Waar­om koop win­kels dié swak groen­te aan?

Volksblad - - Kommentaar -

Jaap, Ken­rid­ge

’n Ge­bak­te aar­tap­pel, dalk met ge­smel­te kaas, ’n skep­pie suur­room of ’n pi­kan­te sou­sie kan heel smaak­lik wees saam met bief­stuk of oond­ge­bak­te vis.

Jy soek dus tus­sen die win­kel se ge­was­te los aar­tap­pels ’n paar mooi­es uit.

Ge­woon­lik sien ’n mens nie uit­ge­loop­te aar­tap­pels tus­sen hul­le nie. Dié wat in sak­kies is, het dik­wels ’n paar uit­ge­loop­te aar­tap­pels in.

Maar o wee, by­na elk­een van die los aar­tap­pels is tot am­per in die helf­te met ’n graaf raak­ge­steek.

’n Graaf waar­mee ge­spit word, kan mos on­moont­lik nie skoon wees nie. Aar­tap­pels word tog se­ker­lik net bo­langs ge­was, nie tot in die ke­pe nie.

Wat kry ’n mens dus al­les pa­sel­la saam met jou ge­sond­heid uit die grond uit? Hoe­kom koop win­kels sul­ke groen­te? Hul­le kan mos die graaf­mer­ke dui­de­lik sien. Of kry die groot win­kels dit am­per ver­niet?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.