Speel vir hond, nie hals­band

Leeus wil wen én drieë druk

Volksblad - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Hier­die is die laas­te hoof­stuk. Gaan skryf ’n goeie sto­rie.

Dít is die bood­skap wat S­wys de Bruin, die hoof­af­rig­ter van die Leeus se rug­by­span, vir sy spe­lers het voor van­dag se laas­te li­ga­wed­stryd in die Su­per­reeks teen die Bul­le op El­lis­park in Jo­han­nes­burg.

Die laas­te deel van die sei­soen het vir die span van die Goud­stad aan­ge­breek en hul­le sal teen die Bul­le mo­men­tum wil kry vir die uit­klop­ron­des.

“Ons het vir ons­self doel­wit­te ge­stel vir die laas­te deel van die sei­soen,” sê De Bruin.

Een daar­van is om die lig­a­fa­se af te sluit as die span wat die mees­te drieë ge­druk het.

Die Leeus het nou reeds 71 drieë in­ge­ryg, met die Wa­ra­tahs (70) en die Cru­sa­ders (69) wat aan hul hak­ske­ne byt.

Wan­neer die Leeus van­mid­dag op die veld draf, sal hul­le weet wat hier­die twee ver­naam­ste me­de­din­gers om die “drie­druk­ti­tel” ge­doen het en hoe­veel vyf­pun­ters hul­le sal moet aan­te­ken om bo te ein­dig.

Tog sal die Leeus daar­teen moet waak dat dit vir hul­le eer­der om die hals­band­jie as die hond sal gaan. Hul­le is juis in die vo­ri­ge ne­der­laag teen die Haaie ge­kri­ti­seer dat hul­le té veel vir drieë wou gaan eer­der as om na die tel­bord te kyk.

Die ver­naam­ste taak is om se­ker te maak hul­le klop die Bul­le en be­ding vir hul­le die bes­te moont­li­ke po­si­sie op die uit­ein­de­li­ke pun­te­lys.

Deur ’n ob­ses­sie te hê om drieë te druk, kan hul oog van die ge­heel­beeld af­ge­haal word. “Die Bul­le het ’n op­skiet-ver­de­di­ging­stel­sel, maar ons wil drieë druk en het ’n plan om dit reg te kry,” sê die Leeus-kap­tein, War­ren W­hi­te­ley.

“Ek sien die Bul­le se af­rig­ter (John Mit­chell) sê dat hy weet hoe ons speel en dat hy ook weet hoe om ons te klop.

Ek glo dit sal ’n in­te­res­san­te krag­me­ting wees,” re­ken De Bruin.

Die af­we­sig­heid van die Bul­le se S­pring­bok-los­ska­kel, Han­dré Pol­lard, is ’n groot slag vir die span van P­re­to­ria. In die wed­stry­de waar­in hul­le goed ge­wen het, was hy die ar­gi­tek en hy is on­ge­twy­feld die voor­ste los­ska­kel in die land. Dit is jam­mer dat sy twee­stryd met El­ton Jan- tjies nou nie meer ’n werk­lik­heid sal word nie.

Bloot met die oog ge­skat, be­hoort die Leeus te se­ë­vier met die gro­ter diep­te wat hul­le het, maar ons het nou al ge­woond ge­raak daar­aan dat die SuidA­fri­kaan­se span­ne die ge­woon­te het om me­kaar ’n streep te trek wan­neer dit in lands­be­lang be­ter sou wees dat die an­der span wen.

Bas­ta met die so­ge­naam­de lands­be­lang, sal die Bul­le sê, en bloot daar­op in­ge­stel wees om pret­be­der­wers in die Leeu­kuil te wees.

Fo­to’s: GALLO IMAGES

El­ton Jan­tjies

Ma­nie Lib­bok

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.