Be­to­gers saai cha­os

3 be­seer, win­kels ge­plun­der

Volksblad - - Voorblad - Al­za­ne Nar­rain en Chris­ti­aan Cloe­te

Be­to­gers het gis­ter ’n spoor van verwoesting in Kimberley ag­ter­ge­laat.

Hon­der­de be­to­gers het die twee­de keer in min­der as ’n maand na die bur­ger­sen­trum op­ge­ruk om­dat hul ei­se glo op do­we ore ge­val het.

Die groep het op 27 Ju­nie ’n pro­tes­op­tog ge­hou en hul ei­se in ’n me­mo­ran­dum aan die Sol Plaat­je-mu­ni­si­pa­li­teit oor­han­dig. Hul­le het on­der meer ge­ëis dat die ba­sie­se krag­ta­rief van R260 ge­skrap word en dat weg­ge­doen word met die prys­sty­ging van 5,95% op e­lek­tri­si­teit en die ta­rie­we eer­der ver­laag word.

Die R260 is wel ge­skrap, maar vol­gens Pant­si O­bu­sit­se, sa­me­roe­per van die be­to­gers, is hul­le steeds on­te­vre­de met ’n kontrak van R1,2 mil­joen wat die Sol Plaat­je-mu­ni­si­pa­li­teit met ’n on­be­ken­de diens­ver­skaf­fer aan­ge­gaan het om SMS’e oor e­lek­tri­si­teits­kwes­sies aan in­wo­ners te s­tuur. Die ten­der hier­voor is glo nie na be­ho­re ge­ad­ver­teer nie.

Hul­le eis ook dat Ly­dia Ma­tl­ho­ko, fi­nan­si­ë­le hoof, en Gool­am Ak­har­wa­ray, mu­ni­si­pa­le be­stuur­der, ge­skors moet word han­gen­de ’n on­der­soek na kor­rup­sie.

Die woe­den­de be­to­gers het vroeg­og­gend voer­tuig­ban­de aan die brand ge­steek, vul­lis­drom­me om­ge­gooi en ver­keers­te­kens af­ge­ruk om paaie mee te ver­sper.

Mo­tors wat dit na­by die bur­ger­sen­trum ge­waag het, is on­der die klip­pe ge­steek. Die po­li­sie het met rub­ber­koe­ëls en skok­gra­na­te op die be­to­gers los­ge­brand om hul­le uit­een te jaag.

Mi­nu­te la­ter het lui­de sang weer op­ge­klink toe die sta­kers voor die mu­ni­si­pa­le ge­bou saam­ge­drom het.

Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van ER24, sê d­rie men­se is be­seer en in ’n hos­pi­taal op­ge­neem. Twee mans het elk kop­be­se­rings op­ge­doen en ’n vrou het haar en­kel ge­breek na­dat bak­ste­ne en klip­pe hul­le ge­tref het.

Die be­to­gings het ook na an­der de­le van die stad uit­ge­brei.

On­der­ne­mings is voor­af ge­waar­sku om hul deu­re ty­dens die be­to­gings ge­sluit te hou, maar tal­le win­kels in Bark­ly­weg en in die mid­de­stad is nog­tans deur be­to­gers be­ska­dig en ge­plun­der. Die West End-vleis­mark, ’n slag­huis in die Pick n Pay-sen­trum in die mid­de­stad, se ven­sters is stuk­kend ge­gooi.

A­dri­aan de K­lerk, ei­e­naar van die slag­huis, sê: “Ons was toe soos daar ver­soek is. Ek was op die plaas toe ’n se­ku­ri­teits­wag my laat weet dat ’n hor­de men­se die ven­sters met klip­pe be­stook.”

Vol­gens De K­lerk is hy baie te­leur­ge­steld in die men­se wat sy on­der­ne­ming be­ska­dig het.

“West End doen baie vir die ge­meen­skap. Ons het 26 sop­kom­bui­se en ons help ge­reeld as daar s­kool- en kerk­ge­leent­he­de is. Dit was ver­on­der­stel om ’n vreed­sa­me op­tog te wees, en kyk nou.”

Teen gis­ter­mid­dag het be­to­gers ook die R31-pad tus­sen Kimberley en Bark­ly-Wes met groot klip­pe ver­sper.

Dit was gis­ter nie dui­de­lik of woe­den­de in­wo­ners van Kimberley hul sin gaan kry ná die cha­os wat gis­ter in die Di­a­mant­stad deur be­to­gers ver­oor­saak is nie.

In­wo­ners het op 27 Ju­nie ’n pro­tes­op­tog ge­hou en on­der meer ge­ëis dat ’n ba­sie­se krag­ta­rief van R260 ge­skrap word en dat weg­ge­doen word met die prys­sty­ging van 5,95% op e­lek­tri­si­teit. Die R260 is toe wel ge­skrap.

Gis­ter se be­to­ging het ge­gaan oor ’n kontrak van R1,2 mil­joen wat die Sol Plaat­je-mu­ni­si­pa­li­teit met ’n on­be­ken­de diens­ver­skaf­fer aan­ge­gaan het, glo son­der om die ten­der be­hoor­lik te ad­ver­teer.

In­wo­ners het voorts ge­ëis dat Ly­dia Mat­l­ho­ko, fi­nan­si­ë­le hoof, en Gool­am Ak­har­wa­ray, mu­ni­si­pa­le be­stuur­der, ge­skors moet word han­gen­de ’n on­der­soek na kor­rup­sie.

Andrew Louw, DA-lei­er in die Noord-Kaap, het sy stem hier­by ge­voeg en ge­sê dat die DA al lank oor­tuig is dat die bur­ge­mees­ter van die Sol Plaat­je-mu­ni­si­pa­li­teit, Man­ga­li­so Ma­ti­ka, die trek­pas moet kry en dat Mat­l­ho­ko en Ak­har­wa­ray ook moet ver­trek.

“Nie een van hier­die in­di­vi­due gee vir die men­se van die pro­vin­sie om nie. Hul­le jaag ei­e­be­lang na ter­wyl die ge­wo­ne men­se daar­on­der ly,” sê Louw.

Ma­ti­ka het gis­ter­mid­dag laat ge­sê die mu­ni­si­pa­le be­stuur­der en die fi­nan­si­ë­le hoof kan nie in die pad ge­steek word nie en dat net die raad die mag het om so iets te doen.

Hy het ’n be­roep op die ge­meen­skap ge­doen om te sê waar­om hul­le wil hê dié twee moet af­ge­dank word.

Fo­to: CHRIS­TI­AAN CLOE­TE

Woe­den­de be­to­gers het gis­ter in Kimberley on­der meer ban­de aan die brand ge­steek en naam­bor­de af­ge­ruk.

Fo­to’s: CHRIS­TI­AAN CLOE­TE

Die be­to­gers het klip­pe in die stra­te ge­pak en vul­lis­drom­me om­ge­gooi.

Po­li­sie­le­de brand gis­ter met rub­ber­koe­ëls op die op­roe­ri­ges in Kimberley los.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.