Man­gaung 1ste; pak Tshwa­ne nou in eind­stryd

Volksblad - - Sport - Ann­chen Nel

Die net­bal­spe­lers van Pot­chef­stroom het op hart­ver­skeu­ren­de wy­se ’n plek in die eind­stryd van die Suid-A­fri­kaan­se toer­nooi in Port E­li­za­beth met en­ke­le doe­le mis­ge­loop.

Die span­ne van dr. Ken­neth Kaun­da, Tshwa­ne van P­re­to­ria en Man­gaung van Bloem­fon­tein het gis­ter­mid­dag al­mal op 16 liga­pun­te klaar­ge­maak en hul doel­ge­mid­del­des moes be­paal wie in van­dag se eind­stryd speel.

Kaun­da moes in sy laas­te wed­stryd teen Kaap­stad 86 doe­le aan­te­ken en die Ka­pe­naars ver­hoed om meer as 32 doe­le te be­haal. Hy het ein­de­lik met 83-39 ge­wen.

Man­gaung het Nel­son Man­de­la­baai met 62-34 ge­klop, maar dit was sy reu­se-oor­win­ning van 106-20 oor Bo­ja­na­la vroeg­og­gend wat hom met ’n kort­kop in die eer­ste plek laat klaar­maak het. Tshwa­ne het taai­er teen­stand ge­had teen die Kaap­se Wyn­lan­de en het na­el­skraap met 28-27 deur­ge­skuur.

Groot oor­win­nings oor die span van Sa­rah Baart­man is ge­skrap na­dat die Oos-Kaap­se span Don­der­dag ont­trek het.

Ná Don­der­dag se wind moes die spe­lers gis­ter bit­te­re koue en re­ën trot­seer – en boon­op hoë tel­lings na­jaag.

Dit is ’n be­son­de­re pres­ta­sie dat Man­gaung dit op ’n glad­de baan kon ver­mag.

Van­dag se laas­te wed­stry­de is na die bin­nens­hui­se ba­ne van die Nel­son Man­de­la Me­tro­po­li­taan­se U­ni­ver­si­teit se Mis­si­on­va­le-kam­pus ge­skuif.

Al­hoe­wel ’n flou son­ne­tjie teen gis­ter­mid­dag ge­skyn het, word swaar re­ën vir van­dag ver­wag. Die ont­trek­king van span­ne het mee­ge­bring dat Af­de­ling A op ’n rond­om­ta­lie-ba­sis be­slis is, pleks van in twee groe­pe. Daar was dus geen half­eind­ron­de nie en die voor­ste twee span­ne sou in die eind­stryd speel.

Die Bloem­fon­tei­ners het ge­weet dat hul­le tei­kens moes jaag, sê Bur­ta de Kock, hul af­rig­ter.

“Dit kon e­ni­ge kant toe ge­gaan het. Dit was ’n har­de week. Tien wed­stry­de in ’n week is kwaai. Die ly­we is seer en dit is gees­te­lik ook taai.

“Ons het boon­op ver­le­de week in die Us­sa-toer­nooi ge­speel.”

Die Vry­sta­ters be­sef ’n taai eind­stryd wag. De Kock sê haar op­drag aan haar span sal wees om bal­be­sit te be­hou. “En wees trots en dap­per.”

Die Vry­staat het laas in 2013 die na­si­o­na­le ti­tel ge­wen.

■ Kaun­da en Wyn­lan­de sal me­kaar in die uit­speel­stryd om die der­de plek pak.

■ TV: Van­dag om 11:00 op SS 10.

Fo­to: REG CALDECOTT

S­ha­di­ne van der Mer­we van Tshwa­ne (links) en Hé­le­ne S­teyn van die Kaap­se Wyn­lan­de gryp al­bei gis­ter op ’n nat baan na ’n nat bal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.