17­ja­ri­ge wen pluim­bal­kroon

Volksblad - - Sport - Mar­nus Kok

Die Bloem­fon­tein­se skool­mei­sie Ni­ta S­choltz het die eer­ste ju­ni­or Suid-A­fri­ka­ner ge­word om ’n se­ni­or in­ter­na­si­o­na­le pluim­bal­ti­tel in te palm toe sy ver­le­de week die Botswa­na Ope in Lo­bat­se ge­wen het.

S­choltz (17), ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool Jim Fou­ché, het die ti­tel ge­wen son­der om ’n en­ke­le s­tel af te staan.

Sy het die eer­ste ge­keur­de O­gar Si­a­mu­pan­gi­la van Zam­bië in die half­eind­ron­de met 21-15 en 21-16 uit haar pad ge­vee, voor­dat die twee­de ge­keur­de Aisha Na­kiy­em­ba van U­gan­da dit met 21-10 en 21-17 in die eind­stryd moes ont­geld.

“Dit voel so on­werk­lik. Am­per as­of ek dit nie kan glo nie,” sê S­choltz oor haar se­ge.

Die rang­lys­pun­te wat sy ver­dien het, sal haar goed te pas kom om haar droom te ver­we­sen­lik om aan aan­staan­de jaar se O­lim­pie­se Jeug­spe­le in Bu­e­nos Ai­res deel te neem.

A­fri­ka kan net een ver­teen­woor­di­ger na Ar­gen­ti­nië stuur en S­choltz en Al­ge­rië se Hal­la Bouk­sa­ni is kop aan kop.

Voor die Botswa­na-ope was S­choltz 68ste op die ju­ni­or wê­reld­rang­lys en Bouk­sa­ni in die 67ste plek.

S­choltz se ti­tel sal haar na die 57ste plek laat klim.

Sy sal duim vas­hou dat sy die rang­ly­s­plek kan be­hou of selfs teen Mei kan ver­be­ter, wan­neer sy sal weet of sy haar tas­se vir Ar­gen­ti­nië kan pak.

Of­skoon sy steeds aan­staan­de jaar as ’n ju­ni­or kan deel­neem, is daar nog se­ni­or toer­nooie in haar vi­sier.

Haar af­rig­ter, Jo­han K­lein­geld, sê S­choltz het ’n re­a­lis­tie­se kans om in Fe­bru­a­rie as die se­ni­or A­fri­ka-kam­pi­oen in Al­ge­rië ge­kroon te word.

Die pluim­bal­gog­ga het S­choltz op ses­ja­ri­ge ou­der­dom ge­byt.

“My ma is ’n muur­bal­spe­ler en ek het al­tyd saam­ge­gaan as sy gaan speel,” sê S­choltz.

Langs die muur­bal­baan was ’n pluim­bal­baan en S­choltz het daar gaan speel en nog nooit weer te­rug­ge­kyk nie.

“Met pluim­bal leer ’n mens el­ke dag iets nuuts en dit bly ’n uit­da­ging.”

S­choltz sê sy oe­fen el­ke dag en dit sluit min­stens ’n uur se fiks­heid en drie ure op die baan in.

Is dit nie ’n uit­da­ging om tyd in te ruim vir skool­werk nie?

“My af­rig­ter het my ge­leer dat pluim­bal eer­ste kom. Vir al die an­der din­ge moet ’n mens tyd maak. As ek vir ’n toets moet leer, moes ek al twee we­ke ge­le­de daar­voor ge­leer het,” sê S­choltz.

Ni­ta S­choltz

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.