D­rie die­we jaag met R2 500 se pe­trol by vul­sta­sie weg

Volksblad - - Nuus - An­dré Da­mons

Die po­li­sie in Bloem­fon­tein is op soek na d­rie brand­stof­die­we wat hou­ers by ’n vul­sta­sie bui­te die stad vol ge­maak en met R2 500 se pe­trol weg­ge­jaag het.

Die mans het Woens­dag om­streeks 21:45 in ’n blou Volks­wa­gen Golf met die re­gis­tra­sie­nom­mer HBX 431 FS by ’n vul­sta­sie in Man­de­la View op­ge- daag en die pe­trol­jog­gie op­drag ge­gee om ses 20 li­ter-hou­ers vol te maak.

Na­dat die pe­trol­jog­gie die kan­ne vol ge­maak het, het die mans hom ge­vra om iets vir hul­le te gaan haal. Ter­wyl hy weg was, het hul­le weg­ge­jaag, het sers. I­ko­beng Hlu­bi, po­li­sie­woord­voer­der, gis­ter ge­sê.

Hul­le het in die rig­ting van Bloem­fon­tein ge­jaag. Re­ak­sie­be­amp­tes en die po­li­sie kon hul­le nie op­spoor nie. Nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie. ’n Klag van dief­stal word on­der­soek. E­nig­een met in­lig­ting word ge­vra om 08600 10111 te ska­kel of die naas­te po­li­sie­kan­toor te kon­tak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.