Ma­e­s­tro Ro­sko soek nóg hoë no­te

Tyd vir grap­pies is ver­by

Volksblad - - Sport - Fran­cois de Wet

As die B­lits­bok Ro­sko S­pe­cman die na­week so ge­mak­lik met die rug­by­bal in die hand is soos hy was met ’n di­ri­geer­stok in die span se nuut­ste pro­mo­sie­vi­deo, sal hy die von­ke in Kaap­stad laat spat.

S­pe­cman speel die hoof­rol in dié vi­deo waar­mee die Moe­der­stad se se­westoer­nooi be­mark word. Hy is in die rol van di­ri­gent – kom­pleet met di­ri­geer­stok­kie en swa­el­stert­pak – ter­wyl sy span­maats elk ’n in­stru­ment ‘be­speel’ saam met le­de van die Kaap­stad­se Fil­har­mo­nie­se Or­kes.

“As die rug­by­ding nie meer uit­werk nie, is daar dalk ’n loop­baan vir my in die or­kes,” het S­pe­cman gis­ter ge­skerts.

“Hoe goed het ek nie in daai pak ge­lyk nie? Ek sê jou, ek dink ek mag maar.”

Dit sal geen van die B­lit­se se on­der­steu­ners ver­ras om S­pe­cman so stui­tig te hoor nie, maar aan die voor­aand van die Kaap­se toer­nooi raak sy en sy span­maats se tyd vir grap­pies maak al hoe min­der.

Hul­le het ’n saak om te gaan reg­stel na­dat hul­le ver­le­de jaar in die Kaap teen die ver­wag­ting in deur En­ge­land ge­klop is.

Of­skoon die B­lits­bok­ke in 2016 met sil­wer te­vre­de moes wees voor hul tuis­ska­re, was daar­die toer­nooi vir die 28-ja­ri­ge S­pe­cman, ’n boor­ling van Gra­ham- stad, steeds spe­si­aal. Die hoog­te­punt daar­van was ’n spog­drie in die half­eind­stryd teen Nieu-See­land.

Dié drie het die B­lits­bok­ke se plek in die eind­stryd be­spreek en S­pe­cman hoop hy en sy span­maats kan weer met sul­ke truuks vo­ren­dag kom om hul on­der­steu­ners te be­to­wer.

“Dis ’n ab­so­luut fan­tas­tie­se ge­voel om weer te­rug by die huis te wees, weer my rug­by­ste­wels aan te trek en voor ons on- te speel. Ons weet hoe be­lang­rik dit is om op ons bes­te te wees,” sê S­pe­cman.

“Maar jy kon in ver­le­de week se toer­nooi in Du­bai sien dat dit glad nie so mak­lik is om net op te daag en te wen nie. U­gan­da het ons on­der druk ge­plaas en het selfs in ’n sta­di­um van ’n skok­se­ge ge­droom.

“Dit is wat se­wes­rug­by so spe­si­aal maak, want daar is nie iets soos ’n mak­li­ke wed­stryd nie. Ons weet die stan­daar­de moet ge­lig word as ons hier wil wen.”

Neil Po­well, die B­lits­bok-af­rig­ter, het ’n on­ver­an­der­de span vir die toer­nooi ge­kies, met al noe­mens­waar­di­ge skuif die in­slui­ting van Si­vi­we Soyi­z­wa­pi as die 13de span­lid.

Soyi­z­wa­pi het as kap­tein van die B­lits­bok­ke se a­ka­de­mie­span in Du­bai se in­ter­na­si­o­na­le uit­no­di­gings­toer­nooi op­ge­draf en sal vol­gens Po­well ’n be­lang­ri­ke rol ver­tolk, sou ie­mand ge­du­ren­de die toer­nooi ’n erns­ti­ge be­se­der­steu­ners ring op­doen.

“Hy het baie goed ge­vaar in Du­bai en om­dat hy daar ge­speel het, sal hy mak­li­ker in­ska­kel as ons hom be­no­dig,” sê Po­well.

Suid-A­fri­ka kom mô­re in Groep A teen Rus­land, Frank­ryk en Ke­nia te staan.

■ Kyk op Net­werk24: B­lits­bok­or­kes.

■ B­lits­bok­span: Chris Dry (63 toer­nooie), P­hi­lip Sny­man (kap­tein, 48), Tim A­ga­ba (11), K­wag­ga S­mith (28), Wer­ner Kok (30), Ky­le Bro­wn (59), Bran­co du P­reez (56), Ro­sko S­pe­cman (22), Jus­tin Ge­duld (31), Ce­cil A­fri­ka (54), Se­a­be­lo Se­nat­la (34), Ru­han Nel (22). 13de lid: Si­vi­we Soyi­z­wa­pi (12).

Fo­to: MAR­LON KRU­GER

Die B­lits­bok­kap­tein P­hi­lip Sny­man maak grap­pies ter­wyl hy voor­be­rei om mu­siek saam met die Kaap­stad­se Fil­har­mo­nie­se Or­kes te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.