Ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding bar­re werk­lik­heid

Volksblad - - Kommentaar -

Da­vid Se­cha­ba K­hai­le

Op 28 No­vem­ber 1991 het ek die voor­reg ge­had om ’n gas­spre­ker te wees op ’n toe­ken­ning­se­re­mo­nie by Tau­rus Ko­öp­, ’n wit stoet­plaas bui­te Bloem­fon­tein in die eer­tyd­se Oran­je-Vry­staat, om op­ge­lei­de plaas­ar­bei­ders (ge­di­plo­meer­de in­se­mi­neer­ders) te mo­ti­veer. Dan­kie aan Pe­ter Ha­mil­ton, my gas­heer, ’n boer wat na my me­ning in­sig ge­had het en daar­die tyd pro­gres­sie­we en li­be­ra­le den­ke om­arm het. Ver­der, ge­grond op my na­graad­se kwa­li­fi­ka­sie in maat­skap­li­ke be­leid, glo ek dat ek ook skryf van­uit ’n oog­punt as syn­de ’n swart man wat in my jeug­ja­re op ’n plaas met ’n wit ei­e­naar groot­ge­word het.

As maat­skap­li­ke en ver­he­we u­ni­ver­se­le kon­struk, is grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding ’n bar­re werk­lik­heid en ge­niet geen oor­gangs­klou­su­le van e­ni­ge aard so­dat dit on­der e­ni­ge om­stan­dig­he­de on­be­paald on­der die mat in­ge­vee mag word nie, het­sy vir e­ko­no­mie­se, po­li­tie­ke of per­soon­li­ke oor­we­gings. Dit is die wil van die men­se, en hul­le, nie die po­li­ti­ci nie, is on­ge­dul­dig.

Trans­for­ma­sie, ge­sien as trau­ma­ties en de­sta­bi­li­se­rend deur die­ge­ne wat dit teen­staan, word voor­ge­skryf deur ver­an­de­ring in den­ke, ruim­te en tyd. Dus be­hoort die vraag nie te wees of grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding ooit sal plaas­vind nie, maar eer­der wán­neer dit sal plaas­vind. Be­hal­we vir die ge­brek aan be­plan­ning en toe­wy­ding om dit in wer­king te stel, moes dit gis­ter plaas­ge­vind het. Die mas­sas grond­lo­ses het ge­praat, en hul stem is ’n tsoe­na­mi wat nooit te­rug­ge­rol kan word nie. Dit is ook ’n voort­snel­len­de trein wat sis­te­ma­ties kan ont­spoor, of op ’n lang, reg­uit en nou, maar e­ga­li­ge, koers kan bly wat aan die Ja­pan­se koe­ël­trein her­in­ner.

My raad aan dié ge­slag wit boe­re is ge­grond op die eer­ba­re, hu­ma­nis­tie­se i­dee van kom­mu­na­lis­me. Dit be­hoort nie vir hul­le vreemd te wees nie, om­dat dit bloot in­kor­po­ra­sie is, die pre­sie­se kon­sep en bestaan wat hul­le so pas­sie­vol oor die ja­re om­hels het en aan­lei­ding ge­gee het tot krag­ti­ge en­ti­tei­te soos Sen­traal-Wes, San­lam, die Land­bank en San­tam.

Wan­neer hul­le wet­tig ge­de­fi­ni­eer­de hek­ta­re/grond­ge­deel­tes aan hul plaas­ar­bei­ders toe­ken – nie huur­grond of an­der­sins nie – sal hul­le hul­le be­mag­tig om ei­e­naar­skap en ti­tel­ak­tes te kry, ter­wyl grond aan al­mal wat dit be­werk, be­hoort. Grond, soos ’n e­ko­noom te­reg be­toog, is die p­ri­mê­re bron van ryk­dom.

Die vy­and van som­mi­ge is die diep­ge­wor­tel­de en on­deur­dag­te a­part­heids­i­dee dat die grond­lo­se plaas­ar­bei­ders en -be­wo­ners ty­de­li­ke be­soe­kers is wat self be­sit word en met ’n gril af­ge­sit kan word; dat hul­le “min­der as die bo­me en die s­ter­re is en nie ’n reg het om hier te wees nie”.

Daar­om spoor ek die s­taat aan, ce­te­ris pa­ri­bus, om er­ken­ning te ver­leen aan die wit boe­re met ver­siend­heid, wat ja­re ge­le­de in ver­skil­len­de vor­me en ge­daan­tes met die kon­sep be­gin eks­pe­ri­men­teer het en suk­ses­vol was, en hul­le met in­sen­tie­we te be­loon.

Die al­ter­na­tief is te aak­lig om aan te dink, nie slegs vir die meer­der­heid boe­re en ar­bei­ders nie, maar vir al­mal wat d­rie maal­tye per dag as van­self­spre­kend aan­vaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.