Ge­lief­de VS-ge­nees­heer oor­le­de

Volksblad - - Nuus - A­let van der Walt

Dr. Melt van der S­puy (74), ’n ge­lief­de Vry­staat­se dok­ter wat nog as ’n wa­re huis­arts be­skryf is, is oor­le­de.

Van der S­puy het 42 jaar lank in S­teyns­rus en Se­ne­kal ge­prak­ti­seer.

In­wo­ners van S­teyns­rus be­skryf hom as ’n wa­re le­gen­de en ’n huis­arts soos van ouds – ’n dok­ter wat nog snags sy pa­si­ën­te tuis sou be­soek.

Hy het die af­ge­lo­pe 15 jaar ’n prak­tyk in S­teyns­rus ge­had.

Van der S­puy het in Se­ne­kal ge­woon, maar el­ke dag na S­teyns­rus ge­ry.

“Hy het el­ke dag die 50 km ge­ry, maar ge­sê dit is vir hom so lek­ker om die na­tuur te sien ter­wyl hy ry,” sê sy ont­vangs­da­me, El­ma­rie Mie­nie.

’n Hart­seer Mie­nie sê Van der S­puy het vir sy pa­si­ën­te ge­bid en sou men­se in die nag be­soek sou hul­le hom no­dig hê.

“Hy sou nooit ’n sleg­te woord oor ie­mand sê nie en was ’n wa­re le­gen­de in die dorp,” sê sy.

Hy het ver­al vir die be­jaar­des baie be­te­ken.

Van der S­puy het in A­pril van­jaar te siek ge­word om te werk en hy was in die Kaap om me­die­se ad­vies in te win toe hy oor­le­de is.

Van der S­puy se vrou, Try­sie, sê hy het baie lang ure ge­werk.

“Hy het vir sy pa­si­ën­te ge­leef. Hul­le was sy pas­sie,” sê sy.

Hy was ook baie lief vir mu­siek en lees.

Die Van der S­puy-eg­paar was 46 jaar ge­troud.

Try­sie sê haar man het in Ro­bert­son in die Kaap groot­ge­word, maar was baie lief vir die Vry­staat.

Hy word ook deur d­rie kin­ders, Cor­ne­lia, Pie­ter en Rie­beek, en twee klein­kin­ders oor­leef.

Nog geen be­graf­nis­re­ë­lings is ge­tref nie.

Dr. Melt van der S­puy en sy vrou, Try­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.