‘Re­ge­ring sal steeds grond aan pri­va­te in­di­vi­due ver­koop’

Moei­lik­ste rol nóg, sê ak­tri­se

Volksblad - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die re­ge­ring sal on­danks die hui­di­ge land­wye o­pen­ba­re sit­tings oor grond­ont­ei­e­ning voort­gaan om ge­skik­te staats­grond aan pri­va­te in­di­vi­due en maat­skap­pye vir ont­wik­ke­ling te ver­koop.

Die eer­ste ver­bin­te­nis bly vol­gens Mai­te N­ko­a­naMas­ha­ba­ne, mi­nis­ter van lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en grond­her­vor­ming, eg­ter om sul­ke staats­grond vir grond­her­vor­ming te pri­o­ri­ti­seer.

Dit was in ant­woord (gis­ter be­kend ge­maak) op Len­nox Gae­h­ler, UDM-LP, se par­le­men­tê­re vraag vroe­ër oor of die re­ge­ring in die lig van die hui­di­ge na­si­o­na­le de­bat oor grond­ont­ei­e­ning steeds voort­gaan om staats­grond aan pri­va­te in­di­vi­due of maat­skap­pye te ver­koop.

N­ko­a­na-Mas­ha­ba­ne het ver­der in haar ant­woord ge­sê aan­ge­sien nie al­le staats­grond ge­skik ge­leë is vir her­ver­sprei­ding nie, sal ge­skik­te staats­grond be­skik­baar bly om aan ont­wik­ke­laars ver­koop te word vir dorp­stig­ting waar se­ku­ri­teit van ver­blyf­reg ver­eis word.

Haar de­par­te­ment – soos sy vroe­ër van­jaar in haar be­gro­tings­re­de in die par­le­ment ge­sê het – sal in die hui­di­ge boek­jaar daar­op fo­kus om ne­ge lan­de­li­ke e­ko­no­mie­se so­nes wat aan­vank­lik on­der die a­gripar­ke-pro­gram ge­an­ker was, in be­dryf te stel.

“Die a­gripar­ke-i­ni­si­a­tief sal die ont­wik­ke­ling van om­lig­gen­de ge­bie­de, wat ’n ge­ïn­te­greer­de mens­li­ke ne­der­set­tings­plan in­sluit, ka­ta­li­seer. Staats­grond wat ge­skik ge­leë en be­skik­baar is, sal vir dié doel ge­bruik word.”

Sy het by­ge­voeg dat om ruim­te­li­ke frag­men­ta­sie ver­der af te breek en die oor­be­vol­king van kom­mu­na­le ge­bie­de te ver­lig, sal be­skik­ba­re staats­grond ook ge­tei­ken word om ver­der te bou op die re­ge­rings­pro­gram­me soos die a­gripar­ke.

In­tus­sen het Z­wa­ke­le Mn­cwan­go, DA-lei­er in K­waZu­lu-Na­tal, gis­ter ge­sê sy par­ty het aan die Men­se­reg­te­kom­mis­sie ge­skryf en ge­vra om die mi­nis­ter van lan­de­li­ke ont­wik­ke­ling en grond­her­vor­ming te on­der­soek om­dat die ANC-re­ge­ring se­dert 1994 nie die ver­blyf­reg van so­wat 18 mil­joen men­se op kom­mu­na­le gron­de be­skerm het nie.

Mn­cwan­go het op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in Dur­ban ook ge­sê die on­der­lig­gen­de sen­ti­ment van Suid-A­fri­ka­ners by die o­pen­ba­re sit­tings oor grond­ont­ei­e­ning wat tot dus­ver ge­hou is, is dat grond­her­vor­ming baie vin­ni­ger moet ge­beur.

Die sit­tings word vol­gen­de week in K­waZu­lu-Na­tal en Noord­wes her­vat.

“Dit is eg­ter diep ont­stel­lend dat die ANC en die EFF die hui­di­ge grond­ver­ho­re ge­bruik om steeds vir Suid-A­fri­ka­ners te lieg oor grond­ei­e­naar­skap.

“Die waar­heid is een­vou­dig: Die ANC en die EFF glo dat die s­taat die al­leen­ei­e­naar van grond moet wees en in­wo­ners huur­ders daar­van. Dit be­te­ken dat Suid-A­fri­ka­ners wat die grond­ver­ho­re by­woon in die des­pe­ra­te hoop dat hul­le bin­ne­kort grond­ei­e­naars sal word, geen ver­blyf­reg sal hê nie.”

Vol­gens Mn­cwan­go is die DA hef­tig daar­teen ge­kant om­dat hul­le meen in­wo­ners moet die grond be­sit.

Oor die ANC en die EFF se on­lang­se be­lof­tes aan ver­al die Zoe­loe-ko­ning, Good­will Z­we­li­thi­ni, en die Ing­o­nya­ma-trust dat kom­mu­na­le grond on­der tra­di­si­o­ne­le lei­er­skap nie ty­dens die ont­ei­e­nings­pro­ses ge­raak sal word nie, het Mn­cwan­go ge­sê die DA her­haal dat tra­di­si­o­ne­le lei­ers ’n be­lang­ri­ke rol het om in Suid-A­fri­ka te s­peel en oor grond­sa­ke ge­kon­sul­teer moet word.

“Men­se wat op kom­mu­na­le grond bly, moet eg­ter be­skerm word. Hul­le is van hul grond­reg­te ont­neem wat die Grond­wet en an­der wet-

‘‘ Dit is eg­ter diep ont­stel­lend dat die ANC en die EFF die hui­di­ge grond­ver­ho­re ge­bruik om steeds vir SuidA­fri­ka­ners te lieg oor grond­ei­e­naar­skap.

ge­wing waar­borg.

“Die ANC en EFF is doel­be­wus be­sig om die kwes­sie van se­ker­heid van ver­blyf­reg te ont­duik. Dié kwes­sie moe­nie uit die grond­de­bat ge­laat word as ons ’n vol­hou­ba­re op­los­sing wil vind nie.”

Karel S­choe­man maak haar moeg, sy taal­ge­bruik is moei­lik, maar, sê An­toi­net­te Kel­ler­mann, die teks van Hier­die le­we is beeld­skoon.

Dié ge­vier­de ak­tri­se s­peel op die Vry­staat Kuns­te­fees in die ge­lyk­na­mi­ge so­lo­stuk van dié Hert­zog-be­kroon­de ro­man.

Dis deur Saar­tjie Bo­tha vir die ver­hoog ver­werk om eer te be­toon aan S­choe­man, een van die groot­ste A­fri­kaan­se li­te­rê­re gees­te, wat in 2017 dood is.

“Ek en my man het by die huis ’n ver­sa­me­ling van sy (S­choe­man se) boe­ke. Ons al­bei is gek na sy his­to­rie­se werk. My man sal deur al sy boe­ke wroeg, ek nie. Karel maak ’n mens móég,” be­klem­toon Kel­ler­mann die woord.

“Toe ek hoor daar is ’n moont­lik­heid dat ek hier­die rol gaan s­peel, het ek Hier­die le­we ge­lees en ek kón dit nie neer­sit nie. Jy raak só be­trok­ke by die ka­rak­ters in die werk.”

Kel­ler­man s­peel ’n vrou in haar 70’s wat wag om dood te gaan en deur die her­in­ne­rings van haar on­ver­vul­de le­we gaan.

“Dis die her­in­ne­rin­ge wat haar aan die gang hou. Sy het ge­dien en bin­ne daai raam­werk van be­per­kin­ge ge­leef; ‘al­tyd in die hoek, aan die rand van an­der men­se se le­wens, al­tyd be­sig om te kyk en te luis­ter en te dis­puut’,” haal Kel­ler­mann uit die teks aan.

Kel­ler­mann is vir haar spel in Hier­die le­we op die KKNK met ’n Kan­na-prys as bes­te ak­tri­se ver­eer.

Vol­gens haar is dit die moei­lik­ste van die vier so­lo­ver­to­nings van haar loop­baan.

“As jy as spe­ler ’n so­lo­ver­to­ning doen, kyk jy wat kan jy doen om ’n ka­rak­ter te skep, want daar moet ’n ka­rak­ter of ’n dra­ma­tie­se mo­no­loog wees. Maar hier­die is nie ’n dra­ma­tie­se mo­no­loog nie, daar ge­beur niks (op die ver­hoog nie), die ver­hoog is kaal en een­vou­dig. Jy het niks, geen to­ne­le om aan te haak of ka­rak­ters om aan te skep nie. Die taal­ge­bruik is nie mak­lik nie, dis nie di­a­loog­teks nie, dis li­te­rê­re teks. Hy het ’n ma­nier om sin­ne aan­me­kaar te string son­der lees­te­kens. Ek het op die Woord­fees by ’n praat­jie ’n kort vi­de­o­greep van hom ge­sien. Die ma­nier hoe hy praat, is hoe hy skryf ook.”

Vol­gens die ak­tri­se, wat in die laat 1970’s en vroeë 1980’s vir die des­tyd­se Streeks­raad vir die Uit­voe­ren­de Kuns­te van die Oran­jeVry­staat (Su­kovs) in Bloem­fon­tein ge­speel het, is S­choe­man se be­skry­wings ui­ters fyn.

“Ver­al sy na­tuur­be­skry­wings trek jou in. Ons moes baie fyn kies wat die na­tuur se in­vloed in die stuk is, want dit s­peel ’n ver­skrik­li­ke be­lang­ri­ke rol. Sy (die vrou in die werk) het in die Ka­roo groot­ge­word en be­skryf dit as ’n arm land, bit­ter land, dier­ba­re land.”

■ Hier­die le­we is van­dag om 16:30 en mô­re om 13:30 in die An­dré Hu­gue­net-te­a­ter te sien.

Fo­to:­ THAPELO­ MAPHAKELA

Mai­te N­ko­a­na-Mas­ha­ba­ne

Fo­to: CONRAD BORNMAN

An­toi­net­te Kel­ler­mann sê of­skoon Karel S­choe­man se taal­ge­bruik van Hier­die le­we moei­lik is, is die teks beeld­skoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.