Wis­sel­val­li­ge Haaie het eie bed op­ge­maak

Volksblad - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Dit is eint­lik ’n heel reg­ver­di­ge weer­spie­ë­ling van die Haaie se Superrugby-sei­soen dat hul lot in dié reeks met die aan­vang van die laas­te ron­de van groep­wed­stry­de nie meer in hul eie han­de is nie.

Hoe som ’n mens ’n span op wat slae toe­ge­dien is deur die Re­bels en die Bul­le, ge­lyk­op ge­speel het teen die Wa­ra­tahs in Dur­ban, teen die Brum­bies ver­loor het en ter­self­der­tyd die Blu­es oor­see ge­klap het, in ’n na­el­byt­stryd teen die Hur­ri­ca­nes in Wel­ling­ton ver­loor het en teen die High­lan­ders en C­hiefs ge­wen het? On­ge­loof­lik wis­sel­val­lig. ’n Span wat on­ge­loof­lik on­be­sten­dig is, ver­dien on­ge­luk­kig nie se­ker­heid oor ’n plek in die kwart­eind­ron­de nie.

Ver­al nie ’n span wat we­mel van jong S­pring­bok­ke en ta­lent­vol­le spe­lers soos die Haaie nie.

Hul­le het van­jaar ’n paar groot wed­stry­de ge­speel en daar­om sal dit ge­pas wees as die High­lan­ders die Re­bels van­dag klop, die Haaie dan die Ja­gua­res in Dur­ban ver­slaan en so­doen­de die agt­ste plek op die pun­te­lys be­spreek.

Die Haaie het ook ’n paar ui­ters vrot ver­to­nings ge­le­wer en daar­om sal dit óók reg­ver­dig wees as hul­le die sei­soen in die ne­gen­de plek af­sluit.

Maar klop die High­lan­ders wel van­og­gend die Re­bels, sal die Haaie van­dag in hul laas­te Superrugby-wed­stryd van­jaar op Kings­park teen die Ja­gua­res moet be­wys waar­om hul­le daar­op ge­reg­tig is om op ’n vlieg­tuig na Chris­t­church te klim en die Cru­sa­ders in die kwart­eind­ron­de te gaan pak.

Die goeie nuus vir die Haaie is dat Ma­rio Le­des­ma, die Ja­gua­res se uit­ge­sla­pe af­rig­ter, van sy sleu­tel­spe­lers ’n rus­kans gun vir dié stryd.

Die Ar­gen­ty­ne is reeds ver­se­ker van ’n plek in die kwart­eind­ron­de, so voor­keur­spe­lers soos die los­ska­kel, Ni­co­las San­chez, die slot Guido Pet­ti, die ha­ker A­gus­tin C­ree­vy en die heel­ag­ter E­mi­li­a­no Bof­fel­li sit al­mal op die plaas­ver­van­gers­bank.

Tog is die Ja­gua­res steeds ge­dug.

Die Haaie se S­pring­bok-ska­kel­paar van Ro­bert du P­reez en Lou­is S­chreu­der sal die wed­stryd moet be­heer – dít is on­on­der­han­del­baar.

Wat ook on­on­der­han­del­baar is, is dat die Haaie die Ja­gua­res voor­langs sal moet boe­lie.

Doen hul­le dít en die rug­by­go­de is hul­le in Du­ne­din goed­ge­sind, kan hul­le hul staal vir die wed­stryd van hul le­we in Chris­t­church teen die on­ge­naak­ba­re ver­de­di­gen­de kam­pi­oen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.