Dan­kie, Suid-A­fri­ka – en prez, sê An­der­son

Volksblad - - Nuus - Si­mon Son­ne­kus

Ke­vin An­der­son is oor­wel­dig deur die on­der­steu­ning wat hy van Suid-A­fri­ka­ners kry na­dat hy Ro­ger Fe­de­rer Woens­dag in ’n mo­nu­men­ta­le stryd op Wimbledon ge­klop en deur­ge­dring het tot die half­eind­stryd van die toer­nooi.

Bru­ce Da­vid­son, woord­voer­der van Ten­nis Suid-A­fri­ka, sê hy het gis­ter ’n paar bood­skap­pe van An­der­son ont­vang waar­in hy dan­kie sê vir al die on­der­steu­ning.

“Dit was ’n taai stryd en hy is baie dank­baar vir die on­der­steu­ning. Hy was ver­al in sy nop­pies dat die pre­si­dent hom, Ra­ven­Klaas­ en en die rol­stoel­spe­ler K­got­hat­so Mont­ja­ne op T­wit­ter ge­luk­ge­wens het. Dit is die eer­ste keer dat ’n pre­si­dent dit doen en dit is fan­tas­ties. Hy is heel­te­mal oor­wel­dig.”

Vol­gens Da­vid­son het An­der­son gis­ter ge­rus om te her­stel voor die half­eind­stryd teen die A­me­ri­ka­ner John I­s­ner.

“Hy het ge­sê hy het Woens­dag ’n lang dag ge­had met al die ver­plig­tin­ge ná die wed­stryd, maar het goed ge­slaap. Hy was gis­ter ont­span­ne. Hy was ’n bie­tjie op die baan, maar het gro­ten­deels tyd saam met sy fa­mi­lie deur­ge­bring en met sy hond gaan stap.”

An­der­son het gis­ter ’n fo­to van sy oe­fe­ning, as­ook ’n fo­to van Wimbledon se Last 8 Club-la­pel­wa­pen, op sy T­wit­ter-pro­fiel ge­laai.

“Dit is el­ke spe­ler se droom om deel te word van die laas­te-agt­klub. Dit is ’n eer om deel te wees van hier­die spe­si­a­le groep,” het hy ge­twiet.

Da­vid­son sê An­der­son se wed­stryd teen I­s­ner sal dalk net so taai, of taai­er, as dié teen Fe­de­rer wees.

“I­s­ner het hul laas­te vyf wed­stry­de ge­wen, so hy het dalk ’n siel­kun­di­ge voor­deel. Aan die an­der kant het Ke­vin moont­lik die bes­te gras­baan­spe­ler uit­ge­ska­kel en I­s­ner het nog nooit in ’n Grand Slam-eind­stryd ge­speel nie, maar Ke­vin het.

“Om­dat al­bei spe­lers so goed kan af­slaan, sal die spe­ler wat af­sla­ne die bes­te kan be­heer en te­rug­slaan, dalk die voor­deel hê in dié wed­stryd,” sê Da­vid­son.

Fo­to: FACEBOOK

Suid-A­fri­ka­ners het in die so­si­a­le me­dia hul on­der­steu­ning vir An­der­son ge­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.