Meer be­stee op Swart Vry­dag

Sy­fers wys dag was ’n suk­ses

Volksblad - - Sake Nuus - El­vi­ra Wood

Suid-A­fri­ka­ners was nie bang om hul de­biet- of kre­diet­kaart op Swart Vry­dag te ge­bruik nie.

Banks­er­vA­fri­ca, wat kaart­tran­sak­sies in Suid-A­fri­ka ver­werk, sê hy het op 24 No­vem­ber 4,7 mil­joen tran­sak­sies ver­werk.

Hier­van was 260 522 aan­lyn tran­sa­kies.

Men­se was dui­de­lik nie be­kom­merd dat hul­le wins­ko­pies gaan mis­loop as hul­le nie vroeg uit die ve­re is nie.

Die mees­te tran­sak­sies – 395 791 – wat in win­kels ge­doen is, is tus­sen 16:00 en 17:00 ge­re­gis­treer.

“Die ge­tal en waar­de van die tran­sak­sies wat op Swart Vry­dag ver­werk is en die ma­te

waar­in dit ver­ge­le­ke met 2016 se sy­fers ge­groei het, wys hoe suk­ses­vol dié in­ko­pie­dag is,” sê Chris Ha­mil­ton, uit­voe­ren­de hoof van Banks­er­vA­fri­ca.

Lui­dens die maat­skap­py se sy­fers is Swart Vry­dag nog baie ge­wil­der as Ku­ber-Maan­dag.

Op Ku­ber-Maan­dag word daar spe­si­fiek op aan­lyn tran­sak­sies

ge­fo­kus.

Daar was dié dag net 129 458 tran­sak­sies teen­oor die 260 522 van Swart Vry­dag.

Die groot­ste en­ke­le aan­koop op Swart Vry­dag was vir R1 mil­joen.

Op Ku­ber-Maan­dag was die groot­ste tran­sak­sie R663 041 werd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.