Vyf wê­reld­gou­es vir SA se tie­ner­su­per­ster N­tan­do

Volksblad - - Sport - Wim P­re­to­ri­us

Goed, be­ter, N­tan­do!

Die Pa­ra­lim­pie­se sil­wer­me­dal­je­wen­ner N­tan­do Mahlan­gu het be­hoor­lik stem dik ge­maak by die In­ter­na­si­o­na­le Rol­stoel- en Am­pu­ta­sie-S­port­fe­de­ra­sie (IWAS) se Wê­reld­spe­le in Por­tu­gal, deur vyf goue me­dal­jes te wen.

Mahlan­gu, wat ge­bo­re is met on­der­ont­wik­kel­de on­der­be­ne en as 10-ja­ri­ge self daar­op aan­ge­dring het dat dit ge­am­pu­teer word, het in Vi­la Re­al de San­to An­tó­nio ook drie nu­we re­kords in i­tems in die T42-af­de­ling oor­tref.

Dié 15-ja­ri­ge Mahlan­gu is ’n gr. 8-leer­ling aan die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool in P­re­to­ria en het Suid-A­fri­ka­ners se ver­beel­ding aan­ge­gryp met sy na­el­loop-suk­ses in 2016.

Maar in Por­tu­gal het hy be­ne­wens goue suk­ses in die 100 m, 200 m, 400 m en 800 m ook sy hand aan ver­spring ge­waag – en sand in al sy teen­stan­ders se oë ge­skop.

Hy het in die 800 m ’n nu­we wê­reld­re­kord van 1:58.84 op­ge­stel.

Die jon­ge­ling was die groot ster in ’n baie suk­ses­vol­le Suid-A­fri­kaan­se span, wat 30 me­dal­jes (14 goud, se­we sil­wer en ne­ge brons) huis toe ge­bring het en vyf nu­we A­fri­ka-re­kords op­ge­stel het.

Hier­on­der tel ook Me­gan Crou­camp se nu­we 100 m-re­kord van 18.57 s in die T42-ka­te­go­rie en Si­mo­ne Kru­ger se af­stan­de van 23.48 m in die dis­kus­gooi vir F38-at­le­te (wat aan haar sil­wer be­sorg het) en 8.73 m in die ge­wig­stoot.

Kru­ger was ook twee­de in die 100 m en die spies­gooi.

Man­di­le­ne Hoff­mann het in die F44-af­de­ling die ge­wig­stoot ge­wen, met M­pu­me­le­lo Mhlon­go wat in die T44-af­de­ling die 200 m ge­wen het.

An­tho­ny But­ler het die spies­gooi in die F42-af­de­ling ge­wen, ter­wyl daar ook goue suk­ses was vir Ya­ne van der Mer­we (spies­gooi, F44), Ts­he­pang Jou­bert (200 m, ver­spring, T47), E­mi­le Bur­ger (spies­gooi, T44) en Ju­ni­or Ma­vuso (hoog­spring, T44).

Jou­bert het sil­wer in die 100 m ver­o­wer, ter­wyl F­re­de­rick Fur­sten­berg (spies­gooi, F44), Mhlon­go (ver­spring, T44) en Ni­co­laas S­try­dom (dis­kus, F57) ook twee­de was.

Fo­to: AN­DRIES KRU­GER

Die Pa­ra­lim­pie­se at­leet N­tan­do Mahlan­gu het vyf goue me­dal­jes by die In­ter­na­si­o­na­le Rol­stoel­ en Am­pu­ta­sie­S­port­fe­de­ra­sie (IWAS) se Wê­reld­spe­le ver­o­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.