SAKP, ANC slaags oor hoë se skor­sing

Volksblad - - Nuus - A­let van der Walt

Die Met­si­ma­ho­lo-mu­ni­si­pa­li­teit in die Noord-Vry­staat is pas weer in ’n be­stuurs­kri­sis ge­dom­pel na­dat die re­ge­ren­de SAKPANC-ko­a­li­sie nie kon oor­een­stem oor die skor­sing van die mu­ni­si­pa­le be­stuur­der nie.

Ar­nol­di du Plooy, ’n DAraads­lid, sê S­te­ven Mo­la­la is as voor­ko­men­de maat­re­ël ge­skors om­dat hy geld wat deur die te­sou­rie se e­ga­li­sa­sie­fonds aan die mu­ni­si­pa­li­teit toe­ge­ken is, nie bin­ne die voor­ge­skre­we tyd­perk be­stee het nie. Dit het daar­toe ge­lei dat die mu­ni­si­pa­li­teit, met Sa­sol­burg, De­neys­vil­le en Oran­je­vil­le as hoof­dor­pe, se gel­de­li­ke toe­ken­ning met R8,7 mil­joen ver­min­der is.

Mo­la­la het ook d­rie kon­trak­te op ’n maan­de­lik­se grond­slag ver­leng son­der dat hy mag­ti­ging ge­had het om dit te doen.

Die SAKP het saam met die op­po­si­sie­par­tye, die DA, EFF en VF Plus, ge­stem dat Mo­la­la ge­skors moet word.

Die ANC het eg­ter ge­wei­er om die ver­ga­de­ring oor Mo­la­la se skor­sing by te woon, maar daar was ge­noeg raads­le­de teen­woor­dig om ’n kwo­rum te vorm en sy skor­sing is goed­ge­keur.

Du Plooy sê Mo­la­la is ge­skors om­dat hy moont­lik in die on­der­soek teen hom kan in­meng, maar hy sal sy vol­le sa­la­ris ont­vang, han­gen­de die on­der­soek. Die on­der­soek moet bin­ne d­rie maan­de af­ge­han­del word.

Die pro­vin­si­a­le re­ge­ring het die Met­si­ma­ho­lo-raad in 2017 ont­bind na­dat die be­gro­ting nie goed­ge­keur kon word nie om­dat geen par­ty in die raad ’n groot ge­noeg meer­der­heid ge­had het nie.

In No­vem­ber is ’n tus­sen­ver­kie­sing uit­ge­skryf en die SAKP het die eer­ste keer kan­di­da­te teen die ANC ge­stel. Die SAKP het d­rie se­tels ver­o­wer en die hui­di­ge bur­ge­mees­ter, Lin­di­we Ts­hong­we, is ’n SAKP-raads­lid.

Die SAKP, ANC en ’n ko­a­li­sie van klei­ner ge­meen­skap­s­par­tye re­geer die mu­ni­si­pa­li­teit.

Ace Ma­gas­hu­le, voor­ma­li­ge Vry­staat­se p­re­mier, het Dins­dag ge­sê die ANC en SAKP leer as al­li­an­sie­ven­no­te uit hul fou­te en maak aan­pas­sings waar hul­le kan na­dat die SAKP se ad­junk­se­kre­ta­ris, Sol­ly Ma­pai­la, die na­week ge­sê het die SAKP kan dalk ’n nu­we po­pu­lê­re front stig om aan vol­gen­de jaar se al­ge­me­ne ver­kie­sing deel te neem as die al­li­an­sie nie op ’n nu­we werks­wy­se kan oor­een­kom nie.

Du Plooy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.