Ge­loof­stoets: Hoe glo jy in die week?

Volksblad - - Kommentaar -

As jy die Son­dag reg deur­bring, het dit ’n le­wens­ver­an­de­ren­de ef­fek op jou. Is dit eg­ter ’n bly­wen­de ef­fek? Jy het die son­de laat rus, en jy het die Hei­li­ge Gees se werk in jou er­vaar – die Gees wat jou her­in­ner aan al Chris­tus se woor­de.

MAAR: Kan jy dit wat Son­dag deur God se Woord en sy Gees in jou be­reik is, Maan­dag tot Sa­ter­dag voort­sit?

Dit is die uit­da­ging vir jou ge­loof: Om wat jy Son­dag be­gin het, Maan­dag voort te sit!

Dit be­hels dat jy die eer van God sal bly soek in jou daag­lik­se werk, al is dit skool­werk; dat jy die lief­de en ver­ge­wens­ge­sind­heid sal toe­pas in jou hu­we­lik en in jou ge­sin; dat jy die eer­lik­heid en op­regt­heid be­hou tus­sen jou vrien­de en kol­le­gas.

’n Son­dag-Chris­ten gee aan “kerk­men­se” ’n sleg­te naam. ’n Vol­week-Chris­ten geen aan “kerk­men­se” ge­loof­waar­dig­heid en dit maak Chris­tus se lief­de ’n werk­lik­heid in ’n dik­wels lief­de­lo­se wê­reld.

So wag jy nie eers om in die he­mel te kom voor­dat jy God dien nie, maar be­gin jou diens aan Hom reeds in hier­die le­we.

Daar­om moet ons el­ke weeks­dag bid­dend be­gin en in ge­loof aan­pak. El­ke dag word ’n klein Sab­bat waar­in jy die He­re dien in al­les wat jy doen.

Is dit wat jy Son­dag in die spie­ël van God se Woord ge­sien het, die werk­lik­heid wat die wê­reld Maan­dag van jou woor­de en da­de sien?

– Ds. Chris­to van Vuur­en, Hart­bees­poort, Uit: Dag­stuk­kies van die Ge­re­for­meer­de Ker­ke in Suid-A­fri­ka, In u lig.

▶ Uit die Woord: Daar­om moet jul­le al die se­de­li­ke vuil­heid en on­ge­reg­tig­heid op­ruim wat so we­lig tier, en oot­moe­dig die woord aan­neem wat God in jul­le ge­plant het, want dié woord kan jul­le red. Jul­le moet doen wat die woord sê en dit nie net aan­hoor nie . . . Maar ie­mand wat hom ver­diep in die vol­maak­te wet wat ’n mens vry maak, en hom daar­aan hou en nie ver­geet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal ge­luk­kig wees in wat hy doen. – Jak. 1:21-25

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.