Kan­ker­ly­er (14) toe met sy ‘eie vee­arts­prak­tyk’ in hos­pi­taal ver­ras

Volksblad - - Voorblad - Kay­de­ne Da­vids

’n Jong seun van Se­ne­kal by wie a­ku­te lim­fo­blas­tie­se leu­ke­mie so­wat twee maan­de ge­le­de ge-di­ag­no­seer is, is van­dees­week met sy “eie vee­arts­prak­tyk” in die hos­pi­taal ver­ras.

Thapelo Ma­te­be­si (14) is ver­sot op die­re en droom daar­van om een­dag ’n vee­arts te word.

Die Reik na ’n Droom-stig­ting in Bloem­fon­tein het Woens­dag met be­hulp van wel­doe­ners ’n spreek­ka­mer in die U­ni­ver­si­tas­hos­pi­taal in ’n die­re­kli­niek ver­an­der.

Die jong die­re­lief­heb­ber het die ge­leent­heid ge­kry om Sam­my, ’n yorks­hi­re-ter­ri­ër, in te ent en saam met Jes­se, ’n la­bra­dor wat vir te­ra­pie ge­bruik word, tyd deur te bring.

Die hoog­te­punt was toe Sal­ly, ’n po­nie, tot sy ver­ba­sing ook “sy prak­tyk” bin­ne­ge­stap het.

Hy het haar maan­ha­re ge­streel, haar ’n wor­tel ge­voer en kon nie op­hou om aan haar te vat nie. Hy het selfs vir Sal­ly ge­soen.

Yo­lan­da Maar­tens, be­stuur­der van die stig­ting, sê Thapelo se groot­ste droom is om een­dag ’n vee­arts te word.

Sy sê Thapelo se toe­stand het die af­ge­lo­pe twee we­ke ver­swak en waar hy twee maan­de ge­le­de nog kon loop en sok­ker s­peel saam met sy maats, is hy nou vas­ge­kluis­ter aan ’n hos­pi­taal­bed.

“Hy kan glad nie meer sy on­der­lyf be­weeg nie en kan slegs sy arms, kop en ge­sig be­weeg.”

Die tyds­be­re­ke­ning om hom aan die­re bloot te stel was baie be­lang­rik en daar moes nou met dok­ters ge­ska­kel word om­dat sy bloed­tel­lings ge­mo­ni­tor word en dit nie te laag moes wees nie.

Dit was ver­al ’n roe­ren­de oom­blik toe die po­nie in­ge­stap kom.

“Sal­ly het be­slis aan­ge­voel dat die dag spe­si­aal is. Sy het stil langs sy bed ge­staan en haar kop laat sak so­dat Thapelo aan haar kuif kon vat.

“Dit is die doel van die stig­ting – vir ’n oom­blik ver­geet die kind van dok­ters, toet­se en pyn, vir ’n oom­blik glo hul­le in hul droom en leef hul­le in die oom­blik.

“Thapelo ‘die vee­arts’ is ’n dap­per veg­ter en ons glo sy droom­dag gaan hom aan­spoor om sy siek­te te be­veg en hoop bring dat mô­re be­ter sal wees.”

Gla­dys Ma­te­be­si, Thapelo se ma, het tra­ne van blyd­skap ge­stort. Sy sê dit ver­bly haar hart om haar kind te sien lag.

Fo­to: ANNELIZE KEEVE

Thapelo Ma­te­be­si (14) het van­dees­week die kans ge­kry om iet­sie van sy droom om ’n vee­arts te word, te be­leef. Van links is sy ma, Gla­dys Ma­te­be­si, Thapelo, Ge­ne­vie­ve P­re­to­ri­us van die Reik na ’n Droom-stig­ting, Sal­ly die po­nie, An­ne­ma­rie du P­les­sis van T­ris­to­ne S­ta­bles in Bloem­fon­tein en Nien­ke van Has­selt, ’n vee­arts van S­mit­hfield.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.