Tot­siens, kos­ba­re kul­tuur

Volksblad - - Ontleding -

Daar is nou in Suid-A­fri­ka die nei­ging om van die ver­le­de ont­slae te wil raak, sê Ian P­re­to­ri­us van die Stig­ting Si­mon van der Stel. Nog ’n voor­beeld hier­van is die stand­beeld van M.T. S­teyn op die kam­pus van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat.

Die on­der­houd met Ian P­re­to­ri­us (53) vind plaas in die Kom­pan­jies­tuin. Hier waar ons nou sit met eek­ho­rings wat on­der die bo­me en om die stand­beel­de van Ce­cil John R­ho­des en Jan S­muts rond­spring, en die klank van wil­de een­de in ons ore, het Jan van Rie­beeck kort ná sy aan­koms in 1652 ’n groen­te­tuin laat aan­lê.

Die an­der stuk­kie ko­lo­ni­a­le ver­le­de wat op hier­die Kaap­se win­ter­dag aan­we­sig is, is ge­se­tel in die naam van die be­wa­rings­or­ga­ni­sa­sie waar­van P­re­to­ri­us die voor­sit­ter is, naam­lik die Stig­ting Si­mon van der Stel wat op­tree as ’n druk­groep vir die be­wa­ring en re­stou­ra­sie van “ons er­fe­nis wat van na­si­o­na­le kul­tuur­his­to­rie­se, ar­gi­tek­to­nie­se en es­te­tie­se waar­de is”.

Die on­der­houd word ge­voer teen die ag­ter­grond van ’n ver­kla­ring wat on­langs deur die Suid-A­fri­kaan­se A­ka­de­mie vir We­ten­skap en Kuns uit­ge­reik is. Daar­in sê die A­ka­de­mie in die laas­te ja­re het meer as 50 van die land se 210 mu­seums tot niet ge­gaan en nóg 50 ver­keer in ge­vaar.

“Daar is ver­al in­ter­na­si­o­naal ’n ge­wel­di­ge op­le­wing in pri­va­te mu­seums en dit lyk vir my am­per as­of die s­taat sy funk­sie van kuns­be­waar­der vir die na­sie ef­fens be­gin ver­loor en dat dit na die be­son­der wel­ge­stel­de in­di­vi­du oor­gaan,” sê P­re­to­ri­us.

Vol­gens P­re­to­ri­us is een van Suid-A­fri­ka se be­lang­rik­ste kuns­ver­sa­me­lings, die Mi­cha­e­lis-ver­sa­me­ling wat bestaan uit kuns­wer­ke van 17de-eeu­se mees­ters uit die Ne­der­land­se Goue Era soos Frans Hals, Jan S­teen, Ja­cob van Ruis­da­el en An­to­nie van Dyck, nou al “’n be­son­de­re lang tyd” nie meer vir die pu­bliek toe­gank­lik nie.

Die Ou Bur­ger­huis op Groen­te­mark­plein, waar dit ja­re lank ge­huis­ves is en ’n groot toe­ris­te­aan­trek­lik­heid was, is ge­sluit en die ver­sa­me­ling word nou in die SA Na­si­o­na­le Kuns­ga­le­ry ge­berg.

“Daar is net ’n no­ta op die deur wat sê: Ty­de­lik ge­sluit tot ver­de­re ken­nis­ge­wing. Ons het ’n brief aan die de­par­te­ment van o­pen­ba­re wer­ke ge­stuur om uit te vind wat met die ge­bou ge­beur, maar nog geen ant­woord ge­kry nie.”

Hy wys daar­op dat die SA Na­si­o­na­le Kuns­ga­le­ry hier aan die bo­kant van die Tui­ne in die ja­re 90 “ge­wél­di­ge ver­an­de­rings” on­der­gaan het om sy ver­sa­me­ling meer van ’n A­fri­ka-ver­sa­me­ling te maak.

“En my ar­gu­ment is: Daar is plek daar­voor, maar ons het ook ’n wón­der­li­ke Suid-A­fri­kaan­se ou mees­ters-ver­sa­me­ling wat nou ge­ïg­no­reer word en ek is se­ker daar is be­staans­ruim­te vir al­bei.”

Hy meen al die be­wa­rings­rol­spe­lers moet saam­werk om op­los­sings te vind.

“Ek dink daar is goeie ge­sprek­voe­ring no­dig om met in­te­res­san­te nu­we i­dees vo­ren­dag te kom van hoe ons ons kul­tuur kan uit­leef en kan be­hou.”

P­re­to­ri­us het as kind by die Stig­ting Si­mon van der Stel be­trok­ke ge­raak.

“Ek het op Pot­chef­stroom skool­ge­gaan en daar­die ja­re het die stig­ting se Pot­chef­stroom-tak ’n baie goeie jeug­pro­gram ge­had. Ek het op ho­ër­skool aan ’n op­stel­kom­pe­ti­sie van hul­le deel­ge­neem, waar­in jy moes skryf oor ou ge­boue en waar­om jy dink dit be­waar moet word, en ek het ’n prys ge­wen.

“En van toe af het ek al­tyd aan hul­le uit­stap­pies deel­ge­neem en toe ek op S­tel­len­bosch kom stu­deer het, het ek daar by hul­le aan­ge­sluit. Toe ek ’n werk in Kaap­stad as ’n stads­be­plan­ner kry, het ek weer hiér by die tak aan­ge­sluit.

“En na­tuur­lik, soos met al hier­die or­ga­ni­sa­sies, suk­kel hul­le om bo wa­ter te bly. Jong men­se raak nie be­trok­ke nie en ons le­de is aan die ou kant.

“Jy sal dit by al die or­ga­ni­sa­sies hoor – die Volks­bou­kun­di­ge Ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka het die­self­de soort pro­bleem. Ook men­se soos die Sen­trum vir die Boek en die Van Rie­beeck-Ver­e­ni­ging suk­kel. Een het al ge­vou – die FAS, Fi­ne Arts and De­co­ra­ti­ve So­cie­ty of Ca­pe To­wn, moes weens ’n te­kort aan le­de toe­maak.”

P­re­to­ri­us het 12 jaar vir die des­tyd­se Wes-Kaap­se pro­vin­si­a­le ad­mi­nis­tra­sie as stads­be­plan­ner ge­werk.

“Daar het ek nog­al báie te doen ge­had met be­wa­ring want ek was in die plat­te­land op dor­pe soos M­cG­re­gor en Ro­bert­son en Wor­ces­ter, en al daar­die plek­ke waar daar ’n gróót be­hoef­te is aan men­se wat ken­nis van be­wa­ring het. S­tads­be­plan­ners word nie oor die al­ge­meen op­ge­lei in daar­die as­pek­te nie en ek het nog­al baie be­trok­ke ge­raak by wat hul­le des­tyds es­te­tie­se ko­mi­tees ge­noem het.”

Is die tra­di­sie van be­wa­ring en mu­seums soos wat dit tot uit­druk­king kom in die groot Eu­ro­pe­se en A­me­ri­kaan­se kuns­ver­sa­me­lings en ar­gi­tek­to­nie­se be­siens­waar­dig­he­de, nie ’n hoof­saak­lik We­ster­se een nie?

“Nee, ek dink nie so nie. On­ge­luk­kig s­peel geld ’n ge­wel­di­ge groot rol; in­dien ’n land nie geld het om kul­tuur te be­waar nie, dan suig dit on­ge­luk­kig aan die ag­ter­speen en word dit as ’n luuk­se be­skou.

“In­he­rent is ons al­mal nuus­kie­rig; ons wil al­mal weet: Wát doen an­der men­se? Hoe leef hul­le? Ons wil na hul­le huis­mu-seums gaan kyk en ons wil sien wat se kuns pro­du­seer hul­le. Ons wil weet: Hoe is jy an­ders as ek?

“Ek het nou on­langs weer in Pa­rys ge­sien hoe­veel men­se by die Not­re Da­me wil in­gaan. Waar­om? Net om­dat dit hier­die on­gelóóf­li­ke ou his­to­rie­se ge­bou is en jy wil die ge­skie­de­nis vóél en jy wil iets van die Fran­se psi­ge ont­dek mis­kien. En ek is se­ker jy sou dit in Wind­hoek en Tim­boek­toe ook wou doen . . . in­dien dit be­skik­baar was.”

Chris Bur­gess, hoof van Me­dia24 se land­bou­pu­bli­ka­sies, het in ’n ru­briek ge­skryf die voor­ge­stel­de nu­we ont­ei­e­nings­wet het be­trek­king op el­ke Suid-A­fri­ka­ner en dat e­nig­iets, nie net grond nie, in­ge­vol­ge daar­die wet ont­ei­en sal kan word.

Ek vra P­re­to­ri­us of hy meen so ’n wet hou ’n ge­vaar in vir se­ke­re kul­tuur­goe­de­re.

“Dis ’n bie­tjie van ’n moei­li­ke een . . . Maar my ge­dag­tes spring nou na die oor­log in Si­rië waar I­sis hier­die won­der­li­ke an­tie­ke stad Pal­my­ra groot­liks ver­nie­tig het . . . Kom dit nie al jár­re met die mens­dom saam nie? Dat dit wat ons be­reik het in die le­we, wat vir ons waar­de­vol is en kul­tu­reel ver­fynd deur ’n an­der na­sie weg­ge­neem en ver­nie­tig word.

“As jy kyk na die Fran­se re­vo­lu­sie – die mees­te toe­ris­me wat Frank­ryk tans trek, hou juis ver­band met dit wat hul­le wou ver­nie­tig. Hul­le het Lo­de­wyk en Ma­rie An­toi­net­te van hul troon af­ge­haal en ont­hoof, maar ons wil al­mal van­dag gaan kyk na hier­die fan­tas­tie­se pa­lei­se soos Ver­sail­les en die wón­der­li­ke beel­de en on­gelóóf­li­ke meu­bels wat al­les uit ko­nings­hui­se kom, nè. Dit fas­si­neer ons nog steeds. Ons gaan nie, om dit nou kru te stel, na plak­kers­kam­pe kyk nie, ons gaan kyk na goed wat ons óp­hef.”

Die oor­win­naars ta­kel die ge­skie­de­nis en na­la­ten­skap af van die­ge­ne wat hul­le oor­win het?

“Ja. Die C­hi­ne­se is ook daar­deur met Mao en die kul­tu­re­le re­vo­lu­sie. Nou koop hul­le ten dúúr­ste hul eie kuns te­rug.”

P­re­to­ri­us, wat as stok­perd­jie ’n an­tiek­win­kel be­dryf, het ’n groot lief­de vir ou Kaap­se meu­bels.

“Ons het ons eie meu­bel­kuns ont­wik­kel en ek is se­ker die kuns­ken­ners gaan vir jou sê die Suid-A­fri­kaan­se S­kool het ook iets an­ders. So waar­om ba­suin ons dit nie uit en wys dit vir die men­se en maak men­se meer be­wus daar­van nie? Dis eint­lik on­ge­loof­lik as jy dink – in ’n kort tyd­perk het ons ’n u­nie­ke ar­gi­tek­tuur ont­wik­kel hier in die Kaap; ons het ons eie taal ont­wik­kel, meu­bel­kuns. So dis eint­lik ’n baie u­nie­ke kul­tuur­skat wat ons het.”

Maar dit word nie meer as kos­baar be­skou nie.

“En tog is dit be­son­der re­le­vant want dit het ook toe­ris­me­waar­de, daar lê báie krag in toe­ris­me. Ons kan rê­rig geld maak met toe­ris­me, ons moet dit net op die reg­te ma­nier han­teer. Ek is se­ker die al­ge­me­ne Eu­ro­pe­ër stel baie be­lang in hoe­kom is ons hier en hoe het ons ont­wik­kel en wat kan ons wys van ons ver­le­de. Ons hoef nie al­les te ver­po­li­ti­seer nie.”

Die groot uit­stal­ling wat ver­le­de jaar in die Ri­jks­mu­seum in Am­ster­dam ge­hou is om die ver­hou­ding tus­sen Ne­der­land en Suid-A­fri­ka se­dert die ko­lo­ni­a­le tyd uit te beeld, is uit som­mi­ge oor­de ge­kri­ti­seer om­dat dit nie die ge­skie­de­nis van swart (in die breë sin van die woord) men­se vol­doen­de uit­ge­beeld het nie. Ek pols P­re­to­ri­us daar­oor. “Daar ís nie baie tas­ba­re kul­tuur­pro­duk­te nie. Kyk nou hoe be­lang­rik is be­wa­ring – as jy nie iets het om te wys nie, het jy niks om te ver­tel nie. Dis soos ’n boek in ’n bi­bli­o­teek – jy moet hom net gaan oop­maak en hom be­gin lees. Ek sê al­tyd ou ge­boue is ook so; hul­le in­spi­reer ’n mens en jy kan meer van hul­le leer as hul­le daar is, maar as hul­le nie meer daar is nie, is dit ver­lo­re, is dit ver­by.”

Kom­mer bestaan in be­wa­rings­krin­ge oor die toe­stand van die Kas­teel De Goe­de Hoop. Ha­we­lo­se men­se woon by­voor­beeld op die on­ver­sorg­de gras­per­ke voor die mu­re en maak snags daar­teen vuur.

“Die Stig­ting VOC on­der meer is re­de­lik be­kom­merd oor die Kas­teel. Hul­le het ook vir ons [Stig­ting Si­mon van der Stel] daar­oor ge­na­der. Ek weet daar is ’n aan­soek ge­doen om ’n hei­ning om die Kas­teel aan te bring spe­si­fiek om die oor­nag­sla­pers daar uit te hou, en ons moes kom­men­taar le­wer daar­op om te sorg dat dit ’n sim­pa­tie­ke hei­ning is en dat dit nie ’n ne­ga­tie­we im­pak op die om­ge­wing het nie. Ons was heel te­vre­de met die voor­stel­le, maar blyk­baar het een of an­der er­fe­nis­kon­sul­tant ge­sê dit is nie ’n sim­pa­tie­ke hei­ning nie en die he­le spul het toe nou tot ’n halt ge­kom.”

Waar­aan skryf hy dit toe dat nie erns ge­maak word met die be­wa­ring van dié ge­skied­kun­di­ge ge­bou nie?

“Ek dink dit het ’n baie sterk po­li­tie­ke on­der­toon. Die Kas­teel word se­ker be­skou as die begín van die el­len­de waar men­se aan­ge­hou is en waar men­se van hul grond ont­neem is. Dit is ’n ba­ken van ko­lo­ni­a­lis­me.”

Is an­der Suid-A­fri­ka­ners se ge­skie­de­nis in die ver­le­de on­der­ver­teen­woor­dig en af­ge­skeep?

“Jong, die We­ster­ling is ge­neig om baie meer tás­ba­re kul­tuur­skat­te te ont­wik­kel waar die A­fri­kaan ’n meer mon­de­lin­ge kul­tuur het, so ek weet nie . . . Ons s’n is net meer sig­baar en dis mis­kien waar­om daar nou ge­dink word dat die an­der kul­tu­re af­ge­skeep is, maar hul­le het nie ’n vrees­li­ke sig­ba­re kul­tuur so­ver dit my ken­nis strek nie.

“Maar dit is be­son­der be­lang­rik om ’n plek soos die Kas­teel te be­hou as ’n her­in­ne­ring van wat in die ver­le­de ge­beur het. Dís waar­om ons be­waar, want dit is deel van ons ge­heue. Maar daar is on­ge­luk­kig nou die nei­ging in Suid-A­fri­ka om van die ver­le­de te wil ont­slae raak . . . stand­beel­de ver­dwyn en ver­sa­me­lings word nie meer in stand ge­hou nie.”

'n S­tuk­tuur is op­ge­rig om ver­by­gan­gers te dwing om te dink oor die M.T. S­teyn-beeld op die kam­pus van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat, die plek waar die beeld nou s­taan en die be­te­ke­nis daar­van met die oog op die on­der­soek oor die toe­koms van die beeld op die UV-kam­pus.

Fo­to’s: JA­CO MA­RAIS

Ian P­re­to­ri­us, voor­sit­ter van die Stig­ting Si­mon van der Stel, met op die ag­ter­grond een van sy guns­te­ling-ge­boue waar­in die Sen­trum vir die Boek ge­huis­ves word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.