Die ver­ha­le wat men­se bind . . .

Volksblad - - Kommentaar - Lin­die Koorts

Die af­ge­lo­pe week was daar ’n nuus­sto­rie wat my vas­ge­na­el ge­hou het: Dié van die T­hai­se seuns en hul sok­ke­r­af­rig­ter wat in ’n oor­stroom­de grot vas­ge­keer was.

Ek het a­sem op­ge­hou toe die ge­waag­de red­dings­po­ging van sta­pel ge­stuur is, en my­self kort-kort be­trap dat ek vir hul­le skiet­ge­bed­jies op­stuur.

Groot was die ver­lig­ting toe al­mal won­der­baar­lik ge­red is.

Ek was nie die e­nig­ste een wat deur­gaans die nuus­web­wer­we dop­ge­hou het om te sien hoe die red­dings­po­ging vor­der nie – die ver­haal van die seuns in die grot het die wê­reld aan­ge­gryp.

Men­se het hul­self in die seuns se skoe­ne ge­plaas, en ve­le ou­ers het hul­le in­ge­dink hoe dit moet voel as húl kin­ders on­der­gronds vas­ge­keer sou wees.

Em­pa­tie, die ver­moë om jou voor te stel hoe an­der in ’n ge­ge­we si­tu­a­sie moet voel, is iets wat ons as men­se u­niek maak.

Dit bring ook die bes­te in die mens na vo­re. In die ge­val van die T­hai­se seuns het taal- en na­si­o­na­li­teits­gren­se nie in die pad van die red­dings­po­ging ge­staan nie – kun­di­ges van oor die wê­reld heen het saam­ge­span om die kin­ders te red.

In ’n wê­reld wat met die­pe ver­deeld­he­de te kam­pe het, is sul­ke ver­ha­le soms brood­no­dig.

Dit laat die vraag ont­staan: Kan ons ver­ha­le vind om ver­deel­de ge­meen­skap­pe saam te bind? Vir ’n his­to­ri­kus is so ’n vraag iet­wat pro­ble­ma­ties.

Ons het al ge­sien hoe mak­lik dit neig in die rig­ting van “na­sie­bou”, waar dit dik­wels daar­oor gaan om mag en mags­heb­bers te dien. Dán word ver­ha­le oor­ver­een­vou­dig en ver­ro­man­ti­seer, in so ’n ma­te dat dit by­na mi­ties klink.

Vir his­to­ri­ci gaan dit eer­der daar­oor om die veel­kan­tig­heid van e­ni­ge ge­ge­we ver­haal uit te lig, en die kom­plek­si­teit van die ver­le­de te be­gryp.

Daar­in lê die sleu­tel: Ons soek na be­grip, nie na oor­deel nie.

Dit help ons om raak te sien dat daar ver­ha­le is wat oor gren­se heen strek en ook dat daar oor­een­koms­te is tus­sen die on­der­skeie ge­meen­skap­pe se ver­ha­le.

My eie na­vor­sing han­del oor A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me, maar wan­neer ek die koe­ran­te lees, en sien wat swart na­si­o­na­lis­te kwyt­raak, kan ek nie an­ders as om ver­ge­ly­kings te tref nie.

Na­si­o­na­lis­me ver­an­der van haar, maar nie van kleur nie.

Dit be­te­ken daar is ge­noeg gron­de en oor­een­koms­te om me­kaar se ver­ha­le te kan ver­staan. Kry ons dit eg­ter reg?

As ek kyk na be­rig­te oor die sit­tings oor grond­ont­ei­e­ning wat tans plaas­vind, kom dit vir my voor dat daar baie op­ge­krop­te woe­de en frus­tra­sie is, en ’n be­hoef­te om ge­hoor te word – maar dat die klo­we so groot is dat we­der­syd­se be­grip moei­lik te vind is.

Dit is ’n te­ma wat hom die laas­te paar jaar al in ons o­pen­ba­re dis­koers her­haal.

Dit her­in­ner my aan ’n le­sing deur prof. Pum­la Go­bo­do-Ma­di­ki­ze­la wat ek ’n paar jaar ge­le­de by­ge­woon het. Sy is ’n siel­kun­di­ge, wat by die Waar­heid-en­ver­soe­nings­kom­mis­sie (WVK) be­trok­ke was.

Sy het ver­tel van die Gu­gu­let­hu-Se­we, wie se moe­ders voor die WVK ge­tuig het. By die­self­de sit­ting het die ma van ’n ge­stor­we troe­pie ook ge­tuig. Die se­we vroue het haar om­hels. Want, het hul­le ge­sê toe Go­bo­do-Ma­di­ki­ze­la hul­le daar­oor vra, die taal van die baar­moe­der spreek tot hul­le.

Sul­ke ver­ha­le, waar ons ons ge­deel­de mens­wees kan ont­dek en na me­kaar kan uit­reik, gee ’n mens hoop.

Dit laat my dink aan die woor­de van ’n be­vel­voer­der van die T­hai­se vloot die af­ge­lo­pe week: “Daar was net ’n klein bie­tjie hoop, maar dit was al waar­mee ons kon werk.”

■ Lin­die Koorts is ’n his­to­ri­kus ver­bon­de aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.