUTERS

Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van e­ner­gie, gis­ter aan die woord op sy de­par­te­ment se e­ner­gi­ein­da­ba, wat tot van­dag by Gal­lag­her E­sta­te in Mid­rand ge­hou word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.