Pa van Bfn glo ro­wer

Kin­ders in voer­tuig vol wa­pens

Volksblad - - Voorblad - Al­za­ne Nar­rain

’NPa van Bloem­fon­tein wat in heg­te­nis ge­neem is ter­wyl hy met sy kin­ders in ’n voer­tuig vol on­wet­ti­ge wa­pens en am­mu­ni­sie rond­ge­ry het, word nou met ’n tran­si­to­roof­tog in die stad ver­bind.

Die 38-ja­ri­ge man gaan Maan­dag in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein op aan­klag­te van roof, as­ook die on­wet­ti­ge be­sit van vuur­wa­pens en am­mu­ni­sie, ver­skyn. Kol. T­han­di M­bam­bo, pro­vin­si­a­le po­li­sie­woord­voer­der, sê die man se in­heg­te­nis­ne­ming spruit uit ’n voor­val Woens­dag­og­gend toe drie ge­wa­pen­de mans ’n Fi­de­li­ty-geld­wa by die En­gen-vul­sta­sie by Col­le­ge S­qua­re in die stad van ’n on­be­ken­de be­drag geld be­roof het.

Die man is en­ke­le ure la­ter ag­ter die Bloem­ga­te-win­kel­sen­trum deur po­li­sie­be­amp­tes voor­ge­keer toe hy in ’n wit BMW X5, son­der nom­mer­pla­te, on­der­weg was om sy kin­ders by hul ma in die Brand­wag-woon­stel­ge­bou af te laai.

Vol­gens M­bam­bo het die po­li­sie op die BMW be­slag ge­lê waar­in ’n R5-ge­weer, ’n LM5-ge­weer, ’n pis­tool, am­mu­ni­sie en ge­weer- en pis­tool­ma­ga­sy­ne ge­vind is. Al die wa­pens se reeks­nom­mers is ver­wy­der.

Daar is ook op ’n hand­ra­dio, klap­mus­se, hand­skoe­ne, sel­fo­ne en an­der goe­de­re wat in roof­tog­te ge­bruik word, so­wel as geld, be­slag ge­lê.

Nóg on­wet­ti­ge wa­pens en am­mu­ni­sie is in die man se huis ver­steek ge­kry toe die po­li­sie dit deur­ge­soek het.

Lt.genl. Moe­ket­si Sem­pe, pro­vin­si­a­le po­li­sie­hoof, het vroe­ër ge­sê die po­li­sie het die man twee dae voor sy in­heg­te­nis­ne­ming be­gin dop­ge­hou na­dat hul­le ’n wenk ge­kry het.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Po­li­sie­le­de Woens­dag­aand op die to­neel ag­ter die Bloem­ga­te-sen­trum.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.