Sier­li­ke ka­me­lia staat­ma­ker vir die tuin

In my kus­tuin groei ’n pienk ka­me­lia langs ’n ko­ker­boom, kooi­goed, ga­ring­bo­me, aal­wy­ne, ’n half­mens en ver­skil­len­de vet­plan­te. Ek wil haar daar uit hê en ver­waar­loos haar erg. Ek het haar al ve­le ke­re ge­dreig met af­kap of weg­gee, want ek dink nie sy’s ’n

Volksblad - - Naweek+ - AN­NA CELLIERS @Leef­styl24

Om dié groot struik of klein boom­pie met die mooi naam ka­me­lia, saak­lik te be­skryf as ’n sier­li­ke im­mer­groe­ne van C­hi­na en Ja­pan met was­ag­ti­ge blom­me, laat hoe­ge­naamd nie reg ge­skied aan dié prag­ti­ge en sta­ti­ge win­ter­blom­men­de plan­te nie.

Dis by­kans vir die leek on­moont­lik om die plan­te vol­gens hul hi­bried­na­me uit te ken – nie met meer as 3 000 be­noem­de hi­brie­de wê­reld­wyd nie! Wan­neer ons hul­le plant, is dit maar meest­al vol­gens die blom­vorm – daar is en­kel, se­mi-dub­bel, a­ne­moon­vorm, pi­oen­vorm, dub­be­le­roos­vorm en for­meel-dub­bel en dan ver­skil die groot­te van die blom­me ook nog dras­ties tus­sen hi­bried en hi­bried – som­mi­ges is ’n he­le hand­vol en an­der meer pe­tit. Om hul­le te pro­beer uit­ken vol­gens kleur gaan ook nie werk nie, want so­veel ver­skil­len­de vorms van wit, bleek­wit, sag­te pienk, hel­der­pienk, skok­pienk, waat­le­moen­pienk, lig­rooi tot baie diep ta­ma­tie­rooi gaan jou kop laat draai en dan is daar nog dié met bal­da­di­ge kleur­spat­sels en uit­staan­de goud­geel stuif­meel­dra­de ook.

Dis so dat baie “ou­tyd­se” strui­ke (soos by­voor­beeld ka­me­li­as) oor die laas­te paar jaar ’n bie­tjie uit die mo­de is – se­ker maar om­dat hul­le ef­fens moei­li­ker en sta­di­ger is om van steg­gies te kweek

en ’n paar jaar neem om be­mark­baar te word. Bui­te sei­soen en son­der die prag­ti­ge blom­me gaan hul­le on­ge­waar­deer bly staan in die kwe­ke­ry­ba­ne, ten­sy ie­mand spe­si­fiek op soek is na ene en ’n spe­si­fie­ke hi­bried­naam ken. Tog is ka­me­li­as (Ca­mel­lia ja­po­ni­ca) van die ge­hard­ste tuin­strui­ke vir ver­al baie ryp­ge­teis­ter­de koue en “moei­li­ke” kli­ma­te.

K­week­ge­booie

■ Plant­plek: Vol­son tot ska­du. Og­gend­son en mid­dag­ska­du is i­de­aal­. Ka­me­li­as hou daar­van om in die spik­kel­ska­du­wee van groot bo­me te groei, maar as die ska­du te diep is, sal hul­le min­der blom. Plant hul­le aan die ran­de van boom­wou­de.

■ Grond: Ka­me­li­as hou van suur­grond, maar is meer ge­dul­dig as by­voor­beeld a­za­le­as met ’n ho­ër pH. Voeg suur- of grow­we kom­pos in die plant­gat en ver­skaf al­tyd ’n dek­laag van veen of den­ne­naal­de. In­dien jy die plan­te móét hê, maar die grond is on­moont­lik vir suk­ses, plant hul­le in pot­te. Ka­me­li­as hou van grond wat goed drei­neer. Gra­we ’n geil plant­gat, maak hom vol wa­ter en as jy die vol­gen­de dag met klam grond sit en nie pap mod­der nie, kan jy ge­rus plant.

■ Wa­ter: Die plan­te is oor die al­ge­meen me­di­um- tot hoë wa­ter­ver­brui­kers wat hou van koel, klam grond, maar wil nie aan­hou­dend sop­nat voe­te hê nie. As hul­le wel goed ge­ves­tig het, vra hul­le ver­stom­mend min wa­ter, soos my ka­me­lia al be­wys het!

■ Be­mes­ting en s­noei: Ka­me­li­as is hon­ger plan­te – ont­hou hul­le moet baie e­ner­gie hê om die mas­sas blom­me wat hul­le maak te on­der­steun. Die ge­heim is ’n do­sis sta­dig vry­stel­len­de kuns­mis in die laat­len­te wan­neer hul­le af­blom en ’n dun dek­laag van goed ver­rot­te kom­pos wat die grond bly voed. Die wor­tels is re­de­lik vlak, so moe­nie die dek­laag te dik maak nie, vul dit eer­der ge­reeld aan – net dik ge­noeg om die grond koel en re­de­lik klam te hou tot jy weer wa­ter gee, is goed ge­noeg. Die plan­te is ge­neig om baie dig te groei, wat swak lig tot ge­volg het en blom­vor­ming be­ïn­vloed. S­noei ge­rus ná die blom­tyd die plan­te se bin­ne­tak­ke lig­gies uit en ook e­ni­ge slor­di­ge, of te geil groei waar­van jy nie hou nie. In die ge­val van yl plan­te kan taam­li­ke kwaai snoei­werk ook help om nu­we groei aan te moe­dig.

Pas op hier­voor

Blom­knop­pies wat bot toe bly en af­val, ge­beur soms en is te wy­te aan ’n paar fak­to­re:

■ Te min of te veel wa­ter – ’n paar maan­de voor die plan­te moet blom en ter­wyl hul­le blom is ge­reel­de, diep wa­ter ui­ters be­lang­rik.

■ Skerp kon­tras­te in weers­toe­stan­de waar­aan jy niks kan doen nie – daar’s al­tyd ’n vol­gen­de keer!

■ Te veel blom­me – die plant is slim ge­noeg om ont­slae te raak van par­ty.

■ Oor­voe­ding in die ver­keer­de sei­soen . . . ont­hou, dit moet in die len­te ge­doen word.

In ’n neu­te­dop

■ Per­fek vir koue kli­ma­te.

■ Groot raam­werk­strui­ke.

■ Lief­li­ke kleur in die win­ter.

■ Ne­tjies in die so­mer met don­ker­groen, glan­sen­de loof.

Om ’n ka­me­lia saak­lik te be­skryf as sier­li­ke im­mer­groe­ne was­ag­ti­ge blom­me laat hoe­ge­naamd nie reg ge­skied aan dié prag­ti­ge en sta­ti­ge win­ter­blom­men­de plan­te nie.

An­na se dank­ba­re ka­me­lia.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.