Veer in die hoed vir Ru­an én K­wag­ga

Volksblad - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die oud-Leeu Ru­an Ac­ker­mann is aan­ge­wys as die En­gel­se P­re­mier­liga se Rug­by­spe­ler van die Maand vir No­vem­ber, ná ’n rits uit­ste­ken­de ver­to­nings vir Glou­ces­ter.

Ac­ker­mann het saam met sy pa en af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, by dié klub aan­ge­sluit na af­loop van van­jaar se Su­per­rug­by-reeks.

Ac­ker­man sr., wat as een van die bes­te Suid-A­fri­kaan­se af­rig­ters be­skou word, het die Leeus tot twee ag­ter­een­vol­gen­de Su­per­rug­by-eind­stry­de ge­brei voor hy die af­rig­ters­pos by Glou­ces­ter aan­vaar het.

Toe hy die skuif ge­maak het, het hy sy seun saam met hom ge­neem en die jong Ac­ker­mann het uit die staan­spoor ge­sorg dat sy pa nie van ne­po­tis­me be­skul­dig kan word nie. Die agt­ste­man was tot dus­ver een van die sleu­tel­spe­lers vir Glou­ces­ter, wat tot in die top­vier op die P­re­mier­liga-leer ge­klim het.

Die 21-ja­ri­ge Ac­ker­mann het van­jaar vir Suid-A­fri­ka A teen die Fran­se Bar­ba­ri­ans ge­speel, maar nog nie die S­pring­bok-trui ge­dra nie. Ter­wyl hy in die bui­te­land speel kan hy ook nie daar­voor in aan­mer­king kom nie, van­weë SA Rug­by se 30toets­be­leid vir oor­se­se spe­lers.

Hy kan wel sorg dat hy in die keur­ders se plan­ne vir 2019 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi is.

Die woe­li­ge Leeus-los­voor­spe­ler K­wag­ga S­mith is in die bui­te­land ver­eer vir sy uit­ste­ken­de ver­to­ning in die Bar­ba­ri­ans-trui op T­wic­ken­ham.

Die B­lits­bok-sen­sa­sie was die S­pe­ler van die Wed­stryd in dié Baabaas-krag­me­ting teen die All Blacks.

Dank­sy daar­die krag­ver­to­ning is S­mith – wat tans saam met die B­lits­bok­ke voor­be­rei vir die Kaap­stad-se­westoer­nooi – met

The Rug­by Pa­per se toe­ken­ning vir die bes­te in­di­vi­du­e­le ver­to­ning in die on­lang­se jaar­eind­toet­se ver­eer.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Ru­an Ac­ker­mann saam met sy pa en af­rig­ter, Jo­han, in Glou­ces­ter se kleed­ka­mer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.