Moe­de­loos-hart­seer oor ver­val van Sand

Volksblad - - Kommentaar -

C­har­les Kot­zé, Bloem­fon­tein

Dit is ge­rui­me tyd dat ek die Sand du P­les­sis-te­a­ter laas be­soek het.

Dins­dag was ek toe as deel van die Vry­staat Kuns­te­fees-pro­gram weer daar vir die by­wo­ning van F­len­nie die sna­re, aan­ge­bied deur Chris C­ha­me­le­on en an­de­re.

En wat ’n ont­nug­te­ring – nie wat die ver­to­ning be­tref nie, maar die hui­di­ge toe­stand van die Sand, een van Bloem­fon­tein se eer­tyd­se sie­ra­de.

In die eer­ste plek moes ons voor die in­gang na die par­keer­ge­bied on­der die ge­bou in om­draai om­dat nie daar ge­par­keer kon word nie.

Met die op­stap boon­toe kon ek al my oë nie glo nie: Die trap­pe was let­ter­lik vuil en dui­de­lik vir we­ke nie ge­vee nie. Blom­bak­ke s­taan vol dooie plan­te.

Die ge­bou bin­ne toon ook al dui­de­lik te­kens van on­ver­sorg­de ver­val.

Ty­dens die ver­to­ning moes die fees­gan­gers die bit­ter­koue trot­seer – die ver­hit­ting­stel­sel wat se­ker­lik ver­on­der­stel is om daar te wees, was bui­te wer­king.

Die pro­gram was goed, maar die op­koms was swak. Ek neem aan men­se sien een­vou­dig nie meer kans om e­nig­iets in die Sand by te woon nie en ek neem hul­le ook nie kwa­lik nie.

Dié te­a­ter sien my nie weer nie, ten­sy iets dras­ties aan die on­der­houd en ver­sor­ging van die ge­bou ge­doen word.

Dit is se­ker maar net nog ’n voor­beeld van die ver­val en ag­ter­uit­gang van ver­al ons mid­de­stad en van ons he­le prag­ti­ge land.

Dit maak ’n mens moe­de­loos­hart­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.