Gay pre­di­kant laat vaar sa­ke

Volksblad - - Ontleding - Ja­na B­rey­ten­bach

Ná meer as agt jaar het ds. Eccle­sia de Lan­ge, voor­ma­li­ge gay pre­di­kant van die Me­to­dis­te­kerk, die stryd­byl be­gra­we.

In ’n roe­ren­de ver­kla­ring sê De Lan­ge waar­om sy haar aan­soek om ver­skeie van haar sa­ke in die ar­bi­tra­sie­hof en ge­lyk­heids­hof te laat her­sien, laat vaar.

De Lan­ge, wat in

2009 met haar le­wens­maat, Me­la­nie

Ca­se, ge­trou het, is as pre­di­kant af­ge­dank om­dat sy met ie­mand van die­self­de ge­slag ge­trou het.

Sy het in 2010 die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­na­der en tot in die hoog­ste hof in die land ge­veg om in haar amp her­stel te word.

Sy was pre­di­kant van die Me­to­dis­te­ker­ke Brac­ken­fell en Wind­sor­park in Kraai­fon­tein toe sy eers ge­skors en la­ter ont­slaan is. Die kerk het ge­sê hy er­ken net he­te­ro­sek­su­e­le hu­we­li­ke.

“Na­dat ek baie ge­bid het, het ek tot die be­sluit ge­kom om my aan­soe­ke in die ho­we te laat vaar,” lui haar ver­kla­ring.

Sy het vier re­des ge­gee vir haar be­sluit. Eer­stens het sy ge­sê was die af­ge­lo­pe meer as agt jaar vir haar baie pyn­vol. Sy moes die ver­wer­ping en die be­sluit van die Me­to­dis­te­kerk aan­vaar.

T­wee­dens het die hof­sa­ke niks vir haar of an­der le­de van die les­bie­se, gay, bi­sek­su­e­le en trans­gen­der-ge­meen­skap ge­bring nie. De Lan­ge glo as die sa­ke ver­der ge­neem is, sou dit net ver­de­re skei­ding en nie ver­soe­ning bring nie.

Laas­tens meen sy die kerk het die ver­moë om be­ter ge­sprek­ke oor die kwes­sie van hu­we­li­ke tus­sen men­se van die­self­de ge­slag te han­teer en te aan­vaar.

‘‘ Na­dat ek baie ge­bid het, het ek tot die be­sluit ge­kom om my aan­soe­ke in die ho­we te laat vaar,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.