Im­mi­gran­te met hul kin­ders her­e­nig in VSA

Volksblad - - Wêreld - – Reuters

Die A­me­ri­kaan­se re­ge­ring het on­der­neem dat on­wet­ti­ge im­mi­gran­te uit Mex­i­ko wat daar­voor kwa­li­fi­seer teen gis­ter op die laat­ste met hul kin­ders her­e­nig sou wees.

Die kin­ders is op die grens van hul­le af weg­ge­neem en a­part aan­ge­hou – som­mi­ge maan­de lank.

’n A­me­ri­kaan­se reg­ter het be­veel kin­ders jon­ger as vyf moes al teen Dins­dag met hul ou­ers her­e­nig word, maar daar is nog ge­sin­ne wat wag.

Van die ou­ers is eg­ter al ge­de­por­teer, het ’n mis­daad­ge­skie­de­nis of is om ’n an­der re­de nie ge­skik om met hul kind of kin­ders her­e­nig te word nie.

So­wat 2 300 kin­ders is van hul ou­ers ge­skei in­ge­vol­ge die Trum­pre­ge­ring se be­leid van geen ge­na­de nie ra­ken­de on­wet­ti­ge im­mi­gra­sie.

On­ge­veer 60 van die kin­ders is jon­ger as vyf. Die be­leid is in Ju­nie ná mas­sa­be­to­gings daar­oor op­ge­hef.

Die re­ge­ring moes ook teen gis­ter ’n vor­de­rings­ver­slag by die reg­ter in­dien.

Die Ka­to­lie­ke Kerk, wat ge­help het om die kin­ders te ver­sorg, het ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie in New York ge­hou waar­op van die ou­ers wat met hul kin­ders her­e­nig is, ge­praat het.

“Ek is bly om uit­ein­de­lik weer by my kind te wees. Ek sal nie weer van hom ge­skei word nie, maak nie saak wat nie,” het ’n hart­seer Ja­vier (30) van Hon­du­ras ge­sê. Hy is ná 55 dae met sy vier­ja­ri­ge seun her­e­nig. “Dit was die erg­ste tyd van my le­we.”

Net die voor­na­me van die im­mi­gran­te is be­kend ge­maak.

P­res. Do­nald Trump het Dins­dag op T­wit­ter die De­mo­kra­tie­se Par­ty vir die ge­brek­ki­ge im­mi­gra­sie­stel­sel die skuld ge­gee.

Die re­ge­ring het ge­sê die op­ont­houd is om­dat hy suk­kel om die ou­ers wat vry­ge­laat is op te spoor, om die vol­was­se­nes se ag­ter­grond na te gaan of om ou­er­skap te be­ves­tig.

Fo­to: REUTERS

I­sa­be­la, ’n a­siel­soe­ker van El Sal­va­dor, na­dat sy met haar 17-ja­ri­ge dog­ter her­e­nig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.