‘Baie na­by aan Pon­zi-ske­ma’

Volksblad - - Sake -

Mag­da Wier­zycka, uit­voe­ren­de hoof van Syg­nia Ba­te­be­stuur, het gis­ter in ’n ver­kla­ring in­ge­klim on­der ba­te­be­stuur­ders wat ’n blin­de ge­loof in Chris­to Wie­se se Mi­das­aan­ra­king ge­had het.

Sy sê die be­we­rings oor wins­sy­fers wat ge­ma­ni­pu­leer is, on­be­heers­te ver­kry­gings en be­las­ting­be­drog is net ’n drup­pel aan die em­mer.

“An­der pro­ble­me sluit in maat­skap­pye wat van die ba­lans­staat ver­wy­der is, be­stuur­ders wat met me­kaar saam­ge­werk het om be­leg­gers te be­drieg en skuld wat teen ’n mas­sie­we pas aan­ge­gaan is.”

Sy vra ver­der hoe so baie ak­tie­we ba­te­be­stuur­ders in Suid­ A­fri­ka die wars­ku­wings­te­kens mis­ge­kyk het.

“Hul­le moes raak­ge­sien het wat van die be­gin af dui­de­lik was, en dit is dat hier­die so na­by aan ’n kor­po­ra­tief­ge­struk­tu­reer­de Pon­zi­ske­ma is as kan kom.

“Ek glo vas die blin­de ge­loof in Chris­to Wie­se en dat al­les waar­aan hy raak in goud ver­an­de, baie men­se laat ver­geet het van die voor die hand lig­gen­de.”

Sy het by­ge­voeg die reg­te vrae is nie ge­vra nie, die maat­skap­py­struk­tu­re is nie in ge­noeg­sa­me de­tail ont­leed nie, die wins­teen­oor­skuld­be­re­ke­nin­ge is nie ge­doen nie en die be­stuur se woord is ge­glo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.