‘Pre­si­dent se por­no-ster’ vas

Volksblad - - Wêreld -

Die ont­klee­dan­ser S­tor­my Da­niels is in heg­te­nis ge­neem, het haar regs­ver­teen­woor­di­ger be­kend ge­maak.

Dié dan­ser en por­no-ster, wat be­trek word by ’n seks­skan­daal met p­res. Do­nald Trump van A­me­ri­ka na­dat sy be­weer het sy het in 2006 ’n sek­su­e­le ver­hou­ding met hom ge­had, is in ’n ont­kleeklub in Co­lum­bus, O­hio, in heg­te­nis ge­neem.

Haar pro­ku­reur, Mi­cha­el A­ve­nat­ti, het ge­sê die in­heg­te­nis­ne­ming is “po­li­ties ge­mo­ti­veer”.

Hy het ge­sê sy het niks ge­doen wat sy nie ge­woon­lik oor die land heen op ver­hoë doen nie.

Vol­gens CNN is sy aan­ge­keer in­ge­vol­ge ’n wet in O­hio wat men­se nie toe­laat om ie­mand wat half­kaal of kaal is in die o­pen­baar aan te raak nie.

Sy het blyk­baar toe­ge­laat dat men­se aan haar vat ty­dens haar ver­to­ning.

A­ve­nat­ti het ge­sê hul­le is in ’n lok­val ge­lei en dat die aan­ra­king “glad nie sek­su­eel van aard was nie”.

Hy het ge­sê dit “stink na des­pe­raat­heid” en dat hul­le al­le “vals aan­klag­te” sal be­veg.

Sy is op borg­tog van $6 054 vry­ge­laat en sal van­dag weer in die hof ver­skyn om aan­ge­kla te word, het CNN be­rig.

Da­niels, wie se reg­te naam S­te­pha­nie C­lif­ford is, voer aan sy is $130 000 deur Trump se pro­ku­reur be­taal om niks oor haar ver­hou­ding met hom te sê nie.

Sy het eg­ter aan­soek ge­doen om ’n hof­be­vel wat haar oor­een­koms met Trump sal uit­wis om­dat dit haar reg op vry­heid van spraak be­perk.

A­ve­nat­ti ver­teen­woor­dig ook van die Suid-A­me­ri­kaan­se ge­sin­ne wat in ’n hof­stryd met die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring ge­wik­kel is oor die skei­ding van ge­sin­ne by die A­me­ri­kaan­se grens met Mex­i­ko.

Fo­to: AP

S­tor­my Da­niels

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.