Cla­rens vier S­wit­ser­se ban­de

Van jo­del tot kar­na­val­spe­le­tjies op fees

Volksblad - - Kontrei - Sis­ka Mar­tin

Of dit nou Cla­rens in die OosVry­staat, Suid-A­fri­ka, is of Cla­rens in Mon­treux, S­wit­ser­land, al­bei dor­pe is in skil­der­ag­ti­ge mooi om­ge­wings ge­leë.

Suid-A­fri­ka se Cla­rens lê knus in die ska­du van die Ma­lu­ti­berg­reeks. Die S­wit­ser­se Cla­rens is aan die een kant aan die voet van die Al­pe en aan die an­der kant is die Genè­ve-meer.

Die Oos-Vry­staat­se dorp kry na­tuur­lik sy naam van die S­wit­ser­se Cla­rens – só ge­noem na­dat p­res. Paul Kru­ger en­ke­le we­ke hier ge­woon en op 14 Ju­lie 1904 hier oor­le­de is.

Be­ne­wens hier­die ge­skied­kun­di­ge ver­bin­te­nis tus­sen die dor­pe is Cla­rens (Mon­treux) ook be­trok­ke by werk­skep­ping in die plaas­li­ke Cla­rens. Om hier­die band tus­sen die dor­pe te vier word die S­wit­ser­se na­si­o­na­le dag op 4 Au­gus­tus in die OosVry­staat­se dorp ge­vier.

Die i­ni­si­a­tief Ge­sa­ment­li­ke Ker­ke in Ak­sie (CCIA) bestaan uit tien klein ker­ke in Cla­rens wat saam­werk om ’n ver­skil in die le­we van men­se in nood te maak.

In 2016 het die groep be­sluit om die hoë werk­loos­heid in die ge­meen­skap aan te pak deur be­roeps­op­lei­ding te ver­skaf. Al­le plei­dooie om borg­skap­pe, waar­van hul­le af­hank­lik is, het mis­luk.

“Ein­de­lik het ons by ons twee­ling­dorp in S­wit­ser­land aan­ge­klop om hulp en die bur­ge­mees­ter van Mon­treux (die mu­ni­si­pa­le ge­bied waar­in Cla­rens ge­leë is), mnr. Lau­rent Wehr­li, het ons plei­dooi be­ant­woord met ge­noeg geld om aan die gang te kom,” sê Ge­or­ge van der Mer­we, wat die fees saam met sy vrou, B­ren­da, or­ga­ni­seer.

“Se­dert­dien het ons weer ’n by­drae ont­vang en ons eer­ste d­rie toer­gid­se is pas op­ge­lei. Ons kon ook ons meer as 200 kwes­ba­re kin­ders vir ’n jaar voed en help om kin­der­ver­sor­gers op te lei. Een jong en­tre­pre­neur is ook op die been ge­help.”

Wehr­li het in­tus­sen die S­wit­ser­se am­bas­sa­deur in Suid-A­fri­ka, He­le­ne Bud­li­ger Ar­tie­da, van Cla­rens ver­tel en sy wou ook kom kyk wat in Cla­rens aan­gaan. Wehr­li en Ar­tie­da gaan al­bei die vie­ring hier by­woon.

Die CCIA het toe be­sluit om som­mer ’n fees­ge­leent­heid daar­van te maak en die sa­me­wer­king van die sko­le in en om die dorp en die ge­meen­skap is ge­kry. Die S­wit­ser­se koor van Jo­han­nes­burg, met jo­del en al­pe­ho­ring en al, gaan ook op­tree.

Hoe­wel die S­wit­ser­se na­si­o­na­le dag eint­lik op 1 Au­gus­tus is, gaan dit voort­aan in die Vry­staat­se Cla­rens op die na­week daar­na ge­vier word om nie met die amp­te­li­ke vie­ring te bots nie en so­dat meer men­se dit kan by­woon.

Vol­gens Ge­or­ge het hul­le eg­ter be­sef ’n groe­pie ker­ke kan nie ’n an­der land se na­si­o­na­le dag or­ga­ni­seer en aan­bied nie. “Daar­om het ons Ko­pa­no (sa­me­voe­ging in Se­so­tho) ge­skep. Dit bring som­mer al­les by­me­kaar: Cla­rens kwa­draat, ons (his­to­ries ver­deel­de) ge­meen­skap en al die be­soe­kers wat iets be­son­ders wil be­leef.”

Ge­or­ge sê die CCIA het groot plan­ne en droom van ’n s­kool wat vak­leer­lin­ge op­lei soos dit ook in S­wit­ser­land ge­doen word.

“Ons wil graag ’n kook­skool be­gin en ook al ons diens­per­so­neel in gas­te­hui­se en re­stau­ran­te deeg­lik op­lei. Ons dun­lug­sen­trum (“high al­ti­tu­de trai­ning cen­t­re”) moet ein­de­lik Suid-A­fri­ka se O­lim­pie­se kam­pi­oe­ne op­le­wer.”

Fee­s­na­week

Die fees be­gin op Sa­ter­dag 4 Au­gus­tus om 09:00 op die dorps­plein.

Die amp­te­li­ke pro­gram is op die ver­hoog ter­wyl meer as 60 pro­duk­stal­le­tjies en meer as ’n do­syn kar­na­val­spe­le­tjies in ’n la­er­om die ver­hoog sa­ke doen. Al­le pro­duk­te is hand­ge­maak en plaas­lik. Aan die ein­de van die pro­gram gaan 18 kuns­wer­ke van plaas­li­ke kuns­te­naars op­ge­veil word.

Kin­ders van die La­er­skool Cla­rens gaan Ros­si­ni op die ma­rim­bas s­peel en die blaas­or­kes van Mount Ara­rat A­pos­to­lic gaan die trom­pop­pies be­ge­lei. Die Chris­te­li­ke S­kool Dihla­beng gaan dans op die maat van ’n ge­dig en groot op­win­ding heers oor die Wil­helm Tell-kuns­kom­pe­ti­sie in al vyf la­er­sko­le.

Op 5 Au­gus­tus om 09:30 tree die S­wit­ser­se koor in die NG kerk Cla­rens op en om 13:00 kom al die ker­ke op die plaas­li­ke sta­di­on by­een vir ’n ge­beds­by­een­koms.

Bel Ge­or­ge by 082-466-5410 vir meer in­lig­ting.

Fo­to: SIS­KA MAR­TIN

’n Dam in die be­wa­rings­ge­bied aan die bui­te­wy­ke van Cla­rens, Vry­staat

Fo­to: VER­SKAF

Cos­mos N­ka­bin­de wys die kar­na­val­spe­le­tjies in wor­ding. Meer as ’n do­syn sul­ke spe­le­tjies gaan op die fees­dag ge­speel word.

Fo­to: VER­SKAF

S­hokg­wa Mo­koe­na is een van die toer­gid­se in Cla­rens wat dank­sy die S­wit­ser­se sken­king op­ge­lei is.

Fo­to: WWW.WIKILOC.COM

Cla­rens in Mon­treux, S­wit­ser­land

Fo­to: VER­SKAF

Die S­wit­ser­se koor in Suid-A­fri­ka gaan op die vie­ring van die S­wit­ser­se na­si­o­na­le dag in Cla­rens op­tree. Die koor gaan tra­di­si­o­ne­le S­wit­ser­se mu­siek maak en help sing aan die S­wit­ser­se volks­lied in Frans.

Fo­to: WWW.CLARENSINFO.CO.ZA

Cla­rens in die Vry­staat

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.