Mi­nis­ters vat CPS vas oor maat­skap­li­ke toe­la­es

Volksblad - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Klag­te is by die po­li­sie in­ge­dien teen werk­ne­mers van Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces (CPS) wat glo al­les moont­lik pro­beer doen om vas te klou aan ’n hoogs wins­ge­wen­de kontrak om maat­skap­li­ke staats­toe­la­es uit te be­taal.

Dit is on­danks ’n be­vel van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof wat dui­de­lik uit­stip­pel dat die kontrak met CPS teen ein­de Sep­tem­ber uit­ge­fa­seer moet wees en dat die Pos­kan­toor en die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) die uit­be­ta­lings­diens moet oor­neem.

Die in­ter­mi­nis­te­ri­ë­le ko­mi­tee wat die uit­fa­se­ring van die CPS-kontrak moet mo­ni­tor, het gis­ter in P­re­to­ria ge­sê CPS-per­so­neel­le­de pro­beer glo by be­taal­pun­te land­wyd om die oor­ska­ke­ling na die Pos­kan­toor te ont­spoor.

Nom­vu­la Mo­ko­ny­a­ne, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, het na­mens die ko­mi­tee ge­sê reg­stap­pe is teen CPS­per­so­neel­le­de ge­doen wat in­meng in die werk van Sas­sa en die Pos­kan­toor se span­ne wat die om­rui­ling van Sas­sa-kaar­te wil af­han­del.

Su­san S­ha­ban­gu, mi­nis­ter van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, het ge­sê CPS het glo meer werk­ne­mers as ge­woon­lik by be­taal­pun­te ge­plaas om kwes­ba­re be­guns­tig­des te pro­beer oor­reed om toe­stem­mings­vorms in te vul so­dat hul­le steeds hul toe­lae deur CPS kan ont­vang.

“Daar is ver­skeie sa­ke aan­han­gig ge­maak.

“Ons het ook die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof in ken­nis ge­stel dat CPS aan­hou om be­guns­tig­des te lok om sy diens-te te ge­bruik.

“Ons het ook vir G­rin­drod Bank (wat bank­diens­te aan die ont­van­gers van Sas­sa-toe­la­es ver­skaf) hof toe ge­neem om­dat hy voort­gaan om on­wet­tig geld van toe­la­es af te trek.”

Die mi­nis­ters het ge­sê die sta­king by die Pos­kan­toor raak nie die uit­be­ta­ling van toe­la­es of die oor­ska­ke­ling na die nu­we Sas­sa-kaart nie.

Die sta­king raak glo net 60% van pos­kan­to­re in K­waZu­luNa­tal en Gau­teng.

Hul­le het weer om ver­sko­ning ge­vra vir die teg­nie­se pro­ble­me wat baie be­guns­tig­des met die Ju­lie-uit­be­ta­lings er­vaar het en sê dié pro­ble­me kry aan­dag.

Mo­ko­ny­a­ne het ge­sê die ko­mi­tee is te­vre­de met die vor­de­ring wat ge­maak is om te vol­doen aan die uit­spraak van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof. Die Pos­kan­toor het meer as 1,8 mil­joen be­guns­tig­des wat kon­tant­toe­la­es deur CPS kry, na die nu­we goue Sas­sa-kaart oor­ge­skuif.

Die res sal teen ein­de Au­gus­tus die nu­we kaart kry. Die goue kaart is vol­gens die mi­nis­ters vei­li­ger en laat nie on­wet­ti­ge of be­drieg­li­ke af­trek­kings vir e­lek­tri­si­teit, sel­foon­lug­tyd of le­nings toe nie. Die ou, wit Sas­sa- en CPS­kaar­te sal van Ok­to­ber af nie meer werk nie.

S­ha­ban­gu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.