SA se blaaie kan byt

Koh­li het oog op nog ’n 1ste plek

Volksblad - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Hul­le het in Vi­rat Koh­li ’n wê­reld­klas­kol­wer, maar nie­te­min kan In­dië ge­poot­jie word deur die feit dat hy so lank­laas in toe­stan­de ge­speel het wat met die van die sub­kon­ti­nent ver­skil.

Dís die me­ning van die voor­ma­li­ge Pro­tea-kap­tein Gra­e­me S­mith, oor die toets­reeks teen In­dië waar­mee Suid-A­fri­ka 2018 vroeg aan­staan­de maand sal af­skop.

In­dië het ’n re­kord ge­ë­we­naar deur al ne­ge sy laas­te toets­reek­se te wen, maar dis reeds am­per drie jaar se­dert hul­le laas in kolf­toe­stan­de wat met dié van Suid-A­fri­ka ver­ge­lyk kan word, ge­speel het. Dit was toe hul­le in die 2014-’15-sei­soen in Aus­tra­lië was.

Hul­le het se­dert­dien net in In­dië, Bangla­desj, die Wes-In­die­se Ei­lan­de (waar toe­stan­de heel­wat oor­een­kom met dié van die sub­kon­ti­nent) en Sri Lan­ka toet­se ge­speel.

“Die vaart en vaar­dig­he­de van ons bou­lers hier sal die werk­li­ke toets vir hul­le wees. Dit gaan baie in­te­res­sant wees.

“In­dië se eie naat­aan­val sal ook moet goed doen in­dien hy suk­ses hier wil be­haal,” sê S­mith.

Die drie toet­se word in Kaap­stad, Cen­tu­ri­on en Jo­han­nes­burg be­slis.

“Ver­al Nu­we­land (waar die eer­ste toets op 5 Ja­nu­a­rie be­gin) gaan die tyd van die jaar droog wees.

“Ek dink hul­le sal dalk net een draai­er in die toet­se in plaas­li­ke toe­stan­de in­span.”

Ra­vi­chandran Ashwin en Ra­vin­dra Ja­de­ja, wat Suid-A­fri­ka in 2015 in In­dië kis ge­boul het, was in die af­ge­lo­pe reeks teen Sri Lan­ka weer die span se voor­ste bou­lers.

S­mith gaan as kom­men­ta­tor in die kits­reek­se tus­sen In­dië en Sri Lan­ka meer van die In­die­se spe­lers te sie­ne kry.

Koh­li, wat lui­dens be­rig­te vol­gen­de week voor die kan­sel gaan staan, gaan nie in dié kits­reek­se uit­stap nie om­dat hy vir die eer­ste keer in so­wat vier jaar ’n blaas­kans van k­rie­ket gaan neem.

Koh­li het met al­te­saam 610 lo­pies ge­skit­ter in sy vyf kolf­beur­te in die af­ge­lo­pe toets­reeks teen Sri Lan­ka. Dit het ’n nul­le­tjie maar ook ’n loop­baan­bes­te tel­ling van 243 in­ge­sluit.

Hy het sy nul­le­tjie in die eer­ste toets in Kol­ka­ta met 104* op­ge­volg. Ná ’n tel­ling van 213 in sy e­nig­ste kolf­beurt in die twee­de toets in Nag­pur het hy ook in die eer­ste beurt in Del­hi ’n dub­be­le hon­derd­tal (daar­die 243) aan­ge­te­ken. ’n Vyf­tig­tal in die twee­de beurt het hom oor die 1 000-kerf vir 2017 ge­druk en hy is nou twee­de op die wê­reld­rang­lys vir toets­kol­wers.

Koh­li sal dus in die ko­men­de reeks teen Suid-A­fri­ka daar­op uit wees om die eer­ste plek sy­ne te maak. Hy be­klee reeds die voor­ste po­si­sie op die een­da­gen T20-rang­lys.

Die Aus­tra­lie­se kol­wer Ric­ky Pon­ting is die e­nig­ste kol­wer wat in ’n sta­di­um die voor­ste plek­ke in al drie for­ma­te be­klee het.

Koh­li het in Ja­nu­a­rie 2015 in Syd­ney, Aus­tra­lië laas ’n toets ge­speel in kolf­toe­stan­de wat met die in Suid-A­fri­ka ver­ge­lyk kan word. Hy het in daar­die toer met vier hon­derd­tal­le ge­wys hy kan die no­di­ge aan­pas­sing op vin­ni­ger kolf­blaaie doen. Sy 692 lo­pies in die vier toet­se was die twee­de mees­te in die reeks.

Koh­li het ook in 2012 op die Wan­de­rers 119 en 96 in die eer­ste van sy twee toet­se tot dus­ver in Suid-A­fri­ka aan­ge­te­ken.

Fo­to: GETTY IMGES

Vi­rat Koh­li

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.