Twee­oud-pêl­le­skuif­hul­vriend­skap­op­ag­ter­grond­

Volksblad - - Sport - O­wen­ Kock

Twee skool­maats wat as kan­ne­tjies op Son­dae op hul tuis­dorp raak­rug­by ge­speel het, het se­ker nie ge­dink hul­le sal een­dag daar in ’n na­si­o­na­le eind­stryd speel nie.

Maar dis pre­sies wat nou met die G­rie­kwas se flank De Wet Kru­ger en die Pu­mas se Je­an­dré Ru­dolph (ook ’n flank) gaan ge­beur wan­neer hul span­ne mô­re in Oudts­hoorn in die eind­stryd van die Su­perS­port-uit­daag­reeks gaan krag­te meet.

“Wie sou dit ooit kon raai? Dit is lek­ker om te sien ou­tjies saam met wie jy op la­er­skool (Wes­bank in Oudts­hoorn) was en Son­dae tou­chies ge­speel het vaar ook goed.

“Ons was al­tyd saam in span­ne en hy is ’n be­si­ge spe­ler op die veld. Hy gaan my op my to­ne hou, maar ek sien uit na die uit­da­ging,” sê Kru­ger (26).

Hy is een van ne­ge spe­lers in die Pou­blou­es se ge­le­de­re wat in hul twee­de Su­perS­port-eind­stryd speel. Hul­le het in 2017 teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie in Kaap­stad ver­loor.

“Ons het ge­leer om voor dié eind­stryd nie so baie druk op ons­self te plaas nie. Die mees­te van ver­le­de jaar se spe­lers is nog hier, so ons het nou die on­der­vin­ding van ’n eind­stryd en hoe om dit te be­na­der.”

Hy sê om as kam­pi­oen be­kroon te word, sal hul­le die Pu­mas se bal­dra­ers moet stuit en hul rol­maal­be­we­gings moet keer voor dit aan die gang kom.

“Ons is ge­fo­kus op wat ons moet doen om te wen. Ons het ’n af­ge­ron­de ag­ter­lyn en ek wil hê hul­le moet ma­gic maak in Oudts­hoorn,” sê Kru­ger.

B­rent Jan­se van Rens­burg, Pu­mas se brei­er, sê hul huis­werk is ge­doen. “G­rie­kwas hou daar­van om met bal in die hand, teen ’n hoë tem­po te speel. Hul­le het goeie sen­ters wat weet hoe om af te rond. Hul­le gaan lê nooit nie en veg tot die bit­ter ein­de en dis wat ons ook sal moet doen,” sê hy. ■ Be­to­gers het die G­rie­kwas se bus gis­ter­og­gend met hul ver­trek na Oudts­hoorn met klip­pe be­stook. Hul­le is on­der po­li­sie­be­ge­lei­ding uit Kim­ber­ley.

Fo­to: CHRIS­TI­AAN CLOE­TE

Moe­nie­ dat­ De­ Wet­ Kru­ger,­ G­riek­was-flank,se­ glim­lag­ jou­ flou­snie.­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.