WB-eind­stryd: Bar­ker en Fish se geld op Frank­ryk

Volksblad - - Sport -

Frank­ryk sal te veel skiet­goed hê vir Kro­a­sië in mô­re se Wê­reld­be­ker-eind­stryd, meen twee hel­de van die e­nig­ste Ba­fa­na Ba­fa­na-span wat al as A­fri­ka-kam­pi­oen ge­kroon is.

C­li­ve Bar­ker, Ba­fa­na se af­rig­ter toe hul­le die A­fri­ka­be­ker in 1996 ge­wen het, en Mark Fish, een van dié span se ster­re, sê al­bei Frank­ryk be­hoort mô­re in Mo­s­kou die Wê­reld­be­ker ’n twee­de keer te wen. Al­bei stem eg­ter saam dat baie on­ver­bon­de on­der­steu­ners sal hoop Kro­a­sië ver­ras in sy eer­ste eind­stryd.

“Hul­le was man­ji­fiek,” het Bar­ker oor Kro­a­sië ge­sê by die be­kend­stel­ling van sy bi­o­gra­fie, Co­ach: The Li­fe and Soccer Ti­mes of C­li­ve Bar­ker.

Hy is ver­al be­ïn­druk met die ma­nier waar­op Kro­a­sië drie keer te­rug­ge­veg het om by­ko­men­de tyd af te dwing. Twee van dié, teen De­ne­mar­ke en Rus­land, is met straf­doe­le ge­wen en ’n se­ge in die laas­te een, die half­eind­stryd teen En­ge­land, is met ’n doel in by­ko­men­de tyd be­klink.

Kro­a­sië se veg­gees het net so ’n groot in­druk op Fish ge­maak. “Hul­le was be­slis nie ge­luk­kig om dié wed­stry­de te wen nie.”

Maar Fish en Bar­ker dink nie dit sal ge­noeg wees om ’n Fran­se span prop­vol ta­lent­vol­le spe­lers on­der te kry nie.

“Ek het nog al­tyd ge­sê die span wat uit die Bel­gië/Frank­ryk-groep van die twee­de ron­de tot die eind­stryd deur­dring, gaan die Wê­reld­be­ker wen. Ek dink steeds so. Daar gaan baie ta­lent­vol­le spe­lers op die veld wees en ek dink dit gaan ’n fan­tas­tie­se wed­stryd wees,” sê Fish.

Bar­ker het van­jaar se toer­nooi ge­niet.

“Die ge­hal­te was goed, die gees­drif ook. Dit het won­de­re vir die spel ver­rig.” Hy sê dis net jam­mer dat geen span uit A­fri­ka tot die uit­klop­ron­des kon deur­dring nie.

“Toe ek (in 1994) as af­rig­ter van Ba­fa­na oor­ge­neem het, het ek ge­dink ’n span uit A­fri­ka sal wel die Wê­reld­be­ker kan wen.

“Tog lyk dit of A­fri­ka-span­ne steeds nie die mas op­kom wan­neer dit reg­tig saak­maak nie. Ek dink dit ge­beur om­dat hul­le an­der span­ne te veel pro­beer na-aap.

“Dit was die on­der­gang van Suid-A­fri­kaan­se sok­ker. As jy die I­ta­li­a­ners na-aap, sal jy hul­le nie klop nie. As jy die Bra­si­li­a­ne na-aap, sal jy hul­le nie klop nie.” – Gert van der West­hui­zen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.