Om met sag­ter oë te kyk . . .

Volksblad - - Nuus -

In plaas daar­van dat hy mô­re voor die kan­sel staan langs sy ge­lief­de A­net­te Ro­berts, het Da­na Sny­man Die Swart Hond­kon­sert in Ja­cobs­baai ge­re­ël. Hy praat met Wil­le­mien Br­üm­mer oor die don­ker­te wat A­net­te vir so­veel ja­re weg­ge­steek het.

Hoe gaan dit van­dag?

Dit gaan or­raait. Hul­le praat mos van die vyf sta­di­ums van rou. Par­ty­keer be­leef jy al vyf sta­di­ums in ’n mi­nuut, of al­les in ’n dag; par­ty­keer be­leef jy net een per dag, maar ek het lek­ker ver gaan stap met die hon­de. Die hon­de hou my aan die gang. Ek het vier. (Hy lag) Die room van die skuim.

Hoe het jy ge­voel na­dat jy die nuus ge­kry het dat A­net­te se pa, Jan S­choe­man, op die­self­de ma­nier as sy dog­ter ge­sterf het? ’n Mens kan nie help om op te merk dat de­pres­sie in die ge­ne loop nie. Dis pre­sies wat ek ge­dink het. Ek het die oom nie goed ge­ken nie. Ek het hom net op die be­graf­nis ge­sien en toe het ons ge­praat op Fa­ce­book Mes­sen­ger, en ek weet nou nie oor sy spe­si­fie­ke om­stan­dig­he­de en of hy­self aan de­pres­sie ge­ly het nie, maar ie­mand wat só iets doen, is mos nou per se de­pres­sief.

Ek be­gin nóú eers de­pres­sie in we­se ken en ver­al bi­po­lê­re ge­moeds­ver­steu­ring, en hoe meer ek lees daar­oor, hoe meer kom jy ag­ter dit loop in fa­mi­lies.

Ag, dis vir my so ’n on­reg­ver­di­ge ding dat par­ty men­se met so ’n ding ge­bo­re moet word. In A­net­te se ge­val dink ek dit het eers la­ter be­gin be­heer neem oor haar. Dis nie iets wat jy van kleins af het nie. Dit kan ook la­ter in jou le­we reg­tig toe­slaan.

Wan­neer het sy uit­ge­vind sy ly aan bi­po­lê­re de­pres­sie?

Ek weet nie, dit is nog­al sleg van die ding, want A­net­te het niks er­ken nie. Tien jaar te­rug was sy by ’n psi­gi­a­ter in Bloem­fon­tein. Die psi­gi­a­ter het haar een dog­ter Si­moné nou ge­bel ná die tyd, maar hy mag om e­tie­se re­des nie sê (aan wat­ter siek­te sy ge­ly het) nie. Sy’t geen mid­dels ge­bruik nie, maar op grond van se­ke­re ge­drag kan ’n mens dit tog sien en sy was de­fi­ni­tief siek. Dis nou ’n a­ma­teur se di­ag­no­se op grond van wat ek lees en op grond van wat ek weet en self er­vaar het, maar ek sal be­slis sê dis meer as de­pres­sie. Men­se dink de­pres­sie is daai ding wat ek al ge­had het waar jy in die ka­mer lê en jy wil nie uit­kom nie en al­les is net te veel en jy het nie e­ner­gie nie. Ie­mand met bi­po­lê­re siek­te kan ’n fa­se be­leef waar hul­le ab­so­luut e­ner­giek is. Dit sluit woe­de­buie in, dit sluit ver­ge­sog­te plan­ne in. Ja jong, jis­sie, dis rof.

Wat is die be­lang­rik­ste ding wat

jy mô­re met Die Swart Hond­kon­sert wil be­reik? Die punt is ons sou Sa­ter­dag ge­trou het en ek het net ge­voel ek wil iets doen daai dag.

Wat in­tus­sen (se­dert A­net­te se dood) ge­beur het, is my in­box het be­gin oor­loop. Daar is net te veel men­se wat vir my ver­tel van de­pres­sie, ver­al bi­po­lê­re ge­moedstoor­nis. Bi­po­lêr is ’n snaak­se ding. Men­se is meer ge­neig om daar­oor te swyg as oor an­der de­pres­sie. Ek is so be­voor­reg in die sin van toe dit ge­beur het met A­net­te, het ek let­ter­lik ’n paar dui­send bood­skap­pe ge­kry. Maar ie­mand wat in Kroon­stad bly, of Van­der­bijl­park of Ri­chards­baai, wie se fa­mi­lie of ver­loof­de of ’n pa of ma sy of haar eie le­we neem, kry nie daai ti­pe on­der­steu­ning nie. In par­ty ge­meen­skap­pe is daar nou nog ’n ding van oe, wat het hul­le ver­keerd ge­doen, jy weet. Wat gaan daar aan? Toe ek ge­hoor het A­net­te is dood, was dit am­per my in­stink­tie­we re­ak­sie: O, nou gaan men­se dink ek het iets ver­keerd ge­doen. Ek dink dis ’n groot ding dat men­se dit so half ver­swyg en skaam is daar­oor.

My spyt, my ver­wyt lê daar­in dat ek haar nie as siek ge­sien het nie. Ek het nie be­sef hier teen die ein­de sy is siek en sy’t be­han­de­ling no­dig nie. Ek dink dit ge­beur dik­wels in ver­hou­dings. Ek wou met A­net­te trou en die og­gend het sy som­mer net weg­ge­ry son­der dat ons e­nig­sins woor­de ge­had het. Nou be­leef jy dit in ’n ver­hou­ding as hier wil jou ver­loof­de nou som­mer net weg­ry, maar ek moes met ’n se­ke­re nug­ter­heid ge­sien het A­net­te is siek, sy’t be­han­de­ling no­dig, sy’s nie lek­ker nie.

Hoe wil jy Die Swart Hond­pro­jek in die nu­we jaar uit­brei?

Ek weet nie, ek gaan dit uit­brei, maar ek wil nie soos ’n pas­be­keer­de nou al­ler­han­de be­lof­tes maak en groot dro­me droom nie. Ek wil dit baie or­dent­lik be­plan, ver­kies­lik saam met Li­zet­te Ra­be se It­hem­ba-stig­ting (wat die pu­bliek be­wus maak van de­pres­sie en geld in­sa­mel vir na­vor­sing oor dié siek­te). Sy’t al ’n paar goed aan die gang en ek sal baie graag saam met haar wil werk dat ’n mens dit op ’n or­dent­li­ke, ge­loof­waar­di­ge ma­nier doen. In Ja­nu­a­rie gaan ek en Li­zet­te by­me­kaar­kom. Ek be­gin som­mer tjank as ek aan haar dink, sy het my al so by­ge­staan. Hoe ont­snap jy self ná jou groot ver­lies van die swart hond se ska­du­wee? Ek ont­snap nie al­tyd nie (sug). Ek was by die dok­ter, ons plaas­li­ke dok­ter, en ek het vir haar ge­sê ek wil nie nou an­ti­de­pres­san­te ge­bruik nie. Dis net nie vir my nou reg nie. Ek sal dit nie vir ie­mand an­ders aan­be­veel nie, ek het al self an­ti­de­pres­san­te in die ver­le­de ge­bruik, maar ek wil nou rou.

Dit klink ver­skrik­lik jam­mer­gat, maar ek moet nou deur die pro­ses gaan, want ek is bang ek be­gin nou an­ti­de­pres­san­te ge­bruik en dan gaan ek so half half­har­tig deur die pro­ses. Op ’n ma­nier voel ek ek moet nou be­leef wat ek be­leef. Ek pro­beer maar baie stap . . . aan­hou be­weeg en ge­raas maak.

Die kon­sert is taam­lik na aan Kers­fees. Hoe­kom is Kers­fees so ’n do­de­li­ke tyd vir de­pres­sie­ly­ers?

Die lo­gie­se ant­woord is Kers­fees is ’n tyd waar men­se saam is en daar’s vreug­de en men­se deel meer as an­der tye van die jaar van hul­self en hul­le gee meer. Dis ’n tyd van saam­wees en as ie­mand nie daar is saam met wie ’n mens sou wou wees nie, is jy meer be­wus daar­van. Dis daai ge­mis. Die af­we­si­ges en die ge­stor­we­nes is meer teen­woor­dig oor Kers­fees. Jy’s meer be­wus van dié wat nie daar is nie en dat jyself dalk nie so­veel e­mo­si­o­neel kan gee oor Kers­fees nie. Dit sou ons eer­ste Kers­fees saam ge­wees het. Ek het eers in Ja­nu­a­rie vir A­net­te ont­moet, maar sy wou ’n groot Kers­fees ge­had het. Haar kin­ders sê ook vir my A­net­te was groot op Kers­fees. Sy’t ge­glo aan die boom en die he­le sto­rie.

Hoe gaan jy op jou eie deur hier­die Kers­fees kom?

Ek weet nie. Ek weet eer­lik­waar nie. Ek gaan in Ja­cobs­baai wees, maar hier is men­se wat goed is vir my, so ek is se­ker hier is ê­rens ’n pa­pier­hoed­jie wat wag.

Hoe het A­net­te se dood jou le­we ver­an­der?

S­joe, dis moei­lik. Niks sal ooit weer die­self­de vir my wees nie. Dit maak my sag­ter op so­veel ma­nie­re. Om met sag­ter oë te kyk, ver­al in die fa­se waar­in ek nou in my le­we is (ek is 55). Ek weet nie wat gaan ek vol­gen­de jaar doen nie, maar met al­les wat ek doen, wil ek op ’n ma­nier help. Ek het nie die kun­dig­heid nie, maar as ek e­nig­sins ’n oor kan wees vir men­se of e­nig­iets kan doen om men­se hoop te gee wat ge­lief­des aan self­dood af­ge­staan het . . . Net om ’n oor te wees, net sag te wees, net om te help waar ek kan. Jong, ek sal gaan bed­pan­ne dra in ’n plek as ek moet! Net reg­tig help.

Dit het my ook net weer be­wus ge­maak van hoe­veel men­se daar is wat ly aan hier­die ding, ver­al ma’s.

A­net­te se groot­ste mo­nu­ment is haar drie won­der­li­ke kin­ders met wie ek baie goed klaar­kom nou. En sy’t al hier­die seer ge­had en al hier­die don­ker­te wat sy so­veel ke­re weg­ge­steek het in haar le­we ter wil­le van haar kin­ders. Haar kin­ders is on­ge­skon­de en A­net­te was eint­lik baie siek by tye aan hier­die don­ker ding. Dis am­per iets wat oor jou be­heer neem. Ek dink A­net­te het by tye nie self ver­staan wat met haar ge­beur nie.

Hoe meer ek oor A­net­te uit­vind, hoe lie­wer word ek vir haar, want sy was so dap­per. Sy was só dap­per om hier­die ding vir so lank te kon be­veg en dan was sy nog baie dom ge­wees dat sy nie hulp ge­soek het en goeie me­di­ka­sie ge­kry het nie, wat won­de­re kan doen dees­dae. Sy was glad nie op me­di­ka­sie nie en as jy net dit ge­bruik, dan kan jy ’n goeie le­we leef in plaas van daai ding wat kort-kort te­rug­kom.

Die Swart Hond­kon­sert word mô­re­aand van 20:00 op Net­werk24 uit­ge­saai.

Fo­to: AN­DRÉ DAMONS

Da­na bring hul­de aan sy ont­sla­pe ver­loof­de op haar rou­diens in Bloem­fon­tein.

A­net­te was die ma van drie kin­ders. Sy en Da­na sou op 9 De­sem­ber ge­trou het. In plaas daar­van hou Da­na mô­re ’n kon­sert by die Kon­trei Kef­fie in Ja­cobs­baai om men­se be­wus te maak van de­pres­sie.

A­net­te se pa, Jan S­choe­man, het hom­self in sy mo­tor ver­gas in Mar­lot­h­park, M­pu­ma­lan­ga, waar hy en sy vrou, Deb­bie, ge­woon het. Dit was net ’n bie­tjie meer as ’n maand na­dat A­net­te haar­self ver­gas het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.