Can­di­ce kap te­rug oor ‘ba­ba­ma­gie’

Tal­le wil sto­rie nou op sil­wer­doek ver­tel

Volksblad - - Voorblad - Ma­ri­a­na Ma­lan

In Hollywood word reeds ge­stoei om eer­ste die ver­haal van die T­hai­se grotredding op die sil­wer­doek te wys.

Vol­gens Rol­ling S­to­ne het Pu­re F­lix En­ter­tai­n­ment, die pro­duk­sie­maat­skap­py van die rol­prent­reeks God’s Not De­ad, reeds aan­ge­kon­dig dat hy ’n rol­prent gaan maak. Maar vol­gens I­van­hoe Pic­tu­res in Los An­ge­les het die T­hai­se re­ge­ring hóm ge­kies om die rol­prent te “ont­wik­kel”.

Die naam van Jon M. Chu is ge­noem as re­gis­seur. Hy het laas met I­van­hoe saam­ge­werk aan die ro­man­tie­se ko­me­die Cra­zy Rich A­si­ans.

Kom­mer word reeds uit­ge­spreek dat die rol­prent, in­dien dit nie deur die reg­te men­se ver­vaar­dig word nie, meer op in­ter- na­si­o­na­le hulp sal kon­sen­treer en die rol van die men­se van T­hai­land sal on­der­speel.

Chu sê in hul han­de sal dit nie ge­beur nie. Die ge­beu­re sal met re­spek weer­ge­gee word met die eer waar dit toe­kom.

Te­le­vi­sie gaan hul­le eg­ter een voor wees met die Dis­co­ve­ry-ka­naal wat van­dag reeds ’n uur lan­ge do­ku­men­têr wys wat die wa­re ge­beu­re toon so­ver as wat dit ver­film kon word. Die do­ku­men­têr sal la­ter in Suid-A­fri­ka uit­ge­saai word.

Vol­gens BBC News gaan die grot­te in die noor­de van T­hai­land in ’n mu­seum om­skep word. Daar sal ge­wys word hoe die red­dings­po­ging ver­loop het en hul­le glo dit sal ’n groot toe­ris­te-aan­trek­lik­heid wees.

Die dra­ma­tie­se red­ding van die jong sok­ker­span en hul af­rig­ter het men­se wê­reld­wyd aan­ge­gryp en die vor­de­ring is am­per soos ’n se­pie ge­volg.

Mi­cha­el S­cott, hoof­be­stuur­der van Pu­re F­lix En­ter­tai­n­ment, hou vol dat hul­le ’n rol­prent gaan maak. Vol­gens die maat­skap­py gaan hul­le ’n in­spi­re­ren­de rol­prent maak en nie een met ’n Chris­te­li­ke strek­king nie.

Hy het aan The Hollywood Re­por­ter ge­sê hul­le wil wys wat dap­per­heid be­te­ken en die hel­de van die he­le red­ding eer.

The Wall S­treet Jour­nal sê Pu­re F­lix pro­beer reeds die reg­te ver­kry van die red­ders van die 12 seuns en hul af­rig­ter, wat twee we­ke lank in die T­ham Loe­ang-grot­te vas­ge­keer was en oor­leef het. Dit is een van die groot­ste grot­stel­sels in T­hai­land en is on­der die ber­ge in die om­ge­wing van die klein dor­pie Mae Sai in die noor­de­li­ke pro­vin­sie T­sji­ang Rai op die grens met Mi­an­mar.

Die kin­ders en hul af­rig­ter was hier vas­ge­keer na­dat moe­son­re­ën uit­ge­sak het.

Hul­le is uit­ein­de­lik ge­red dank­sy die span dui­kers en hulp van die T­hai­se re­ge­ring. Een dui­ker is dood in die voor­be­rei­ding vir die red­dings­po­ging.

’n An­der rol­prent wat wê­reld­wye be­lang­stel­ling uit­ge­lok en die ver­beel­ding aan­ge­gryp het, is The 33 oor die C­hi­leen­se myn­ramp in 2010 toe 33 myn­wer­kers 69 dae lank on­der­gronds vas­ge­keer was.

Fo­to: REUTERS

Die T­hai­se seuns in af­son­de­ring in die hos­pi­taal na­dat hul­le ná 17 dae in die grot ge­red is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.