Keen­an op sy kop in Rand­burg

Volksblad - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Keen­an Da­vid­se het voor die aan­vang van die Jo­burg Ope er­ken hy was se­nu­wee­ag­tig. Ná ’n se­wen­de plek in die vo­ri­ge uit­ga­we van dié toer­nooi, in Fe­bru­a­rie by die Roy­al Jo­han­nes­burg & Ken­sing­ton-gholf­klub, het hy die druk ge­voel om wéér sul­ke hel­de­da­de te le­wer.

Maar van se­nu­wees was daar geen spra­ke nie toe Da­vid­se gis­ter­og­gend die Bushwil­low-baan van die Rand­park-gholf­klub ge­pak het nie. Die 28-ja­ri­ge S­tel­len­bos­ser het die eer­ste dag van die Jo­burg Ope as die voor­lo­per af­ge­sluit, ná ’n uit­mun­ten­de ron­de van 63 (agt houe min­der as baan­sy­fer) wat ne­ge vo­ël­tjies aan­ge­te­ken het.

“Ek sal nie sê dis vir my ’n skok nie, want ek het hard ge­werk. Par­ty men­se sê dié baan is mak­li­ker as Fi­ret­horn (die an­der Rand­park­baan waar­op die Jo­burg Ope van­dees­week be­slis word), en ná ’n 63 kan ek nie daar­mee stry nie, maar jy moet nog steeds goeie houe slaan om hier reg te kom,” het Da­vid­se ge­sê.

Ná ’n paar dae van re­ën op die Ho­ë­veld was die twee Rand­burg­se ba­ne waar­op die toer­nooi plaas­vind Don­der­dag sag en die set­per­ke ont­vank­lik.

“Die Fi­ret­horn-baan (waar­op hy van­dag sal speel) is ook maar net nog ’n baan, en my ge­voel is: as jy die baan speel, sal dit met jou goed gaan, maar as dit vir jou oor die toer­nooi gaan, is dit ’n an­der sto­rie. Dít het ek al baie er­vaar.”

Oor sy won­der­li­ke tel­ling het Da­vid­se ge­sê: “Ek is nie hier om prent­jies te te­ken nie, maar om sy­fers neer te skryf. Van­dag het ek goeie sy­fers ge­kry, maar nou moet ek my voe­te op die grond hou.”

Da­vid­se is ’n lid van die Ga­ry Play­er-klub van 2017, ’n ont­wik­ke­lings­i­ni­si­a­tief van die Son­skyn­reeks, en het van­jaar aan­sien­lik be­ter ge­vaar as e­ni­ge an­der le­de van dié klub. Hy be­vind hom tans in die 22ste plek op die Son­skyn­reeks se geld­lys, met vier top5-uit­slae tot dus­ver dié sei­soen.

Da­vid­se het die dag af­ge­sluit met ’n voor­sprong van een hou oor ses spe­lers, wat die Suid-A­fri­ka­ners Ja­red Har­vey, E­rik van Rooy­en en Ockie S­try­dom in­sluit. Soos hy het al­mal van hul­le by Bushwil­low ge­speel.

Die bes­te tel­ling by Fi­ret­horn was 66 (-6). Vyf spe­lers, on­der wie O­li­ver Bek­ker en De­an Bur­me­ster, het dít ver­mag.

Die Mau­ri­ti­us Ope-kam­pi­oen Dy­lan F­rit­tel­li se dag by Bushwil­low het nie so­veel vuur­werk op­ge­le­wer soos hy voor­af sou ge­hoop het nie.

F­rit­tel­li het ’n 70 (-1) op sy tel­kaart in­ge­vul vir ’n aan­deel aan die 84ste plek.

Fo­to: GALLO IMAGES

Keen­an Da­vid­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.